Die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe (Seifsa) het weer op hul beurt gesê dat sommige stakers van maatskappy tot maatskappy gaan om nie-stakers te kry en te intimideer. Hulle beskadig ook glo eiendomme.
Numsa se woordvoerder, Castro Ngobese, het gesê die vier mans is in ‘n hospitaal opgeneem en ‘n klag is by ‘n plaaslike polisiekantoor ingedien. Hy het die beweerde skietery veroordeel.
Numsa-lede staak vir hoër salarisse.
Numsa het ‘n beroep op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en die nasionale polisiekommissaris, Bheki Cele, gedoen om tot “drastiese aksie” teen die polisiebeamptes oor te gaan.
Numsa het Woensdag gesê die polisie het stakers in Bellville, Kaapstad, en Germiston, Johannesburg, geïntimideer, geteister en in hegtenis geneem. Daar is ook glo op die stakers geskiet.
Die polisie kon nie dié bewerings bevestig nie.
Angelique Morton, Seisfa-woordvoerder, het gesê dit is “jammer dat stakers dit nodig vind om hierdie onwettige boelie-taktiek te gebruik om ondersteuning vir hul staking te kry”.
Vakbondleiers het nie oordeel oor dié gedrag uitgespreek nie. Seifsa het “aanhoudende” verslae van geweld en intimidasie van werknemers gekry, het sy gesê.
Dié optrede sluit aanranding, oortreding, opsetlike saakbeskadiging en klipgooiery in.
Volgens Numsa is dié verslae egter ‘n poging deur “sommige elemente” om die staking te saboteer.
“Numsa is nie ‘n vakbond van skurke nie. Ons het gedissiplineerde en georganiseerde lede,” het Ngobese gesê.
