Koeberg sal hou

Eskom het LUR’re Dinsdag verseker dat Koebergkernkragstasie digby Kaapstad ontwerp is om aardbewings sowel as tsoenami’s te weerstaan.

Volgens Kannan Lakmeeharam, besturende direkteur van Eskom se bedryfs- en beplanningsafdeling, is die ontwerp van Koeberg se twee reaktors meer gevorderd as die van Japan se Fukushima-aanleg.

‘n Reuse-kernkragkrisis heers by Fukushima ná die 8.9-aardbewing wat Japan verlede week getref het.

Verkoelingstelsels het opgehou werk by drie van die aanleg se reaktors, terwyl drie ontploffings die kompleks geruk het.

Groot kommer heers ook oor die moontlikheid van bestraling.

Tienduisende mense wat in ‘n 20 km-radius van die aanleg woon, is reeds ontruim.

Lakmeeharam het by ‘n vergadering aan die portefeuljekomitees vir energie en openbare werke gesê dat die reaktors by Fukushima ‘n “generasie I” ontwerp is, terwyl die by Koeberg “generasie II” is.

“Die Fukushima-aanleg is generasie I-tegnologie; Koeberg is generasie II-tegnologie, wat ‘n drukwaterreaktor is. Dit is dus ander tegnologie.”

Oor Koeberg se vermoë om ‘n aardbewing te trotseer het hy gesê dat die aanleg gebou is om ‘n aardbewing wat 7 op die Richterskaal registreer, te weerstaan.

“Die Koeberg-aanleg is gebou om ‘n Richterskaal 7-aardbewing te weerstaan. ”n mens moet dus na die geskiedenis van seismiese aktiwiteit in Suid-Afrika kyk  en besluit of die ontwerp toepaslik is.

“Elke kernkrag-aanleg is gebou op wat bekendstaan as ‘n veiligheidsbasisgeval.. gebaseer op omgewingskwessies en die geskiedenis van seismiese aktiwiteit in Suid-Afrika en word nalv daarvan ontwerp.”

Hy het verder aan LUR’re gesê dat nood-kragtoevoer vir Koeberg se reaktors ontwerp is om ‘n tsoenami te hanteer.

“‘n Kernkrag-aanleg het elektrisiteit nodig om te verseker dat die verkoelingstelsel werk. Die verkoelingstelsel vir die kern van die reaktor is een van die mees kritieke elemente van ‘n kernkrag-aanleg.

“By Koeberg is die primêre bron van elektrisiteit vir hierdie verkoelingstelsel die nasionale kragnetwerk. [Bo en behalwe dit] het ons ‘n betroubare bron vir Koeberg wat deur gas-turbines voorsien word.

“Ons het [ook] diesel-opwekkers op die aanleg en ander kragopwekkers op ‘n hoër vlak bo seespieël.”

саун иФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae