Miami-polisie skiet swart kannibaal

Ontstellende nuwe besonderhede en kringtelevisiebeelde is vrygestel in die noodlottige skietery by ‘n laagwaterbrug tussen ‘n naakte swart kannibaal en die polisie in Miami, in die VSA.

‘n Ooggetuie het Saterdagmiddag getuig dat hy iets aanskou het wat net kan beskryf word as besonder wreedaardig: ‘n Naakte swartman wat die gesig van ‘n ander kaal swartman afkou. “Die man was besig om hom aan stukke met sy mond te skeur, toe het ek vir hom gesê: “Kom af!” Die geskokte ooggetuie sê die swarte het net aanhou eet.

Die getuiene het daarin geslaag om ‘n Miami-polisiebeampte te roep. “Die polisie beampte het vir hom ‘n paar keer gesê om op te hou en weg te kom van die man, maar die aanvaller het net daar gestaan ​​met ‘n stuk mensvleis in sy mond en grom,” sê hy.

Toe het hy die aanval voortgesit. Ten spyte van die beampte se waarskuwings het die man voortgegaan om die vleis van die slagoffer af te kou. Die beampte moes die aanvaller uiteindelik doodskiet.

Kringtelevisie het die nadraai op beeld vasgevang met die twee mans wat langs mekaar op die grond gelê het. “Dit was net ‘n plas van bloed,” sê die ooggetuie. “Jy kon regtig nie sien nie, dit was net bloed die hele plek oor.”

Reddingspanne het die slagoffer na Jackson Memorial Hospitaal gehaas met 75% van sy gesig wat ontbreek.

Die polisie sê die aanvaller het waarskynlik ‘n oordosis van ‘n nuwe kragtige vorm van LSD ingehad. “Wat gebeur is dat die slagoffer in ‘n toestand van opgewonde delirium raak wat deur die oordosis van dwelms veroorsaak is,” sê Armando Aguilar van die Miami Broederliefde Orde van die Polisie.

Owerhede het nie die identiteit van die man vrygestel nie. Die slagoffer is steeds in ‘n kritieke toestand.

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae