Swart SAner uit Oostenrykse restaurant gejaag

‘n Swart Suid-Afrikaanse driekampatleet is in die dorpie Klagenfurt in Oostenryk toegang tot ‘n restaurant geweier, berig Beeld.

Enoch-Xolani Katu (24) is deur uitsmyters verhoed om by die restaurant in te gaan, blykbaar omdat “die baas nie swartes hier wil hê nie”.

“Daar was drie uitsmyters. Hulle het gesê hulle het ’n probleem met my. Die ‘baas’ het vir hulle gesê om nie swart mense toe te laat nie,” het Katu gesê. “Ek was in elk geval moeg en nie lus om ’n bohaai te maak nie. Toe stel ek voor dat ons dadelik loop. Ons het in ’n ander plek iets gaan drink en huis toe gegaan.”

Lees die volledige berig hier.

слюнявчики для детей купитьлобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae