‘n Meningspeiling onder jong mense toon dat adj.pres. Kgalema Motlanthe bykans twee keer gewilder is as pres. Jacob Zuma, berig RSG.
Die peiling deur Pondering Panda het bevind dat Motlanthe die gewildste keuse is om die volgende president te word.
Altesaam 28% van respondente verkies die adjunk-president bo Zuma.
Zuma is die ongewildste kandidaat met slegs sowat 15% van die steun.
Die radiostasie berig tweede en derde keuses is onderskeidelik Julius Malema, geskorste leier van die ANC se jeugliga, met ‘n 20% steun.
Die peiling is op die sosiale netwerk Mxit gedoen.
Meer as 3 600 mense jonger as 35 het aan die opname deelgeneem.
