Murdoch sluit koerant

Die eienaar van News of the World, Rupert Murdoch, het aangekondig dat die laaste uitgawe van dié koerant Sondag gepubliseer sal word.

Dié skuif kom ná dit aan die lig gekom het dat die poniekoerant onwettig toegang tot selfoonboodskappe verkry het om sodoende inligting vir stories te versamel.

Die koerant het na bewering onder andere onwettige toegang tot die selfoonboodskappe van ‘n vermiste meisie gekry, daarna geluister en selfs ou boodskappe uitgevee sodat nuwes kon inkom.

Soldate se familielede, honderde bekendes, politici en lede van die koninklike gesin se selfoonboodskappe is ook afgeluister.

“Ná beraadslaging met senior kollegas het ek besluit dat verdere stappe nodig is.

“Hierdie Sondag sal die laaste uitgawe van News of the World verskyn,” het James Murdoch in ‘n verklaring gesê.

“Die inkomste wat die koerant die naweek inwin, sal aan welwillendheid geskenk word,” het Murdoch, voorsitter van News International, bygevoeg.

crown graphic vs speed graphicФільчаков Олександр Васильович

Cameron en sy mediasteun onder kwaai druk

Die Britse eerste minister, David Cameron, is onder geweldige druk nadat een van sy vernaamste ondersteuners, Rupert Murdoch, se nuusorganisasie se invloed in Britse politiek ontbloot is.

News of the World, ‘n Britse poniekoerant in die Mudoch-stal, het glo die selfone van slagoffers van die terreur-bomaanslae van 7 Julie 2005 in Londen afgeluister, polisiebeamptes betaal vir inligting en aan die Britse parlement gelieg.

Die mediamagnaat Rupert Murdoch se maatskappy News International, is bekend daarvoor is hulle niks ontsien in die naam van winsbejag nie.

Cameron het intussen ingestem tot eise dat ‘n omvattende openbare ondersoek ingestel word om die koerant se negatiewe invloed op die Britse politieke toneel te ontbloot. Dit sal volg nadat ‘n strafregtelike ondersoek voltooi is.

Die destydse redakteur van die koerant, Andy Coulson, as Cameron se woordvoerder aangestel nadat hy as premier verkies is. Coulson het intussen bedank.

Die selfoonboodskappe wat afgeluister is, is gebruik om ander koerante met eksklusiewe berigte voor te spring.

Adverteerders Ford, Halifax bank, Vauxhall, Mitsubishi en Virgin Holidays het reeds onderneem om nie meer in News of the World te adverteer nie.

Die skandaal skep ‘n probleem vir Murdoch se beplande oorname van British Sky Broadcasting, ‘n satellietbetaalkanaal, van $12 miljard. Brittanje se mediareguleerder Ofcom sê “hulle hou die situasie fyn dop”.

Die media se geloofwaardigheid is op die spel, het kritici gesê.

played inФильчаков Александр Васильевич

Waar was die Amerikaanse ambassadeur?

Die Guildhalldinee in Londen ter ere van Ronald Reagan se eeufees was voorwaar ‘n skitterende en luisterryke geleentheid.

Britse geroosterde lam en sonnige Kaliforniese chardonnay het die goeie Anglo-Amerikaanse verhouding tussen Reagan en die voormalige Britse premier, die Ystervrou Margaret Thatcher, gevier.

Maar gaste was uit die veld geslaan, want waar op aarde was die Amerikaanse ambassadeur in Londen, Louis B Susman?

“Ons ambassadeur móét hier wees,” het Lynn de Rothschild, die Amerikaanse entrepreneur wat met sir Evelyn de Rothschild getroud is, gesê. De Rothschild was een van Hillary Clinton se belangrikste fondsinsamelaars in 2008 sowel as ‘n ondersteuner van ‘n aantal Republikeinse presidensiële kandidate. “Dit was ‘n historiese dinee om Reagan se eeufees te gedenk en om hom te vier as die man wat die Koue Oorlog beëindig het. Wat kon meer belangrik wees?

“Hoekom is ons ambassadeur nie hier vir Onafhanklikheidsdag nie? Geen verskoning nie. Hoe is dit dat Amerika nie verteenwoordig is in hierdie vertrek deur ons ambassadeur nie? Dit is verskriklik dat daar geen verteenwoordiger van ons regering in hierdie vertrek is nie. Dit gee die gevoel van kleinlike partydigheid.”

Ambassadeur Susman is, natuurlik, ‘n ou Demokratiese fondsinsamelaar, met die bynaam “Die Stofsuier” weens sy vaardigheid om skenkings uit die rykes te suig. En sy pogings om Obama se veldtogkoffers te vul, word deur baie beskou as van sy belangrikste kwalifikasies om in Londen te wees.

Volgens die Amerikaanse ambassade se woordvoerder, was “ambassadeur Susman bly om uitgenooi te gewees het vir die dinee, maar was nie in staat om dit by te woon nie”.

Hy was net kortliks by die onthulling van ‘n standbeeld van Reagan in Grosvenor Square vroeër in die dag. Die ambassade wil nie sê waar hy later was nie en hoekom hy nie aan die vieringe wou deelneem nie.

Reagan sal onthou word as ‘n vriend van Suid-Afrika gedurende apartheid, tot hy deur die Swart Koukus gedwing is om Amerikaanse sanksies teen ons land in te stel. Tel dit nou nog teen hom by Demokratiese ambassadeurs?

best online casinoДанильченео

Zuma-sending na Moskou ‘suksesvol’

President Jacob Zuma het teruggekeer van ‘n “suksesvolle” besoek aan Rusland Dinsdag, waar hy en president Dmitri Medwedef gesprekke oor die Libiese politieke krisis gevoer het.

Zuma het Medwedef en NAVO sekretaris-generaal, Anders Fogh Rasmussen, ontmoet om ‘n raamwerk met die oog op ‘n politieke oplossing vir die probleme in Libië oor te dra. Dit was soos ooreengekom deur die Afrika-Unie-beraad in Ekwatoriaal-Guinee verlede week.

“Die vergadering was baie suksesvol, en ek is oortuig dat dit aansienlik sal bydra tot die bereiking van ‘n oplossing wat vrede en stabiliteit in Libië sal bring,” het Zuma gesê.

“Ons herhaal ons kommer oor die verkeerde interpretasie van die Verenigde Nasies se resolusie. Ons beklemtoon die belangrikheid van dringende onderhandelinge, en ons versoek NAVO om sekere voorwaardes wat dit moeilik of onmoontlik maak om te begin met die onderhandelingsproses, te skrap. “

Zuma het gesê hy is “baie tevrede” met Medwedef se versekering van sy land se steun vir die Afrika-Unie se padkaart.

“Ons is dit eens dat ‘n militêre oplossing nie die korrekte manier is om die probleem op te los nie,” het hy gesê.

Zuma het Medwedef in sy hoedanigheid as ‘n lid van die AU se hoë-vlak ad hoc-komitee oor Libië ontmoet.

Die AU-spitsberaad is verlede week in Malabo, Ekwatoriaal-Guinee gehou en daar is besluit dat ‘n politieke oplossing die enigste lewensvatbare manier is om die verwesenliking van die aspirasies van die Libiese mense te bereik.

Zuma se kantoor het gesê die raamwerk-ooreenkoms wat tussen Zuma, Medwedef en Rasmussen bespreek is, bevat elemente van die AU-padkaart asook ‘n meer gedetailleerde plan vir die voorgestelde weg vorentoe in Libië.

освещение лестницы в деревянном доме фотоФильчаков прокурор

Verkragting maak opslae in VSA

‘n Verkragting maak opslae in die VSA, nadat ‘n swartman van Silverton, in die deelstaat Ohio, Maandag daarvan beskuldig is dat hy ‘n 6-maand-oue seuntjie seksueel misbruik het.

Die polisie sê Lenny Love, 29, het die baba in Maart verkrag. Hulle sê ook die oorteder het tot die daad oorgegaan terwyl hy weldeeglik bewus was daarvan dat hy MIV-positief is.

Polisie het Love Vrydag in hegtenis geneem op twee aanklagte van verkragting, een van aanranding met die doel om te beseer asook van die onwettige besit van dagga.

Hy het Maandag in die hof verskyn, waar sy borgfooi op $600 000 gestel is. Sy saak sal op 11 Julie gehoor word in die teenwoordigheid van ‘n jurie.

bet no depositФільчаков прокурор

Klagtes van dwelmhandel en wapensmokkel teen Tunisië se president

Zine el Abidine Ben Ali, die afgesette president van Tunisië, gaan Maandag in absentia op aanklagte van dwelm- en wapenhandel tereg staan.

Dit is die tweede hofsaak waarin die voormalige leier aangekla word. Dit sou verlede week reeds plaasgevind het maar is uitgestel weens ‘n staking van regters.

Ben Ali en sy vrou, Leila Trabelsi, is reeds tot 35 jaar tronkstraf gevonnis vir wanbesteding van openbare fondse nadat die polisie groot bedrae geld en juwele in hulle paleis gevind het.

Die hofsaak het in die egpaar se afwesigheid geskied nadat hulle in Januarie na Saoedi-Arabië gevlug het.

Ben Ali is daarvan beskuldig dat hy dwelms en wapens in sy paleis in die Carthage-omgewing geberg het. Hy staar ook aanklagte van dwelmhandel in die gesig.

Hosni Beji, sy regsverteenwoordiger, het gesê die aanklagtes in “onredelik.”

“Hoe kan jy jouself verbeel dat ‘n president 2 kg dagga sal besit met die doel om dit te verkoop?” het hy gesê.

Beji het ook gesê dat die meerderheid van die wapens wat in die paleis gekry is, geskenke van internasionale liggame is.

печи купитьДанильченко Харьков

Strauss-Kahn dagvaar joernalis vir laster

Die voormalige IMF-hoof Dominique Strauss-Kahn is van plan om die Franse joernalis wat hom van poging tot verkragting beskuldig, vir laster te dagvaar.

Strauss-Kahn se borgvoorwaardes is gekanselleer nadat dit aan die lig gekom het dat die swart skoonmaker wat hy glo “seksueel sou aangerand” het, nie eerlik was oor bewerings van seksuele teistering wat sy in die verlede gemaak het nie.

Die voormalige IMF-hoof se regspan het glo ook ‘n opname bekom waar die skoonmaker ná die beweerde voorval haar vriend in die gevangenis bel en hom vertel hoe hulle ryk gaan word uit DSK en dat sy “niks oorgekom het nie”.

Die skoonmaker kon ook nie die skielike inbetaling van ‘n groot bedrag in haar bankrekening verklaar nie. Sy was ook in besit van ‘n tweede selfoon waarmee sy net sekere oproepe ontvang het.

Bonan het ná die bewerings van seksuele teistering wat deur die swart skoonmaker van die Accor-hotelgroep gemaak is, na vore gekom om DSK insgelyks van verkragting te beskuldig.

Strauss-Kahn het kennis geneem van Tristane Bonan se intensie om ‘n klag van poging tot aanranding teen hom te maak, maar sê egter dat haar bewerings “denkbeeldig” is.

Sy regspan, onder leiding van Henri Leclerc, is besig om ‘n klag van laster teen die 32-jargie Bonan saam te stel.

Intussen gons dit in Frankryk dat die aanklag deur die swart skoonmaker ‘n set van Sarkozy was om van sy linkse mededinger DSK ontslae te raak.

Die Franse hotelgroep, Accor, wat die hotel in New York waar die voorval plaasgevind het, besit, se bestuur is glo goed bevriend met die Franse president.

подсветка картин иtopcargo отзывы сотрудников

Gaddafi kan bly sê rebelle

Gaddafi kan met sy aftrede in Libië aanbly indien hy alle mag oorhandig, het die land se opposisie-leier gesê.

Dié uitspraak kom nadat ‘n Suid-Afrikaanse sending gelei deur pres. Jacob Zuma in Moskou aangekom het vir samesprekings oor die Libiese kwessie. Beide die AU en Rusland is ten gunste van ‘n vreedsame skikking in Libië en sterk gekant teen NAVO se betrokkenheid.

Lede van Gaddafi se binnekring het reeds aangedui dat hulle gereed is om te onderhandel met die rebelle, insluitend oor die Libiese leier se toekoms.

Mustafa Abdel Jalil, wat die rebelle se nasionale oorgangsraad lei, het aan Reuters gesê: “Hy (Gaddafi) kan besluit om in Libië of in die buiteland te bly.”

“As hy in Libië wil bly, sal ons die plek bepaal en dit sal onder internasionale toesig wees en toesig van al sy bewegings.”

Jalil, wat voorheen Gaddafi se minister van justisie was, het gesê hy het die voorstel ‘n maand gelede na die VN gestuur, maar nog geen reaksie ontvang van Tripoli nie.

Hy het gesê ‘n voorstel was dat Gaddafi sy aftrede onder wag in ‘n militêre kaserne kan deurbring.

Die Libiese regering het herhaaldelik daarop aangedring dat Gaddafi ‘n simboliese figuur is wat geen betrokkenheid by die dag-tot-dag bestuur van die land het nie. Die regime se woordvoerder, Moussa Ibrahim, het gesê hulle is bereid om dit “op skrif te sit” dat Gaddafi geen politieke of militêre magte onder ‘n nuwe grondwet sal hê nie.

“Wat ons doen is wettig en moreel en polities baie meer oortuigend,” het hy gesê. “Ons sê Libiërs moet self besluit oor die posisie van die leier. Nou wie is meer demokraties, ons of die rebelle?”

Gaddafi se dogter Aisha het gesê haar pa sou bereid wees om ‘n ooreenkoms met die rebelle aan te gaan maar hy wil nie die land verlaat nie, en sy seun, Saif Al-Islam, het gesê die leier sal mag prysgee as dit die wil van die Libiese mense is.

Turkye, wat noue ekonomiese bande met Gaddafi voor die opstand gehad het, het $200 miljoen se steun aan die rebelle belowe bykomend tot die $100 miljoen wat reeds in Junie aangekondig is.

Die konflik in Libië is naby aan ‘n dooiepunt, met rebelle op drie fronte wat nie in staat blyk te wees om ‘n beslissende opmars na Tripoli te lei nie en groeiende spanning binne NAVO oor die koste van die operasie en die onvermoë om ‘n militêre deurbraak te maak.

раскрутка сайтатопкарго

Salafiste – die nuwe Moslembedreiging?

Duitsland het, volgens die minister van Binnelandse Sake Hans-Peter Friedrich, teen die einde van 2010 29 aktiewe Islamitiese organisasies met amper 40 000 aanhangers en meelopers gehad.

Maar, het Friendrich gesê, die Moslem-terreurbereiging is lank nie meer waar Al Kaïada die toon aangee nie. Hy waarsku teen die wêreldwye opkoms van die snelgroeiende groepe, die Salafiste. Dié groepe vestig hul aandag op jong mense en span die modernste tegnologie in soos die internet. En die jong mense word erg deur die internet misbruik.

Die interessantheid is dat die Salafiste eintlik terugverwys na die heel eerste generasie Moslems – dié wat saam met Mohammed geleef het. Wat hulle egter met die Salafiste in gemeen het is erg gebrekkige kennis van die Islam – met ‘n paar radikale standpunte – goed en sleg –  wat hulle verabsoluteer.

и насосныеФільчаков Олександр Васильович

Swart SAner uit Oostenrykse restaurant gejaag

‘n Swart Suid-Afrikaanse driekampatleet is in die dorpie Klagenfurt in Oostenryk toegang tot ‘n restaurant geweier, berig Beeld.

Enoch-Xolani Katu (24) is deur uitsmyters verhoed om by die restaurant in te gaan, blykbaar omdat “die baas nie swartes hier wil hê nie”.

“Daar was drie uitsmyters. Hulle het gesê hulle het ’n probleem met my. Die ‘baas’ het vir hulle gesê om nie swart mense toe te laat nie,” het Katu gesê. “Ek was in elk geval moeg en nie lus om ’n bohaai te maak nie. Toe stel ek voor dat ons dadelik loop. Ons het in ’n ander plek iets gaan drink en huis toe gegaan.”

Lees die volledige berig hier.

слюнявчики для детей купитьлобановский александр дети