In Augustus 2005 het Orkaan Katrina die stad New Orleans getref. In ‘n katastrofe wat baie aan die onlangse tsoenami in Japan herinner, het ‘n vloedgolf die stad vinnig oorstroom en derduisende mense ontwortel en dakloos gelaat. Sowat negentig persent van die inwoners is ontruim en baie van hulle is in ‘n voetbalstadion, die Louisiana Superdome, gehuisves. In Japan is daar eweneens meer as 170,000 mense ontruim agv die aardbewing, oorstromings en vrese oor ‘n kern-ramp, en is die Japannese ook in gemeenskapssale en sportfasiliteite gehuisves.Toe die omvang van die ramp duidelik geword het in New Orleans, het ‘n groot persentasie van die bevolking die situasie uitgebuit. Plundery, verkragtings en algemene misdadigheid was aan die orde van die dag. Ons almal onthou nog die beelde op CNN, waarin selfs die New Orleans-polisie hulself skuldig gemaak het aan plundery, en gesien is hoe skobbejakke met TV’s en ander buit wat hulle gesteel het, doodluiters in die strate loop. Die plunderaars het gewapende bendes ingesluit, en laasgenoemde het dikwels op die noodwerkers gevuur, tot op die punt dat dit nodig was om die weermag in te roep. In een geval het bendes gewapende plunderaars in bote selfs probeer om by ‘n hospitaal wat steeds beseerdes behandel het, in te breek. In die Superdome het twee gevalle van verkragtings voorgekom, met gerugte van vele meer.
Alhoewel ek doodseker is daar moes ook enkele sulke voorvalle die afgelope paar dae in Japan plaasgevind het, het ek nog niks daaroor in enige nuusberig gesien nie. Daar is selfs in Japan kriminele, maar die grootskeepse en blatante plundery wat in New Orleans plaasgevind het, en veral die gewapende geweld wat in New Orleans aan die orde van die dag is, is stellig ondenkbaar in Japan. Ek het wel gister op Sky News ‘n Engelsman wat in Japan woon hoor praat hoe die bure in die geteisterde gebiede mekaar help, en hoe hy herhaaldelik kos en water deur sy bure aangebied is. Let op: Die Engelsman het nie gesê dit was die regering wat hom gehelp het nie; dit was sy bure.
In New Orleans sou baie van jou bure jou skynbaar egter eerder in die kop skiet, jou vrou verkrag het en jou TV gesteel het. Ek raai dat die meerderheid Suid-Afrikaners, sou hulle met ‘n soortgelyke ramp gekonfronteer word, ook so sou optree. Na die tipiese fatsoen waaraan ons eweneens so gewoond is ook hier in Suid-Afrika, het die inwoners van New Orleans eerder bakhandjie gaan staan en wag dat die regering hulle moes kom red. Die Bush-regering is allerweë gekritiseer vir sy stadige reaksie op die ramp, in iets wat sterk herinner aan die bakhand-mentaliteit van Afrika-lande. Van die goeie buurmanskap wat ons in Japan gesien het, en die gees van mekaar tot hulp wees, was daar klaarblyklik onder sekere gemeenskappe in New Orleans min sprake.
Ek laat dit ook aan die leser oor om sy eie gevolgtrekkings te vorm waarom die Japannese en baie van die inwoners van New Orleans sulke verskillende reaksies teenoor vergelykbare rampe getoon het. Dat daar ‘n les daaruit te leer is, is egter nie altemit nie.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.