praag.co.za

Obama weer voor

Enkele dae nadat die Rasmussenopnames met ‘n peiling gekom het wat aangedui het dat Romney in hierdie stadium van die komende resies voorloop met iets soos 50% teen 43%, toon ‘n nuwe peiling dat dit dalk nie die geval is nie.

In ‘n peiling wat Sondag vrygestel is, het Rasmussen bevind dat 46% van die respondente, wat almal stemgeregtigde kiesers is, aangedui het dat hulle vir Obama gaan stem, terwyl 44% vir Romney sal stem as die verkiesing nou gehou sou word. Sowat 5% het aangedui dat hulle ‘n derde kandidaat verkies terwyl 5% nog onseker is.

In die vorige peiling wat sowat tien dae gelede gehou is, het sowat 4% aangedui dat hulle ‘n derde kandidaat verkies terwyl 3% onseker was.

Rasmussen gee nie enige verduideliking vir die ommeswaai in verwagte steun binne enkele dae nie, maar dit kan toegeskryf word aan die persentasie moontlike fout wat in alle peilings van die aard opgesluit is.

Dit wys egter net weer dat daar nie te veel op peilings staatgemaak kan word nie – veral nie ses maande voor ‘n verkiesing nie. Wat egter wel uit die peilings afgelei kan word, is dat sake dalk baie gelykop gaan verloop.

лобановский политик

Comments

Leave a Reply