‘n Verkragting maak opslae in die VSA, nadat ‘n swartman van Silverton, in die deelstaat Ohio, Maandag daarvan beskuldig is dat hy ‘n 6-maand-oue seuntjie seksueel misbruik het.
Die polisie sê Lenny Love, 29, het die baba in Maart verkrag. Hulle sê ook die oorteder het tot die daad oorgegaan terwyl hy weldeeglik bewus was daarvan dat hy MIV-positief is.
Polisie het Love Vrydag in hegtenis geneem op twee aanklagte van verkragting, een van aanranding met die doel om te beseer asook van die onwettige besit van dagga.
Hy het Maandag in die hof verskyn, waar sy borgfooi op $600 000 gestel is. Sy saak sal op 11 Julie gehoor word in die teenwoordigheid van ‘n jurie.
