Die voormalige IMF-hoof Dominique Strauss-Kahn is van plan om die Franse joernalis wat hom van poging tot verkragting beskuldig, vir laster te dagvaar.
Strauss-Kahn se borgvoorwaardes is gekanselleer nadat dit aan die lig gekom het dat die swart skoonmaker wat hy glo “seksueel sou aangerand” het, nie eerlik was oor bewerings van seksuele teistering wat sy in die verlede gemaak het nie.
Die voormalige IMF-hoof se regspan het glo ook ‘n opname bekom waar die skoonmaker ná die beweerde voorval haar vriend in die gevangenis bel en hom vertel hoe hulle ryk gaan word uit DSK en dat sy “niks oorgekom het nie”.
Die skoonmaker kon ook nie die skielike inbetaling van ‘n groot bedrag in haar bankrekening verklaar nie. Sy was ook in besit van ‘n tweede selfoon waarmee sy net sekere oproepe ontvang het.
Bonan het ná die bewerings van seksuele teistering wat deur die swart skoonmaker van die Accor-hotelgroep gemaak is, na vore gekom om DSK insgelyks van verkragting te beskuldig.
Strauss-Kahn het kennis geneem van Tristane Bonan se intensie om ‘n klag van poging tot aanranding teen hom te maak, maar sê egter dat haar bewerings “denkbeeldig” is.
Sy regspan, onder leiding van Henri Leclerc, is besig om ‘n klag van laster teen die 32-jargie Bonan saam te stel.
Intussen gons dit in Frankryk dat die aanklag deur die swart skoonmaker ‘n set van Sarkozy was om van sy linkse mededinger DSK ontslae te raak.
Die Franse hotelgroep, Accor, wat die hotel in New York waar die voorval plaasgevind het, besit, se bestuur is glo goed bevriend met die Franse president.
