Dié departement werk ook reeds 18 maande aan ‘n verslag oor toestande in Suid-Afrikaanse staatshospitale.
Die minister het weer eens die buitensporige koste van gesondheidsorg in die privaatsektor veroordeel en gesê die meeste Suid-Afrikaners kan nie sulke sorg bekostig nie.
Motsoaledi het gesê hospitaalgroepe werk om beleggers gelukkig te hou, want vir hulle gaan dit net oor winsbejag. “Gesondheidsorg is nie bloot ‘n sakebedryf nie, dit is ‘n maatskaplike diens.”
Hy het ook gesê die toestande by staatshospitale is ook nie na wense nie.
Die Hospitaalvereniging is egter daarteen gekant.
Motsoaledi het voorts die Mededingingskommissie genader oor die moontlikheid om mediese diensverskaffers van dele van die Mededingingswet vry te stel. Dié wet verbied prysvasstelling vir mediese dienste.
Die minister het gesê die voorgestelde nasionale gesondheidsversekeringsplan (NGV) sal eerslater ingestel word sodat die departement van gesondheid beter voorbereid kan wees.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.