Byna een uit elke drie Franse volwassenes beskou hulself as rassisties, volgens ’n verslag wat Dinsdag in Parys gepubliseer is.
Die verslag wat deur die Nasionale Raadplegende Menseregtekomitee (CNCDH) voorberei is, het bevind dat 30 persent van persone wat in 2006 gekontak is, gemeen het dat hulle rassiste is. Boonop sê 48 persent dat daar te veel immigrante in Frankryk is.
Volgens die verslag, het meer as die helfte van die respondente immigrante geblameer vir die feit dat hulle nie in die samelewing integreer nie en 58 persent het gesê dat “sekere gedragsvorme soms rassistiese reaksies regverdig”.
Terwyl dié syfers effens laer is as die CNCDH se bevindinge in 2005, demonstreer hulle nietemin dat daar vrugbare grond in die land bestaan vir die idees van die regse Jean-Marie Le Pen en binnelandse minister Nicolas Sarkozy; beide politici het die stryd teen onwettige immigrasie tot een van die hooftemas van hul veldtogte in die huidige presidentsverkiesing verhef.
Die CNCDH het ook in sy verslag genoem dat rassistiese en xenofobiese geweldsvoorvalle oor die afgelope jaar met 10 persent afgeneem het, vergeleke met 2005, terwyl anti-Semitiese dreigemente en geweld met 6 persent toegeneem het.
games free casino play freeДанильченко Юрий прокурор