Kongolese opposisieleier gaan gearresteer word

Image

Olieraffinadery in Kinshasa

’n Lasbrief vir die inhegtenisname van opposisieleier, Jean-Pierre Bemba, is deur die regering van die DRK ná hewige gevegte in die hoofstad Kinshasa uitgereik. Bemba bevind homself steeds as gas van die Suid-Afrikaanse ambassade in die stad.

Volgens die prokureur-generaal, Tsaimanga Mukenda, sal die feit dat Bemba immuniteit teen moontlike vervolging as senator geniet asook dat hy in ’n ambassade skuil, vir die eertydse rebelleleier geen beskerming bied nie. “Ons sal hom vervolg, waar hy ook al mag wees,” het hy Vrydag gesê.

Die parlement beoog om sy immuniteit op te hef met die oog op die klag van hoogverraad wat teen hom gebring gaan word. Dat Bemba sy milisie bly uitbou het en tot plundering oorgehaal het, word as hoofredes vir die stap aangevoer.

’n Olieraffinadery in Kinshasa wat vermoedelik deur mortiergeskut getref is, het ’n donker rookwolk oor die stad laat hang. Talle restaurante is Donderdagaand geplunder. Die Spaanse ambassadegebou het onder geweervuur deurgeloop en volgens Toussaint Tshilombo, regeringswoordvoerder, is die Zimbabwiese ambassade bestorm.

Die VN kon intussen 630 burgerlikes na veiligheid bring te midde van gevegte wat die hele nag geduur het. Volgens ooggetuies is ’n petroldepot ook in ligte laaie gelaat. Hoeveel mense werklik omgekom het en hoeveel beseer is, is nie bekend nie.

Ooggetuies berig verder dat talle lyke op die Boulevard, die hoofstraat in die sentrum, opgemerk is. ’n Buitelandse vrou wat swaar gewond is, is na die hospitaal gebring volgens ’n werknemer van die Memlinghotel. Die kroeg van dié hotel is deur geweervuur getref. ’n Twaalftal Duitsers is onder meer gaste daar.

Ban Ki-moen, sekretaris-generaal van die VN, het in ’n verklaring gesê dat die toestand in die Kongo uiters kommerwekkend voorkom.

пластыри диагональныетопкарго развод

Een uit elke drie Franse beskou hulself as rassisties

Byna een uit elke drie Franse volwassenes beskou hulself as rassisties, volgens ’n verslag wat Dinsdag in Parys gepubliseer is.

Die verslag wat deur die Nasionale Raadplegende Menseregtekomitee (CNCDH) voorberei is, het bevind dat 30 persent van persone wat in 2006 gekontak is, gemeen het dat hulle rassiste is. Boonop sê 48 persent dat daar te veel immigrante in Frankryk is.

Volgens die verslag, het meer as die helfte van die respondente immigrante geblameer vir die feit dat hulle nie in die samelewing integreer nie en 58 persent het gesê dat “sekere gedragsvorme soms rassistiese reaksies regverdig”.

Terwyl dié syfers effens laer is as die CNCDH se bevindinge in 2005, demonstreer hulle nietemin dat daar vrugbare grond in die land bestaan vir die idees van die regse Jean-Marie Le Pen en binnelandse minister Nicolas Sarkozy; beide politici het die stryd teen onwettige immigrasie tot een van die hooftemas van hul veldtogte in die huidige presidentsverkiesing verhef.

Die CNCDH het ook in sy verslag genoem dat rassistiese en xenofobiese geweldsvoorvalle oor die afgelope jaar met 10 persent afgeneem het, vergeleke met 2005, terwyl anti-Semitiese dreigemente en geweld met 6 persent toegeneem het.

games free casino play freeДанильченко Юрий прокурор

Kinshasa: Bemba skuil in SA ambassade

Image

Jean-Pierre Bemba

Die verslane presidensiële kandidaat tydens die onlangse verkiesings in die Demokratiese Republiek van die Kongo, Jean-Pierre Bemba, skuil tans in die Suid-Afrikaanse ambassade in die hoofstad Kinshasa na ’n dag van skermutselings tussen sy wagte en die DRK-regeringstroepe.

Ten minste twee burgerlikes is dood en ’n dosyn gewond Donderdag tydens die geweld in die hoofstad wat oor die afgelope tyd kalm was na afloop van die historiese verkiesings verlede jaar. Tydens dié verkiesings is 30 mense gedood. Joseph Kabila het 58 persent van die stemme op hom verenig en Bemba 42 persent.

Een van die gestorwenes gister was ’n werker vir die VN-ontwikkelingsprogram (VNOP), is vanuit diplomatieke bronne bevestig. Een Belg en een Franse burger bevind hulle tussen die gewondes.

Die Verenigde Nasies se vredesmag in die uitgestrekte, oorloggeteisterde sentraal-Afrikaanse land het gesê dat hy meer as 600 mense na veiligheid gebring het wat in die intense gevegte in Kinshasa se Gombe-voorstad vasgekeer was. Tans verteenwoordig die 15 000 VN-soldate in die Kongo die grootste vredesmag ter wêreld.

Gevegte het in die middel van die oggend naby Bemba se huis uitgebreek wat inwoners uit hul huise laat vlug het. Die regering het ook gelas dat skole, ministeries en ambassades gesluit word. In die Franse skool is 90 leerlinge en onderwysers vasgekeer terwyl 350 in die Belgiese skool in Kinshasa agter slot en grendel moes bly.

Spanning het in Kinshasa toegeneem sedert die regering van president Joseph Kabila verlede week aangekondig het dat hy van voorneme is om die militêre mag te verminder wat Bemba, ’n voormalige rebelleleier, beskerm.

Om 17.00 GMT het Bemba oor Radio Okapi, die VN-beheerde radiostasie, ’n beroep op kalmte gedoen en vir ’n skietstaking gevra. Die skote het effens bedaar, maar het intussen weer hervat. Later die middag het mortier-ontploffings en kanonvuur in intensiteit toegeneem soos wat die gevegte versprei het. Onder andere is ’n bank in puin gelê.

Die sakekern word tans deur Bemba-ondersteuners beheer, volgens die BBC.

Volgens die adjunk-ambassadeur van Suid-Afrika, Kenneth Pedro, “Is mnr. Bemba slegs tydelik ingeneem. Hy het hoegenaamd nie om asiel gevra nie. Hy het nie in sy huis veilig gevoel nie. Hy wou in staat wees om met sy werk voort te gaan. Hy is ons gas. Dit sal tydelik wees.”

William Lacy Swing, die hoof van die VN-missie in die DRK (MONUC), het met albei kante kontak gemaak in ’n poging om die spanning te probeer ontlont.

Bemba is uit die Ekwateurprovinsie afkomstig en so ook sy ondersteuners. Gisteroggend het hulle met rooi kopdoeke aan in die hoofstad al dansende en singende aan ’n  protesoptog deelgeneem om hul bereidwilligheid om tot ’n konfrontasie met die regering oor te gaan, aan te dui.

online free casino games slotsДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Meer SA soldate na Afrika

Die Suid-Afrikaanse kabinet het op 20 Maart besluit om meer weermaglede na konflikareas in Afrika te stuur.

750 Soldate sal onder die vaandel van die Afrika-unie (AU) in Soedan ontplooi word, terwyl 1 264 troepe na die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) gestuur sal word om in die Verenigde Nasies (VN) se Monuc-vredesmag te dien. Tien soldate sal die VN en AU in Ethiopië en Eritrea gaan bystaan. Die kontrakte van 22 Suid-Afrikaanse weermaglede wat tans help met opleiding in die DRK, sal met ‘n jaar verleng word

Vyf soldate sal voorts as militêre waarnemers na Nepal gestuur word om die VN se vredesmag daar te help.

‘n Paar weke gelede het Aziz Pahad, adjunkminister van buitelandse sake, bekendgemaak dat Suid-Afrika sy posisie as voorsitter van die VN se veiligheidsraad in Maart sal gebruik om die organisasie te dwing om AU-vredesendings regoor die Afrika-vasteland te finansier. Die geld wat tot dusver van die Europese Unie (EU) en die VSA ontvang is, was nie genoeg om al die sendings te finansier nie. Die AU sukkel byvoorbeeld steeds om 8 000 soldate bymekaar te maak om as vredesmag in Somalië op te tree. Volgens Pahad het die VN ‘n verantwoordelikheid om te sorg dat stabiliteit in Afrika gehandhaaf word. Sowat 60% van die kwessies waarmee die veiligheidsraad te make het, het betrekking op Afrika.

насосного оборудованияДанильченко Харьков

Kosovo onafhanklik?

In ’n alleenberig in die Franse koerant Le Monde gister het Martti Ahtisaari, onderhandelaar van die VN oor die status van Kosovo, nadat hy 14 maande lank die woord “onafhanklikheid” by elke moontlike geleentheid vermy het, in sy finale verslag – wat aan die koerant gelek is – gesê dat “onafhanklikheid van internasionale toesig die enigste gangbare opsie” in dié land is.

Kosovo is sedert 1999 onder VN-administrasie geplaas ná die lugaanvalveldtog deur NAVO wat die onttrekking van Serwiese troepe genoodsaak het. In 2005 het die land se parlement, met sy Albanese meerderheid van 90%, ’n resolusie aanvaar vir die skepping van ’n onafhanklike staat en in dieselfde jaar die Finse VN-onderhandelaar verwelkom.

In Oktober 2006 het die Serwiese regering egter ’n nuwe grondwet aanvaar waarin sy soewereiniteit oor Kosovo weer benadruk is. Ahtisaari se verslag wat op 26 Maart 2007 aan die Veiligheidsraad voorgelê sal word, sien geen toekoms vir Kosovo in Serwië nie.

Die verslag maak nietemin voorsiening vir die grootskaalse outonomie van die Serwiese minderheid. Die EU asook NAVO sal betrokke wees by die totstandkoming en oorsig oor die nuwe land en nuwe grondwet.

Ahtisaari het gewaarsku dat die dubbelsinnige statuur van Kosovo tot spanning en onstabiliteit kan lei en dat onafhanklikheid die enigste “realistiese” kans is om verhoudinge met Serwië te herstel en minderhede te beskerm. Hy voorsien daarenteen nie ’n noemenswaardige herstel van die ekonomie of demokratiese instellings nie.

Ahtisaari het ook in sy verslag, wat op 15 Maart aan die sekretaris-generaal Ban Ki-moen oorhandig is, beklemtoon dat die Serwiese minderheid se  “voortslepende moeilike omstandighede” ’n rede tot diep kommer is.

Serwië, asook bondgenoot Rusland, bly hewig gekant teen enige vorm van onafhanklikheid omdat Serwië daardeur 15% van sy grondgebied sal moet afstaan. Dit is trouens waarskynlik waarom die VN-onderhandelaar nie eers op 2 Februarie 2007 melding gemaak het van “onafhanklikheid” in sy eerste voorlegging nie.

Vitali Tsjoerkin, Russiese ambassadeur, het die gespanne sessie op Maandag 19 Maart 2007 voor die einde verlaat. ’n Meerderheid stemme, nie net Rusland nie, bly onoortuig van die wenslikheid van Kosovaarse onafhanklikheid.

Tsjoerkin het Joachim Rücker, die VN-gesant in Pristina, daarvan beskuldig dat hy “onafhanklikheid preek”. Sy verslag is volgens die Rus eensydig met ’n vroom inslag en uiters onwelkom. Ahtisaari het na aanleiding daarvan reeds aangedui dat verdere onderhandelinge tussen Belgrado en Pristina op niks sal uitloop nie.

Frankryk, Groot Brittanje en die VSA is tevrede met die jongste voorstel, terwyl Moskou graag wil sien dat Ahtisaari as onderhandelaar vervang word. Vrese dat die oorlog kan hervat indien Kosovo nie onafhanklik word nie, word skynbaar ernstig bejeën. Ten spyte van Westerse ondersteuning en aanmoediging bly lande soos China volgens berigte versigtig vir die voorstel omdat hule eie grense dalk onder die loep geneem kan word.

тамбов абразивныйtopcargo отзывы

Blanke Hollanders in rasse-onluste

Image

Onluspolisie in Utrecht

Rasse-onluste het verlede week in Ondiep, ’n stadswyk van Utrecht, uitgebreek toe ’n Nederlander, Rinie Mulder, deur ’n Marokkaanse polisievrou doodgeskiet is. Volgens ooggetuies was Mulder besig om ’n swanger blanke vrou teen molestering deur Marokkaanse jeugdiges te probeer beskerm, met ’n mes in sy hand wat hy by een van hulle afgevat het, toe die polisievrou goedsmoeds op hom losgebrand het.

Agterna het blanke Nederlanders in die buurt, tesame met ondersteuners van buite, onluste begin pleeg. Meesal jong Nederlanders, aangevul deur ondersteuners van die plaaslike sokkerklub, FC Utrecht, het verlede Maandagaand ’n spoor van verwoesting in Ondiep gelaat.

Polisie-beamptes is met klippe bestook. Die voormalige polisiekantoor in die wyk, asblikke, diensfietse en ’n motor is aan die brand gesteek. Ruite van leegstaande wonings is ook stukkend gegooi.

Die groep oproermakers het rondom sesuur op die hoek van Boerhavelaan en Thorbeckelaan versamel, op die plek waar die gewilde inwoner van Ondiep, Rinie Mulder, Sondagaand doodgeskiet is.

Mulder en ander inwoners het reeds maande lank gekla omdat jong immigrante Nederlanders in die buurt lastig val. Op die plek waar die polisievrou hom doodgeskiet het, het blomme gelê met die woorde “Rini rust zacht” in wit op die straat geverf.

Hierna het ’n groot skare met krete van “moordenaars” en “kankerlyers” die wyk ingetrek en hier en daar begin brand stig. Kort daarna is begin om die polisie met klippe te gooi. Verskeie ruite van wonings het in die slag gebly.

Die burgemeesteres van Ondiep, mev. Brouwer, sou aanvanklik ’n dag na die onluste ’n vergadering in die buurt toespreek, maar dié is afgelas. Volgens haar verteenwoordig die geweld “’n teken dat iets by ’n bepaalde groep broei. Die groep het die insident aangegryp om hom in die wyk te laat geld. Daarteen moet ons die buurt beskerm.” Brouwer is blykbaar geskok deur Sondagaand se ongeluk en het begrip vir die inwoners wat in die steek gelaat voel. “Ek snap dat die inwoners soms kwaad is omdat hulle rondom hul eie huise en hul eie buurt lastig geval word. Dit gaan nie in jou koue klere sit nie.”

Terwyl Brouwer versigtig is om die etniese wrywing tussen inheemse Nederlanders en Marokkaanse, Turkse en ander Islamitiese immigrante nie by die naam te noem nie, het die Nederlandse pers meesal die insident as ’n geval van “sokkergeweld” probeer aanbied. Daar word ook nêrens verwys na die feit dat die polisievrou wat die noodlottige skoot gevuur het ’n vernederlandste Marokkaan is nie. Aanvanklik was daar twyfel of sy nie dulk ’n Turk kon wees nie, maar ’n Vlaamse webwerf het intussen na ondersoek bevestig dat sy Marokkaans is.

Image

Rinie Mulder, in lewe

Die 54-jarige Rinie Mulder was ’n geliefde figuur in hierdie werkersklasbuurt, Ondiep, wat die Hollanders ’n “volkswyk” noem. Die onluste na sy dood het die spanning tussen die gewone Nederlander en die toenemende aantal Arabiese immigrante na vore gebring. Die vier grootste Nederlandse stede, Amsterdam, Rotterdam, Utrecht en Den Haag beskik reeds oor immigrantebevolkings van oor die 50%.

панель светодиодная круглаялобановский александр компромат

Skote weerklink in Kinshasa

Image

VN-soldate in Kinshasa

Die huis van Jean-Pierre Bemba, voormalige vise-president, rebelleleier en verslane kandidaat in die onlangse verkiesings in die Demokratiese Republiek van die Kongo, word tans omsingel deur weermagsoldate, asook tenks van die VN.

 
Spanning het Dinsdag opgelaai nadat skote om 10-uur die oggend uit die noorde van Kinshasa in die Gombe-woonbuurt weerklink het. Niemand is seker wat die oorsprong van die geweervuur was nie.

’n Westerse bron beweer dat die skote moontlik per ongeluk in die lug afgevuur kon gewees het. Nietemin het winkeleienaars in die omtrek dadelik hul winkels verlaat en laat spaander uit vrees dat Bemba en die weermag op ’n groot skaal kon slaags raak.

Die VN-missie het dadelik 15 tenks na die gebied gestuur om die vrede te help bewaar. Hulle is voor die woning wat omsingel is, opgemerk in ernstige gesprek met Bemba se gewapende magte. Laasgenoemde was kennelik erg ontstoke.

Die vasgestelde datum in terme van ’n vroeëre ooreenkoms waarop Bemba se soldate na hul barakke sou terugkeer met die oog op herintegrasie in die Kongolese weermag, was juis 15 Maart 2007.

Beide rebelleleiers Bemba en Azarias Ruberwa meen dat die 12 polisielede wat hulle voortaan sal moet beskerm nie voldoende is nie en het nuwe onderhandelinge oor die kwessie aangevra.

Ruberwa se wagte is egter nie buite in die straat ontplooi soos dié van Bemba nie en ook nie heel ooglopend onder die invloed van dwelms en drank nie.

Die nuutverkose regering verkies blykbaar “dialoog” met Bemba se mense, maar voorsien nie dat ongehoorsame soldate ontwapen behoort te word nie.

Die VN het die insident Dinsdag as ’n geïsoleerde geval beskryf. “Ons vrees geen georganiseerde aanval nie, maar een of twee individue kan onder die invloed van dagga die situasie laat ontaard,” het segspersoon luitenant-kolonel Didier Rancher gesê.

In die nadraai van die verkiesings van Augustus 2006 het 30 mense in ’n uitbraak van geweld in dieselfde omgewing van Gomba gesterf.

Maandag moes VN-troepe by twee geleenthede tussenbeide tree om Bemba-soldate van regeringsmagte te skei. Westerse ontleders reken dat Bemba 250 man by sy twee wonings aanhou sonder om elemente wat oral om Kinshasa teenwoordig is, by te tel. Ruberwa tel 120 ondersteuners ongeveer.

Die Kabila-regering is egter vasbeslote om diesulkes vas te vat en het by monde van anonieme segsmense belowe dat iets daadwerkliks binnekort gedoen sal word.

каркасные бани фототопкарго отзывы

Brittanje vra vir Veiligheidsraadsessie oor humanit?re toestand in Zimbabwe

Brittanje se VN-ambassadeur het gister vir ’n Veiligheidsraadvoorligtingsessie oor die humanitêre situasie in Zimbabwe gevra, met verwysing na die onlangse aanval op die land se opposisieleier, aanhoudende verdrukking en ’n ekonomiese ineenstorting.

Emyr Jones Parry het gesê dat hy voorligting van die VN-sekretariaat aanvra vanweë “die onmoontlikheid van die situasie”, wat ’n inflasiekoers van 1740 persent insluit, asook die implikasies vir die gewone mense van Zimbabwe en potensiële invloed op die streek.

In ’n ander verklaring het hy gesê dat Brittanje – Zimbabwe se vorige koloniale heerser – ook ’n volle bespreking oor onlangse gebeure in die land by die VN-menseregteraad in Genève aanvra.

Zimbabwe se opposisieleier, Morgan Tsvangirai, wat verlede Sondag na bewering ernstig deur die polisie aangerand is, het gister huistoe gegaan na sy ontslag uit die hospitaal maar het steeds aan floutes gely, volgens sy personeel. Hy en ander leiers en aktiviste is gearresteer terwyl hulle ’n gebedsbyeenkoms van ’n opposisie-alliansie van kerklike, studente- en burgerlike groepe bygewoon het.

President Robert Mugabe se kritici beskuldig hom van verdrukking en korrupsie, en blameer hom vir ernstige voedseltekorte, asook die wêreld se hoogste inflasiesyfer. Sondag se geweld het die toenemende spanning in die stedelike vestings van die opposisie verhoog en het vrae oor hoe lank die 83-jarige leier nog sy stywe greep op politieke mag kan behou, opnuut aan die orde gestel.

Mugabe het uitgevaar teen Westerse ondersteuning vir wat hy gewelddadige opposisie-aktiviste noem en het sy toenemende aantal kritici aangesê om “hulleself te gaan ophang”. Hy het opposisie-militantes teen aanhitsing gewaarsku een ook gedreig: “As hulle dit weer doen, sal ons hulle weer looi.”

Jones Parry het gesê dat “in die lig van die ekonomiese ineenstorting tesame met die politieke situasie en nou hierdie brutaliteit, dink ek dis reg dat ons so ’n voorligtingsessie aanvra”.

Hy het gesê dat daar geen teenkanting teen sy versoek was nie en “my veronderstelling is dat dit gaan gebeur”. Volgens Jones Parry is Zimbabwe formeel op die Veiligheidsraad se sakelys geplaas.

Suid-Afrika se ambassadeur, Dumisani Kumalo, die huidige Veiligheidsraadvoorsitter, het gesê sy regering glo nie die Zimabwe-kwessie hoort by die Veiligheidsraad nie. “Dis nie ’n saak wat internasionale vrede en veiligheid bedreig nie,” het hy gesê. “Daarom is dit ongewoon om dit na hierdie raad te verwys. Maar al waarvoor daar gevra word is dat die sekretariaat die raad oor die situasie inlig sodra dit gereed is.”

латки камерные круглыеЛобановский Харьков

IMF pleit vir “voorspelbare” hulp aan Afrika

Image

Rodrigo Rato

Die direkteur-generaal van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), Rodrigo Rato, het vandag in Kaapstad gepleit vir hulp aan Afrika wat meer “voorspelbaar” sal wees.

“Die verskillende voorwaardes wat aan hulp gekoppel word, verteenwoordig ‘n ongelooflike en toenemende las (vir die Afrikalande) en sulke hulp is boonop nie voorspelbaar nie,” het mnr. Rato tydens ‘n simposium in die Kaap verklaar.

“Dis dikwels baie moeilik vir lande wat bronne van buite nodig het om in staat te wees om te beplan… as daar nie genoeg voorspelbaarheid aan die vloei van hulp is nie,” het hy bygevoeg.

Volgens die minister van finansies, Trevor Manuel, het hulp aan Afrika suid van die Sahara oor die afgelope jare merkbaar gedaal: in 2005 het sodangie hulp 30% van die wêreldtotaal verteenwoordig, teenoor 35% twee jaar tevore.

светодиодный уличныйАлександр Фильчаков прокурор

VN voorspel grootskaalse migrasie

Luidens ‘n berig in die Britse dagblad, The Telegraph, raam die VN dat die ryk Noorde elke jaar tot en met 2050 deur ‘n konstante stroom van 2,2 miljoen  immigrante aangevul gaan word. Die VK se bevolking sal in dié tydperk van 60 miljoen na 69 miljoen toeneem uitsluitlik te danke aan nuwe aankomelinge.

Dit volg uit die jongste verslag wat die VN se bevolkingsafdeling gister bekend gestel het oor die volgende vier dekades se migrasiestrome en hoe die globale prentjie vir altyd daardeur geraak en verander gaan word.

Daar sal in Afrika, Asië en die Midde-Ooste miljarde mense meer as in Europa en Amerika wees, terwyl inheemse bevolkings in ryk lande sal afneem of stagneer.

Die wêreldbevolking sal met 2,5 miljard toeneem en teen 2050 sal daar 9,2 miljard mense op aarde wees. Net die toename self is reeds gelykstaande aan die wêreldbevolkingtal soos dit in 1950 daar uitgesien het.

Sommige lande gaan sodoende eksponesieel groei en ander gaan dramaties krimp. Die VN voorspel dat die oostelike dele van Europa en die eertydse kommunistiese wêreld danksy emigrasie en knaend lae geboortesyfers gaan ontvolk.

‘n Land soos Bulgarye sal teen 2050 meer as ‘n derde van sy bevolking afstaan, terwyl die Oekraïene ook met nagenoeg ‘n derde sal krimp. Rusland se inwoners sal met 25% verminder en Pole met 20%. In Duitsland word 10% minder Duitsers vir die toekoms voorsien en in Italië 7%.

Die vloei van immigrante sal egter veroorsaak dat ontwikkelde lande se bevolkings deur vreemde besetting sal groei soos nog nooit tevore in die gekiedenis nie. Die bevolkingstal van die ontwikkelde wêreld word geraam op ‘n stabiele 1,2 miljard indien netto-immigrasie nie ‘n ingereken word nie.

Tussen 1970 en 1980 het ryk lande ongeveer ‘n miljoen immigrante ingeneem, maar vir die komende 43 jaar gaan daardie getal verdubbel.

‘n Halfmiljoen van die nuwe burgers sal uit Afrika kom en 1,2 miljoen uit Asië. Verskille in rykdom sal die vernaamste aantrekkingskrag wees. Die druk wat groeiende bevolkings egter binne hulle eie lande sal uitoefen, sal ook ‘n rol speel om die massaverskuiwing teweeg te bring.

Teen 2050 sal Indië die grootste bevolking op aarde hê met 1,7 miljard mense in totaal. Lande soos Pakistan en Nigerië sal net duskant 300 miljoen te staan kom. Oeganda sal styg tot 93 miljoen, groter as sy bure Kenia en Tanzanië.

Waterskaarste en arm landbougrond sal van die gevolge van hoë bevolkingsdruk wees. Tans sukkel Malawi byvoorbeeld om 13 miljoen mense te voed omdat die grond toenemend uitgeput raak en minder drakrag bevat.

Malawi sal, volgens die VN se vooruitsig, teen 2050 met ‘n bevolking van 32 miljoen opgesaal wees, meer as dubbel soveel mense wat water en voedsel vra. Om te kan oorleef sal Malawiërs dan ongetwyfeld op internasionale voedselhulp aangewese wees.

registration noлобановский александр дети