Saoedi’s vat Bahrein vas

Meer as 1 000 soldate van Saoedi-Arabië is in Bahrein waar teen-regering betogings al vir meer as ‘n maand aanhou, het ‘n Saoedi-beampte Maandag gesê. Betogers het Manama se sentrale sakedeel oorgeneem.

Die Saoedi-troepe is Sondag na Bahrein as deel van die Golf-lande se gesamentlike Peninsula Beskermingsmag.

Die intervensie is gereël omdat daar geen reaksie van die opposisie was nie nadat die Bahreinse regering verskeie kere gesprekke aangevra het.

Die Bahreinse regering het nie die teenwoordigheid van die Saoedi-soldate bevestig nie.

Die webtuiste van Bahrein se Alyam-koerant, wat ook na aan die Al-Khalifa koninklike familie is, het gesê daar word verwag dat magte van die ses-staat Golf Koörporasieraad na Bahrein sal vertrek om die veiligheidstoestand te verbeter.

последствия синус лифтингалобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae