Volgens lt. kol. Leonard Hlathi het die betoging Donderdagoggend begin. Die mense wat in hegtenis geneem is, is meestal skoolkinders.
“Ses polisiebeamptes is beseer toe betogers hulle met klippe bestook het terwyl hulle die situasie probeer kalmeer het.”
‘n Munisipale kantoor en ‘n biblioteek is aan die brand gesteek en het gedeeltelik afgebrand. Inwoners het betoog oor dienslewering in die gebied, het Hlathi gesê.
“Drie polisievoertuie en ses watertenkwaens is ook beskadig, terwyl vier buitelanders se winkels geplunder is.”
Die 25 wat in hegtenis geneem is sal na verwagting Vrydag in die Carolina-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld en die besit van gesteelde goedere.
