Rasmussen opnames wat as ‘n betroubare meningspeiling beskou word, berig dat in ‘n opname wat onder voornemende kiesers in die VSA gehou is, altesaam 56% nou ten gunste daarvan is dat die gebruik van marijuana gewettig word.
Altesaam 36% was sterk daarteen gekant met die res onseker of nie bereid om ‘n mening te gee nie. Meeste van diegene wat ten gunste was van wettiging van die dwelm het egter die standpunt iungeneem dat dit nie as ‘n misdaad beskou behoort te word indien dit in die privaatheid van hul wonings gerook word nie.
Die resultate van die opname is pas gepubliseer en het nog nie reaksie van enige kant uitgelok nie, maar die verwagting is dat dit heftig teengestaan sal word deur veral wetstoepassers.
Amerikaanse – en ook Europese marijuana – is nie so sterk en dus gewoontevormend soos Afrika se dagga nie.
