Die byeenkoms, wat in Tel Aviv se arm Hatikva-buurt plaasgevind het, is teen die invloei van swart asielsoekers en is gereël deur Michael Ben Ari, ‘n Knessetlid, en aktiviste Itamar Ben-Guir en Barug Marzel, het die Israelse koerant Haaretz berig.
Baie betogers het ook die regering blameer, en Benjamin Netanyahu spesifiek.
Maar die optog is ook bygewoon deur politici van die regerende Likud-party, insluitend die Knessetlede Miri Regev en Danny Danon.
Voormalige brigadier-generaal en Israeliese weermagwoordvoerder Regev, beskryf die swart asielsoekers as ‘n “kanker in ons liggaam.”
Donderdag, het Regev verduidelik dat haar gebruik van die woord “kanker” beteken “om die verspreiding van ‘n negatiewe verskynsel te illustreer, Dit is ‘n manifestasie van woede wat oor ‘n lang tyd kom van mense wat onveilig in hul eie huise voel.”
“Met alle respek aan die linkerkant en Peace Now – dit is die rede dat ons land in die toestand is wat dit is. As gevolg van die Hooggeregshofpetisies kan ons nie al daardie infiltreerders deporteer na hul lande van herkoms nie,” het sy gesê.
Danon het ook gesê die “insypelaars” moet onmiddellik uit Israel geskop word.
Die skare het plakkate opgehou soos “Dit is nie Afrika nie” en “Hou op praat, en verdryf hulle.”
Die optog het gewelddadig geraak met betogers wat ten minste ‘n dosyn swart mans en vroue aangeval het wat ongelukkig genoeg was om naby die toneel te wees. Hulle het ook die voorkant van ‘n kruidenierswinkel waar die trekarbeiders koop beskadig, en daarna beroof. Betogers het ook die venster van ‘n taxi wat deur ‘n vermeende swart trekarbeider bestuur word, gebreek. ‘n Vreugdevuur is in die straat aangesteek. Sewentien mense is na bewering in hegtenis geneem.
Donderdag, het Peace Now se voorsitter Yariv Oppenheimer gevra dat die Prokureur-generaal ‘n ondersoek teen Regev, Danon en Ben-Ari open vir aanhitsing tot geweld.
Hy sê die Knessetlede se “rassistiese oproepe en aanhitsing tot geweld is vinnig vertaal in aksie op die grond”.
Die lede het ontken dat hulle geweld kondoneer. Danon het in antwoord gesê: “Geweld is nie ‘n oplossing nie. Die werklike pogrom is die een wat daagliks teen die inwoners van Suid Tel Aviv gebeur.”
Die woede van diegene wat die optog bygewoon het lyk na ‘n toenemende onverdraagsaamheid teenoor die inkomende swart asielsoekers en trekarbeiders.
Sondag, het die eerste minister Benjamin Netanyahu gesê die verskynsel van “onwettige infiltrante” is “baie ernstig” en dit dreig om die sosiale struktuur van die samelewing, Israel se nasionale veiligheid en ‘n nasionale identiteit te ondermyn. Hy het ook gewaarsku dat tensy aksie geneem word, kan die immigrante “die land oorstroom” en sy beeld as ‘n Joodse en demokratiese staat vernietig.
Netanyahu se woorde is sterk ondersteun deur die Minister van Binnelandse Sake. Eli Yishai, wat vir die deportasie van asielsoekers gevra het.
Duisende immigrante van Eritrea en Suid-Soedan het na Israel gekom en gesê hulle wil die armoede en politieke onstabiliteit by die huis ontsnap. Die meeste van hulle is op pad na Europa, maar is nie in staat om hul tradisionele pad deur Libië te gebruik as gevolg van die voortdurende post-burgeroorlogtwis in die land. In Israel, word hulle versorg deur plaaslike NGO’s en die VN se Hoë Kommissariaat vir Vlugtelinge. Die meeste van hulle is in Tel Aviv.
Die regering het reeds probeer om die vlugtelinge van die Suid-Soedan terug te deporteer na hul vaderland, maar die mosie is deur die hof in Jerusalem gestop. Die argument is dat hul lewens bedreig kan word as hulle terugkeer huis toe.
