praag.co.za

Murdoch sluit koerant

Die eienaar van News of the World, Rupert Murdoch, het aangekondig dat die laaste uitgawe van dié koerant Sondag gepubliseer sal word.

Dié skuif kom ná dit aan die lig gekom het dat die poniekoerant onwettig toegang tot selfoonboodskappe verkry het om sodoende inligting vir stories te versamel.

Die koerant het na bewering onder andere onwettige toegang tot die selfoonboodskappe van ‘n vermiste meisie gekry, daarna geluister en selfs ou boodskappe uitgevee sodat nuwes kon inkom.

Soldate se familielede, honderde bekendes, politici en lede van die koninklike gesin se selfoonboodskappe is ook afgeluister.

“Ná beraadslaging met senior kollegas het ek besluit dat verdere stappe nodig is.

“Hierdie Sondag sal die laaste uitgawe van News of the World verskyn,” het James Murdoch in ‘n verklaring gesê.

“Die inkomste wat die koerant die naweek inwin, sal aan welwillendheid geskenk word,” het Murdoch, voorsitter van News International, bygevoeg.

crown graphic vs speed graphicФільчаков Олександр Васильович

Comments

Leave a Reply