Israel: Feministe kla oor rassisme

Feministe het die Israeliese regering beskuldig van ‘n rassistiese beleid teenoor die land se swart Ethiopiese Jode.

Aktiviste glo swart vroue is doelbewus in ‘n omstrede geboortebeperkingsprogram gedwing om ‘n daling mee te bring in hulle bevolking – ‘n bewering wat die regering ontken.

Duisende Ethiopiërs immigreer reeds na Israel sedert die 1980’s, maar hulle Joodse erfenis word bevraagteken, terwyl hul sosiale status daaronder ly.

Racheli Mangoli wat ‘n jeugsentrum in een van Israel se armer gemeenskappe bedryf sê net een Ethiopiese baba is in hierdie omgewing gebore die afgelope tyd.

Sy sê: “Ek weet oor die diskriminasie hier, ek voel dit, selfs wanneer ek na die supermark gaan. Een vrou sê vir my sy weet nie hoe kan ek in die tou staan ​​met [swart] mense soos hierdie nie. As hulle haar geld gee, gaan was sy haar hande nadat sy daaraan gevat het.

Na ‘n ondersoek, het Racheli ontdek dat baie Ethiopiese vroue gretig is om te verhoed dat hulle swanger raak, en ‘n omstrede voorbehoedmiddel, Depo-Provera, gebruik.

Vroue sal nooit vertel van die newe-effekte nie, want hulle is glo bang hulle sal gedeporteer word as hulle die owerhede bevraagteken.

Dokters is huiwerig om die voorbehoedmiddel te gee aan pasiënte. Hulle sê dit is bekend om vrugbaarheid te vertraag vir maande nadat vroue dit ophou gebruik. In sommige gevalle kan dit permanente onvrugbaarheid veroorsaak.

“Ten minste 10 persent ontwikkel beduidende newe-effekte, en die newe-effekte kan vir twee jaar, drie jaar, vier jaar, vyf jaar duur,” sê een spesialis.

In 2004, het die Amerikaanse Food and Drug Administration gewaarsku teen die gevare van die middel, maar die Wêreldgesondheidsorganisasie het geweier om die gebruik daarvan te beperk.

Ethiopiese Israeli’s word die middel gegee sonder om gewaarsku te word van die risiko’s. Aktiviste beweer dit is hulle regering se beleid en is niks kort van rassisme nie.

Hedva Eyal sê: “Hulle wil nie arm of swart kinders hê nie en Depo-Provera het hulle die geleentheid gegee om beheer te hê.”

Hedva sê die beleid is besig om die aantal swart babas in Israel te verminder, maar daar is geen amptelike statistiek nie. Vir gemeenskapswerkers en Ethiopiese vroue, is statistiek onnodig – hulle voel die werklikheid praat self.

Die Ministerie van Gesondheid sê dit was nooit sy beleid om dit net aan Ethiopiese vroue beskikbaar te stel en die aantal swart babas in die land te verminder nie.

In hul verdediging, sê Joodse agentskappe wat betrokke is by immigrasie, bied hulle verskeie vorme van voorbehoedmiddels aan die Ethiopiese vroue, en almal van hulle het vrywillig deelgeneem in gesinsbeplanning.

Dr Yee-vet Bitton van die Israeliese anti-diskriminasiesentrum Tmura, sê dit wys in die statistiek.

“Die statistiek is dat 60 persent van die vroue wat hierdie voorbehoedmiddel, die omstrede een, gebruik is Ethiopiese Jode. Slegs 1 persent van die bevolking, so die gaping hier is net onmoontlik om te versoen op ‘n logiese wyse wat op een of ander manier die klag van rassisme weerstaan.”

Лобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae