Internetnuus steek koerante verby

Die persentasie van mense wat nuus ten minste drie keer ‘n week aanlyn kry, het koerante vir die eerste keer oortref.

Die vinnige groei van slimfone en elektroniese tablette maak die internet ‘n gunsteling vir mense wat nuus lees sê ‘n verslag.

Aanlynnuus het toegeneem met 17 persent verlede jaar vanaf die vorige jaar, sê die agtste State of the News Media-opname.

Intussen het die VSA se plaaslike, netwerk- en kabel-TV nuus, koerante, radio en tydskrifte almal agteruitgeboer verlede jaar, volgens die Projek vir Uitnemendheid in Joernalistiek, ‘n navorsingsorganisasie wat die prestasie van die pers evalueer en bestudeer.

Die vinnige groei van die elektroniese tablette, soos die iPad, is een van die redes dat aanlynnuusverbruik toegeneem het met 17 persent.

Die persentasie van mense wat sê hulle kry nuus aanlyn ten minste drie keer ‘n week oortref koerante vir die eerste keer. In die tweede plek was plaaslike TV-nuus as die mees gewilde nuusplatform.

Plaaslike TV-nuus is die gewildste formaat sedert die 1960’s, toe dié groei grootliks verantwoordelik was vir die dood van middagkoerante.

Mense is besig om daaraan gewoond te raak om die internet beskikbaar in hul sakke op selfone of klein tablette te hê.

In Desember, het 41 persent van Amerikaners gesê hulle het die meeste van hul nuus oor die nasionale en internasionale aangeleenthede op die internet gelees.

In Januarie, het 7 persent van die Amerikaners reeds elektroniese tablette besit, byna dubbel wat dit was drie maande vroeër was. Dit is die vinnigste groeiende nuwe digitale tegnologie.

Werkverliese het egter ook gevolg. Nuuspersoneel is met gemiddeld 30 persent verminder as wat hulle was in 2000 was, het die projek se verslag gesê.

In ‘n telefoonopname, het die projek bevind dat 28 persent van Amerikaners gesê het die verlies van hul plaaslike koerant sou ‘n groot impak hê op hul vermoë om tred te hou met plaaslike inligting, 30 persent het gesê dit sal ‘n klein impak hê en 39 per persent het gesê dit sal geen invloed hê nie.

freeslots casino slotsдепутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae