BBC gebruik post-Irakfoto vir Sirië

Met die skok van die Houla-tragedie in Sirië wat regoor die wêreld weerklink, het die BBC ‘n hartverskeurende foto van die rye en rye kinders se liggame vrygestel. Dit blyk nou dat die foto eintlik uit post-Saddam Irak kom.

Fotograaf Marco di Lauro wat die BBC se foto geneem het, sê hy het amper “van van sy stoel afgeval” nadat die foto op die Britse netwerk se webwerf verskyn het met ‘n opskrif wat lees: “Foto van die aktivis. Hierdie beeld – wat nie onafhanklik geverifieer kon word nie – is van die liggame van kinders in Houla wat wag om begrawe te word”.

Die foto is eintlik op 27 Maart 2003 geneem, en dit toon die wit liggaamsakke met geraamtes gevind in ‘n woestyn suid van Bagdad. Die beeld wat op Marco di Lauro se webwerf gepubliseer is, is deel van sy storie oor Irak, en die nadraai van Saddam se dood.

Marco di Lauro neem foto’s vir Getty Images, ‘n foto-agentskap, en sy werke is oral gepubliseer in Europa en die VSA. Maar die aanduiding dat die BBC sy foto van die internet af geneem het, sonder om die agentskap te nader, bekommer hom ietwat.

“Ek is regtig verbaas dat ‘n nuusorganisasie soos die BBC nie die bronne vermeld nie en bereid is om enige iemand te publiseer: aktivis, ‘n burger of wat ook al,” het hy gesê.

“Iemand wat sommer net iemand anders se foto vir propagandadoeleindes gebruik,” het hy bygevoeg.

‘n BBC-woordvoerder sê die foto het Sondagaand se storie geïllustreer “Sirië: Massamoord in Houla veroordeel soos ontsteltenis toeneem,” maar hulle het dit “onmiddellik” afgehaal toe die bron geïdentifiseer is.

“Ons is bewus van hierdie beeld op die internet. […] Ons het duidelik gesê dit kon nie onafhanklik geverifieer word nie,” het hy bygevoeg.

Hierdie inligting “wat nie onafhanklik geverifieer kon word nie” het ‘n handelsmerk van mediadekking van die 14-maande-konflik in Sirië geword. Voor die VN se spesiale gesant Kofi Annan se vredesplan, was die Siriese regering reeds huiwerig vir die meeste internasionale joernaliste.

Die grootste deel van die inligting kom dus van mense wat hulself “opposisie-aktiviste” noem.

 

лобановский александр отзывы

Blair se geheime uitgelap

“Hierdie man moet gevang word vir oorlogsmisdade. JP Morgan het hom betaal vir die Irak-oorlog, drie maande nadat ons Irak binnegeval het.

“Hulle het die Irakese bank vir $20 miljard opgehou. Hy is daarna $6 miljoen (R50 miljoen) jaarliks betaal en word nog steeds deur JP Morgan betaal, ses maande nadat hy uit sy amp is. Die man is ‘n oorlogmisdadiger.”

Só sê ‘n betoger wat die hofsaal van die Leveson-verhoor oor meeluistering by mediamagnaat Murdoch se poniekoerante binnegestorm het. Die man het Tony Blair daarvan beskuldig dat hy ‘n oorlogmisdadiger is nadat hy by die verhoor, waar die voormalige eerste minister getuig het, opgedaag het.

Filmmaker en veteraan anti-Irak-oorlogbetoger David Lawley-Wakelin (49), wat gesê het hy was van die Alternatiewe Irak Ondersoek, was geklee in ‘n wit hemp en ligte broek, het die vertrek van agter regter Leveson binnegekom en beheersd gepraat. Die deur waar hy ingekom het word deur slegs een persoon bewaak, het Sky News berig.

Hy is hardhandig uit die hofsaal verwyder. Blair, wat duidelik ongemaklik gelyk het, het die stellings ontken, voordat die voormalige Arbeidersleier deur die regter herinner is dat hy nie hoef rekenskap te gee oor die aantygings nie.

Amptelike rekeninge toon ‘n ​​maatskappy wat gestig is deur Blair om sy sake te bestuur, wat te min belasting ook betaal, het die Telegraph intussen onthul.

Die rekeninge bied die sterkste bewys nog van die groot bedrae wat gegenereer word deur Blair met sy verskeie aktiwiteite sedert hy Downing Street in Junie 2007 verlaat het.

Hy bedryf ‘n besigheid – Tony Blair Associates – wat handel met die regerings van Koeweit en Kazakhstan onder andere, en is ‘n betaalde raadgewer aan JP Morgan, ‘n Amerikaanse beleggingsbank, en Zurich International, ‘n globale versekeringsmaatskappy in Switserland.

Blair was ook deur JP Morgan gehuur om die vermoorde kol. Gadaffi se investering te help behartig voor die inval in Libië.

Данильченко Юрий Брониславович

Israel: Feministe kla oor rassisme

Feministe het die Israeliese regering beskuldig van ‘n rassistiese beleid teenoor die land se swart Ethiopiese Jode.

Aktiviste glo swart vroue is doelbewus in ‘n omstrede geboortebeperkingsprogram gedwing om ‘n daling mee te bring in hulle bevolking – ‘n bewering wat die regering ontken.

Duisende Ethiopiërs immigreer reeds na Israel sedert die 1980’s, maar hulle Joodse erfenis word bevraagteken, terwyl hul sosiale status daaronder ly.

Racheli Mangoli wat ‘n jeugsentrum in een van Israel se armer gemeenskappe bedryf sê net een Ethiopiese baba is in hierdie omgewing gebore die afgelope tyd.

Sy sê: “Ek weet oor die diskriminasie hier, ek voel dit, selfs wanneer ek na die supermark gaan. Een vrou sê vir my sy weet nie hoe kan ek in die tou staan ​​met [swart] mense soos hierdie nie. As hulle haar geld gee, gaan was sy haar hande nadat sy daaraan gevat het.

Na ‘n ondersoek, het Racheli ontdek dat baie Ethiopiese vroue gretig is om te verhoed dat hulle swanger raak, en ‘n omstrede voorbehoedmiddel, Depo-Provera, gebruik.

Vroue sal nooit vertel van die newe-effekte nie, want hulle is glo bang hulle sal gedeporteer word as hulle die owerhede bevraagteken.

Dokters is huiwerig om die voorbehoedmiddel te gee aan pasiënte. Hulle sê dit is bekend om vrugbaarheid te vertraag vir maande nadat vroue dit ophou gebruik. In sommige gevalle kan dit permanente onvrugbaarheid veroorsaak.

“Ten minste 10 persent ontwikkel beduidende newe-effekte, en die newe-effekte kan vir twee jaar, drie jaar, vier jaar, vyf jaar duur,” sê een spesialis.

In 2004, het die Amerikaanse Food and Drug Administration gewaarsku teen die gevare van die middel, maar die Wêreldgesondheidsorganisasie het geweier om die gebruik daarvan te beperk.

Ethiopiese Israeli’s word die middel gegee sonder om gewaarsku te word van die risiko’s. Aktiviste beweer dit is hulle regering se beleid en is niks kort van rassisme nie.

Hedva Eyal sê: “Hulle wil nie arm of swart kinders hê nie en Depo-Provera het hulle die geleentheid gegee om beheer te hê.”

Hedva sê die beleid is besig om die aantal swart babas in Israel te verminder, maar daar is geen amptelike statistiek nie. Vir gemeenskapswerkers en Ethiopiese vroue, is statistiek onnodig – hulle voel die werklikheid praat self.

Die Ministerie van Gesondheid sê dit was nooit sy beleid om dit net aan Ethiopiese vroue beskikbaar te stel en die aantal swart babas in die land te verminder nie.

In hul verdediging, sê Joodse agentskappe wat betrokke is by immigrasie, bied hulle verskeie vorme van voorbehoedmiddels aan die Ethiopiese vroue, en almal van hulle het vrywillig deelgeneem in gesinsbeplanning.

Dr Yee-vet Bitton van die Israeliese anti-diskriminasiesentrum Tmura, sê dit wys in die statistiek.

“Die statistiek is dat 60 persent van die vroue wat hierdie voorbehoedmiddel, die omstrede een, gebruik is Ethiopiese Jode. Slegs 1 persent van die bevolking, so die gaping hier is net onmoontlik om te versoen op ‘n logiese wyse wat op een of ander manier die klag van rassisme weerstaan.”

Лобановский Харьков

Miami-polisie skiet swart kannibaal

Ontstellende nuwe besonderhede en kringtelevisiebeelde is vrygestel in die noodlottige skietery by ‘n laagwaterbrug tussen ‘n naakte swart kannibaal en die polisie in Miami, in die VSA.

‘n Ooggetuie het Saterdagmiddag getuig dat hy iets aanskou het wat net kan beskryf word as besonder wreedaardig: ‘n Naakte swartman wat die gesig van ‘n ander kaal swartman afkou. “Die man was besig om hom aan stukke met sy mond te skeur, toe het ek vir hom gesê: “Kom af!” Die geskokte ooggetuie sê die swarte het net aanhou eet.

Die getuiene het daarin geslaag om ‘n Miami-polisiebeampte te roep. “Die polisie beampte het vir hom ‘n paar keer gesê om op te hou en weg te kom van die man, maar die aanvaller het net daar gestaan ​​met ‘n stuk mensvleis in sy mond en grom,” sê hy.

Toe het hy die aanval voortgesit. Ten spyte van die beampte se waarskuwings het die man voortgegaan om die vleis van die slagoffer af te kou. Die beampte moes die aanvaller uiteindelik doodskiet.

Kringtelevisie het die nadraai op beeld vasgevang met die twee mans wat langs mekaar op die grond gelê het. “Dit was net ‘n plas van bloed,” sê die ooggetuie. “Jy kon regtig nie sien nie, dit was net bloed die hele plek oor.”

Reddingspanne het die slagoffer na Jackson Memorial Hospitaal gehaas met 75% van sy gesig wat ontbreek.

Die polisie sê die aanvaller het waarskynlik ‘n oordosis van ‘n nuwe kragtige vorm van LSD ingehad. “Wat gebeur is dat die slagoffer in ‘n toestand van opgewonde delirium raak wat deur die oordosis van dwelms veroorsaak is,” sê Armando Aguilar van die Miami Broederliefde Orde van die Polisie.

Owerhede het nie die identiteit van die man vrygestel nie. Die slagoffer is steeds in ‘n kritieke toestand.

Фильчаков прокурор харьков

Swartes is ‘n ‘kanker’

Duisende Israeli’s, insluitend hoë-profiel-politici, het ‘n anti-swart betoging in Tel Aviv bygewoon. Die optog het gewelddadig geraak, met aanvalle op swartes en kruidenierswinkelvensters wat gebreek is.

Die byeenkoms, wat in Tel Aviv se arm Hatikva-buurt plaasgevind het, is teen die invloei van swart asielsoekers en is gereël deur Michael Ben Ari, ‘n Knessetlid, en aktiviste Itamar Ben-Guir en Barug Marzel, het die Israelse koerant Haaretz berig.

Baie betogers het ook die regering blameer, en Benjamin Netanyahu spesifiek.

Maar die optog is ook bygewoon deur politici van die regerende Likud-party, insluitend die Knessetlede Miri Regev en Danny Danon.

Voormalige brigadier-generaal en Israeliese weermagwoordvoerder Regev, beskryf die swart asielsoekers as ‘n “kanker in ons liggaam.”

Donderdag, het Regev verduidelik dat haar gebruik van die woord “kanker” beteken “om die verspreiding van ‘n negatiewe verskynsel te illustreer, Dit is ‘n manifestasie van woede wat oor ‘n lang tyd kom van mense wat onveilig in hul eie huise voel.”

“Met alle respek aan die linkerkant en Peace Now – dit is die rede dat ons land in die toestand is wat dit is. As gevolg van die Hooggeregshofpetisies kan ons nie al daardie infiltreerders deporteer na hul lande van herkoms nie,” het sy gesê.

Danon het ook gesê die “insypelaars” moet onmiddellik uit Israel geskop word.

Die skare het plakkate opgehou soos “Dit is nie Afrika nie” en “Hou op praat, en verdryf hulle.”

Die optog het gewelddadig geraak met betogers wat ten minste ‘n dosyn swart mans en vroue aangeval het wat ongelukkig genoeg was om naby die toneel te wees. Hulle het ook die voorkant van ‘n kruidenierswinkel waar die trekarbeiders koop beskadig, en daarna beroof. Betogers het ook die venster van ‘n taxi wat deur ‘n vermeende swart trekarbeider bestuur word, gebreek. ‘n Vreugdevuur is in die straat aangesteek. Sewentien mense is na bewering in hegtenis geneem.

Donderdag, het Peace Now  se voorsitter Yariv Oppenheimer gevra dat die Prokureur-generaal ‘n ondersoek teen Regev, Danon en Ben-Ari open vir aanhitsing tot geweld.

Hy sê die Knessetlede se “rassistiese oproepe en aanhitsing tot geweld is vinnig vertaal in aksie op die grond”.

Die lede het ontken dat hulle geweld kondoneer. Danon het in antwoord gesê: “Geweld is nie ‘n oplossing nie. Die werklike pogrom is die een wat daagliks teen die inwoners van Suid Tel Aviv gebeur.”

Die woede van diegene wat die optog bygewoon het lyk na ‘n toenemende onverdraagsaamheid teenoor die inkomende swart asielsoekers en trekarbeiders.

Sondag, het die eerste minister Benjamin Netanyahu gesê die verskynsel van “onwettige infiltrante” is “baie ernstig” en dit dreig om die sosiale struktuur van die samelewing, Israel se nasionale veiligheid en ‘n nasionale identiteit te ondermyn. Hy het ook gewaarsku dat tensy aksie geneem word, kan die immigrante “die land oorstroom” en sy beeld as ‘n Joodse en demokratiese staat vernietig.

Netanyahu se woorde is sterk ondersteun deur die Minister van Binnelandse Sake. Eli Yishai, wat vir die deportasie van asielsoekers gevra het.

Duisende immigrante van Eritrea en Suid-Soedan het na Israel gekom en gesê hulle wil die armoede en politieke onstabiliteit by die huis ontsnap. Die meeste van hulle is op pad na Europa, maar is nie in staat om hul tradisionele pad deur Libië te gebruik as gevolg van die voortdurende post-burgeroorlogtwis in die land. In Israel, word hulle versorg deur plaaslike NGO’s en die VN se Hoë Kommissariaat vir Vlugtelinge. Die meeste van hulle is in Tel Aviv.

Die regering het reeds probeer om die vlugtelinge van die Suid-Soedan terug te deporteer na hul vaderland, maar die mosie is deur die hof in Jerusalem gestop. Die argument is dat hul lewens bedreig kan word as hulle terugkeer huis toe.

Олександр Васильович Фільчаков

Koue Oorlog hervat

Die Russiese weermag het ‘n gevorderde interkontinentale ballistiese missiel suksesvol gelanseer. Dit is ontwerp om die Amerikaanse missielafweerstelsel wat tans in verskeie streke in Europa ontplooi word, teen te werk.

Die nuwe wapen is ‘n gevorderde weergawe van die Topol-M wat reeds deur die Russiese magte ontplooi is. Die eksperiment uit Plesetsk het Woensdag die Kurateiken in Kamtsjatka-skiereiland in die Verre Ooste getref.

Die hoofdoel van die bekendstelling was die haalbaarheid van die ontwerp, het woordvoerder kolonel Vadim Koval aan joernaliste gesê.

Die suksesvolle toets kom ná ‘n mislukte bekendstelling van die prototipe op September 27, 2011.

Die missiel is “een van die militêr-tegniese maatreëls, wat Rusland se militêre-politieke leierskap in reaksie op die ontplooiing van ‘n globale missielafweerstelsel deur die Amerikaners neem,” sê die afgetrede generaal Viktor Yesin.

Die nuwe missiel kan “binnekort” gereed wees vir diens om “in die onseker situasie” wat verhoog, aan Rusland beskerming te bied, het hy aan die Interfax-nuusagentskap gesê.

Volgens militêre bronne, sal die opgegradeerde ontwerp fokus op sy brandstofformule. Die vastestof dryfmiddel is verbeter en maak voorsiening vir ‘n vinniger hupstoot, wat die eerste fase van die vlug versnel. Dit was eers relatief stadig en voorspelbaar, wat dit meer kwesbaar vir anti-missielafweer maak.

Nie-amptelik is die missiel die Avangard gedoop. Silo- en mobiele lanseerders van die missiel is tans in ontwikkeling.

лобановский александр игоревич

Israel se premier waarsku teen swart immigrante

Eerste Minister Benjamin Netanyahu waarsku dat Israel oorval kan word deur onwettige immigrante uit Afrika.

Die toenemende aantal migrante is hoog op die nasionale agenda na aanleiding van ‘n reeks misdade, insluitend verkragtings, wat op die nuwelinge geblameer word.

Netanyahu, sê die instroming “bedreig die binding van die Israeliese samelewing, sy nasionale veiligheid en sy nasionale identiteit.”

Hy sê as Israel dit nie stop nie, sal die “60 000 infiltreerders aangroei tot 600 000, en lei tot die uitwissing van Israel as ‘n Joodse en demokratiese staat”.

Meer as 50 000 swartes het Israel sedert 2005 binnegedring, om vervolging en armoede te ontsnap.

Sommige Israeli glo hul land, geskep na die Holocaust, moet die onderdruktes help.

лобановский александр игоревич харьков

Obama weer voor

Enkele dae nadat die Rasmussenopnames met ‘n peiling gekom het wat aangedui het dat Romney in hierdie stadium van die komende resies voorloop met iets soos 50% teen 43%, toon ‘n nuwe peiling dat dit dalk nie die geval is nie.

In ‘n peiling wat Sondag vrygestel is, het Rasmussen bevind dat 46% van die respondente, wat almal stemgeregtigde kiesers is, aangedui het dat hulle vir Obama gaan stem, terwyl 44% vir Romney sal stem as die verkiesing nou gehou sou word. Sowat 5% het aangedui dat hulle ‘n derde kandidaat verkies terwyl 5% nog onseker is.

In die vorige peiling wat sowat tien dae gelede gehou is, het sowat 4% aangedui dat hulle ‘n derde kandidaat verkies terwyl 3% onseker was.

Rasmussen gee nie enige verduideliking vir die ommeswaai in verwagte steun binne enkele dae nie, maar dit kan toegeskryf word aan die persentasie moontlike fout wat in alle peilings van die aard opgesluit is.

Dit wys egter net weer dat daar nie te veel op peilings staatgemaak kan word nie – veral nie ses maande voor ‘n verkiesing nie. Wat egter wel uit die peilings afgelei kan word, is dat sake dalk baie gelykop gaan verloop.

лобановский политик

In 1991 was Obama nog ‘n Keniaan

“Barack Obama, die eerste Afro-Amerikaanse president van die Harvard Law Review, is in Kenia gebore en getoë in Indonesië en Hawaii. Die seun van ‘n Amerikaanse antropoloog, en ‘n Keniaanse minister van finansies, het hy die Columbia Universiteit bygewoon en gewerk as ‘n finansiële joernalis en redakteur van die Business International Corporation. Hy het gedien in Harlem as projek koördineerder vir die New York Public Interest Research Group, en was ‘n Uitvoerende Direkteur van die ontwikkelende gemeenskappe-projek in Chicago se South Side. Sy verbintenis tot sosiale en rasse-kwessies sal sigbaar wees in sy eerste skrywes.”

Só word geskryf Obama oor in 1991. Lees hier.

Фильчаков прокурор отзывы

Amerikaners wil dagga wettig

Meer as 50% Amerikaners is nou ten gunste daarvan dat marijuana (dagga in ons taal) gewettig word op dieselfde basis as drank en sigarette, aldus ‘n mensingspeiling wat pas daar gedoen is.

Rasmussen opnames wat as ‘n betroubare meningspeiling beskou word, berig dat in ‘n opname wat onder voornemende kiesers in die VSA gehou is, altesaam 56% nou ten gunste daarvan is dat die gebruik van marijuana gewettig word.

Altesaam 36% was sterk daarteen gekant met die res onseker of nie bereid om ‘n mening te gee nie. Meeste van diegene wat ten gunste was van wettiging van die dwelm het egter die standpunt iungeneem dat dit nie as ‘n misdaad beskou behoort te word indien dit in die privaatheid van hul wonings gerook word nie.

Die resultate van die opname is pas gepubliseer en het nog nie reaksie van enige kant uitgelok nie, maar die verwagting is dat dit heftig teengestaan sal word deur veral wetstoepassers.

Amerikaanse – en ook Europese marijuana – is nie so sterk en dus gewoontevormend soos Afrika se dagga nie.

лобановский александр биография