In ‘n nasionale televisieverklaring, het Japan se eerste minister Naoto Kan gesê dat die bestraling versprei het van die Fukushima Dai-Ichi kernkragsentrale in die Fukushimaprovinsie.
Hy het inwoners gewaarsku wat in binne ‘n radius van 30 kilometer van die aanleg woon, om binnenshuis te bly.
“Die vlak lyk baie hoog, en daar is nog steeds ‘n baie hoë risiko van meer uitstraling,” het Kan gesê.
“Dit is lesings wat potensieel mense se gesondheid kan benadeel,” het hy gesê.
Japannese amptenare het voorheen gesê stralingsvlakke by die aanleg is binne veilige perke, en internasionale wetenskaplikes het gesê hoewel daar ernstige gevare is, is daar min gevaar van ‘n ramp soos Tsjernobil in die Oekraïne, waar die reaktor ontplof het en ‘n radioaktiewe wolke oor groot dele van Europa gestuur het.
In teenstelling met die aanleg in Japan, was die Tsjernobilreaktor nie gehuisves in ‘n verseëlde houer nie. Japannese owerhede gebruik tans seewater as ‘n afkoelmiddel as die laaste uitweg.
Bestraling in die lug rondom die reaktors sowel as op vliegtuie wat oor die area gevlieg het, is aangeteken.
