Die Britse eerste minister, David Cameron, is onder geweldige druk nadat een van sy vernaamste ondersteuners, Rupert Murdoch, se nuusorganisasie se invloed in Britse politiek ontbloot is.
News of the World, ‘n Britse poniekoerant in die Mudoch-stal, het glo die selfone van slagoffers van die terreur-bomaanslae van 7 Julie 2005 in Londen afgeluister, polisiebeamptes betaal vir inligting en aan die Britse parlement gelieg.
Die mediamagnaat Rupert Murdoch se maatskappy News International, is bekend daarvoor is hulle niks ontsien in die naam van winsbejag nie.
Cameron het intussen ingestem tot eise dat ‘n omvattende openbare ondersoek ingestel word om die koerant se negatiewe invloed op die Britse politieke toneel te ontbloot. Dit sal volg nadat ‘n strafregtelike ondersoek voltooi is.
Die destydse redakteur van die koerant, Andy Coulson, as Cameron se woordvoerder aangestel nadat hy as premier verkies is. Coulson het intussen bedank.
Die selfoonboodskappe wat afgeluister is, is gebruik om ander koerante met eksklusiewe berigte voor te spring.
Adverteerders Ford, Halifax bank, Vauxhall, Mitsubishi en Virgin Holidays het reeds onderneem om nie meer in News of the World te adverteer nie.
Die skandaal skep ‘n probleem vir Murdoch se beplande oorname van British Sky Broadcasting, ‘n satellietbetaalkanaal, van $12 miljard. Brittanje se mediareguleerder Ofcom sê “hulle hou die situasie fyn dop”.
