RSG berig dat Suid-Afrika se hoogsbetaalde staatsamptenaar in Tshwane woon. Jason Ngobeni het ‘n verhoging gekry by sy metroraad van meer as R500 000.
Die stadsbestuurder van die Tshwane-metroraad het hom by sy Johannesburgse eweknie aangesluit met ‘n salarispakket van meer as R3 miljoen per jaar.
Ngobeni en Trevor Fowler van Johannesburg sal vanaf 1 Julie onderskeidelik R3,25 miljoen en R3,23 miljoen verdien ná hulle verhogings.
Dit kom daarop neer dat die twee here ‘n duisend keer meer verdien as ‘n gewone munisipale werker.
Die Tshwane-metroraad het ‘n ongekwalifiseerde oudit gekry in die 2010/2011 geldjaar, terwyl die ouditeur-generaal, Terence Nombembe, Johannesburg vir swak inkomstebestuur uitgesonder het.
