Manuel op dun ys

‘n Beleërde Trevor Manuel, wat blykbaar in die ANC gemarginaliseer word na aanleiding van sy aanval teen die regeringswoordvoerder Jimmy Manyi, staar ‘n verdere terugslag in die gesig.

The Wall Street Journal (WSJ) het Manuel hierdie week aangehaal waar hy bitsig uitvaar teen die Zuma’s.

Manuel, die hoof van die Nasionale Beplanningskommissie, het gesê die ArcelorMittal SA-bemagtigingstransaksie “is die lelikste gesig van (SEB), maar nie die enigste geval nie”.

President Jacob Zuma se seun, Duduzane Zuma, en die omstrede Gupta-broers, goeie vriende van die Zuma-familie, kry die leeue-aandeel as deel van die ooreenkoms.

Volgens ‘n artikel in die Sunday Times, het Manuel ontken dat hy dié kommentaar gelewer het.

Sy kantoor het ook gesê Manuel het nooit iets gesê aan die WSJ oor die ooreenkoms nie.

Maar volgens WSJ se joernalis Peter Wonacott het Manuel beslis die opmerking tydens ‘n onderhoud in Addis Abeba, Ethiopië, in November gemaak.

“Natuurlik het hy die kommentaar gemaak. Hulle kan nie dit doodswyg deur te ontken dat dit gebeur het nie,” het Wonacott gesê.

Die artikel het beweer dat SEB een van verskeie kommerpunte vir buitelandse beleggers is, veral in die mynbedryf.

“Die gevolg is dat een van die wêreld se rykste lande in mineraal-en metaal sukkel om beleggings te lok,” het die WSJ gesê.

Manuel het onder skoot gekom van ‘n aantal ANC-swaargewigte nadat hy Manyi ‘n “ergste graad-rassis” genoem het na aanleiding van Manyi se opmerkings verlede jaar dat daar ‘n “ooraanbod” van die bruin mense in die Wes-Kaap is.

Naspers het intussen probeer om die ongewilde Manuel te red met verwysings na sy goeie “struggle”-verlede en het Manyi se gebrek aan ‘n “struggle”-verlede belig.

casino slotstopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae