SADOU-voorsitter, Moss Senye, se haatspraak en rassisme teenoor me. Barbara Creecy, Gautengse LUR vir onderwys, spesifiek en wit mense in die algemeen. Die party gaan die Menseregtekommissie vra om die gedrag te ondersoek vir verdere optrede,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys, gesê.
Senye het Creecy verlede week ‘n “wit tiran wat net op wit skole fokus” genoem. Hy het Maandag in die Meadowlands landdroshof in Soweto verskyn nadat hy verlede maand ‘n 17-jarige leerling na bewering aangerand het.
Daar heers groot ongelukkigheid oor Senye se gevolglike skorsing en aanklag en polisielede het hulle hande vol gehad om die skare in bedwang te hou by die hof.
“Hierdie tipe uitsprake kom toenemend voor en dit blyk nou dat ‘n kultuur van haat jeens minderhede ‘n norm geword het binne die ANC en sy verskeie alliansie-vennote. Selfs wit mense en bruin mense binne die ANC is nie meer veilig nie. Kyk net hoe het die ANC hulle oor mnr. Trevor Manuel in die Manyi-sage uitgelaat en nou het ons ‘n ANC-unie voorsitter wat ‘n provinsiale minister op grond van ras belaster,” het Alberts bygevoeg.
“Hierdie tendens is uiters kommerwekkend en sal deur die ANC aangespreek moet word. Dit lyk al hoe meer of die ANC hom opstel teen minderhede in Suid-Afrika. Indien dit die geval is, gaan die ANC ‘n hoë prys daarvoor betaal in die uitrafel van sosiale kohesie en stabiliteit in die toekoms,” meen Alberts.
магазин детских товаровФильчаков прокурор харьков