Britse geroosterde lam en sonnige Kaliforniese chardonnay het die goeie Anglo-Amerikaanse verhouding tussen Reagan en die voormalige Britse premier, die Ystervrou Margaret Thatcher, gevier.
Maar gaste was uit die veld geslaan, want waar op aarde was die Amerikaanse ambassadeur in Londen, Louis B Susman?
“Ons ambassadeur móét hier wees,” het Lynn de Rothschild, die Amerikaanse entrepreneur wat met sir Evelyn de Rothschild getroud is, gesê. De Rothschild was een van Hillary Clinton se belangrikste fondsinsamelaars in 2008 sowel as ‘n ondersteuner van ‘n aantal Republikeinse presidensiële kandidate. “Dit was ‘n historiese dinee om Reagan se eeufees te gedenk en om hom te vier as die man wat die Koue Oorlog beëindig het. Wat kon meer belangrik wees?
“Hoekom is ons ambassadeur nie hier vir Onafhanklikheidsdag nie? Geen verskoning nie. Hoe is dit dat Amerika nie verteenwoordig is in hierdie vertrek deur ons ambassadeur nie? Dit is verskriklik dat daar geen verteenwoordiger van ons regering in hierdie vertrek is nie. Dit gee die gevoel van kleinlike partydigheid.”
Ambassadeur Susman is, natuurlik, ‘n ou Demokratiese fondsinsamelaar, met die bynaam “Die Stofsuier” weens sy vaardigheid om skenkings uit die rykes te suig. En sy pogings om Obama se veldtogkoffers te vul, word deur baie beskou as van sy belangrikste kwalifikasies om in Londen te wees.
Volgens die Amerikaanse ambassade se woordvoerder, was “ambassadeur Susman bly om uitgenooi te gewees het vir die dinee, maar was nie in staat om dit by te woon nie”.
Hy was net kortliks by die onthulling van ‘n standbeeld van Reagan in Grosvenor Square vroeër in die dag. Die ambassade wil nie sê waar hy later was nie en hoekom hy nie aan die vieringe wou deelneem nie.
Reagan sal onthou word as ‘n vriend van Suid-Afrika gedurende apartheid, tot hy deur die Swart Koukus gedwing is om Amerikaanse sanksies teen ons land in te stel. Tel dit nou nog teen hom by Demokratiese ambassadeurs?
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.