Die Kameroense regering het ‘n selfoondiensverskaffer gevra om sy Twitter-diens vir “veiligheidsredes” op te skort, het ‘n mediawaghondaktivis Dinsdag gesê.
MTN in Kameroen, een van dié land se drie selfoon-diensverskaffers, het toegang to die mikroboodskapwebwerf afgesit nadat hy ‘n versoek van die regering gekry het, het Mohamed Keita, van die Komitee om Joernaliste te Beskerm, gesê.
“Vir veilligheidsredes het die regering van Kameroen gevra dat die Twitter SMS integrasie op die netwerk opgeskort moet word,” het Bouba Kaele, die bemarkingsbestuurder van MTN, in ‘n boodskap op sy Twitter-blad gesê.
Die boodskap is egter later verwyder.
