“Hulle het die Irakese bank vir $20 miljard opgehou. Hy is daarna $6 miljoen (R50 miljoen) jaarliks betaal en word nog steeds deur JP Morgan betaal, ses maande nadat hy uit sy amp is. Die man is ‘n oorlogmisdadiger.”
Só sê ‘n betoger wat die hofsaal van die Leveson-verhoor oor meeluistering by mediamagnaat Murdoch se poniekoerante binnegestorm het. Die man het Tony Blair daarvan beskuldig dat hy ‘n oorlogmisdadiger is nadat hy by die verhoor, waar die voormalige eerste minister getuig het, opgedaag het.
Filmmaker en veteraan anti-Irak-oorlogbetoger David Lawley-Wakelin (49), wat gesê het hy was van die Alternatiewe Irak Ondersoek, was geklee in ‘n wit hemp en ligte broek, het die vertrek van agter regter Leveson binnegekom en beheersd gepraat. Die deur waar hy ingekom het word deur slegs een persoon bewaak, het Sky News berig.
Hy is hardhandig uit die hofsaal verwyder. Blair, wat duidelik ongemaklik gelyk het, het die stellings ontken, voordat die voormalige Arbeidersleier deur die regter herinner is dat hy nie hoef rekenskap te gee oor die aantygings nie.
Die rekeninge bied die sterkste bewys nog van die groot bedrae wat gegenereer word deur Blair met sy verskeie aktiwiteite sedert hy Downing Street in Junie 2007 verlaat het.
Hy bedryf ‘n besigheid – Tony Blair Associates – wat handel met die regerings van Koeweit en Kazakhstan onder andere, en is ‘n betaalde raadgewer aan JP Morgan, ‘n Amerikaanse beleggingsbank, en Zurich International, ‘n globale versekeringsmaatskappy in Switserland.
Blair was ook deur JP Morgan gehuur om die vermoorde kol. Gadaffi se investering te help behartig voor die inval in Libië.
