Naamsveranderings kom in Kaapstad

Naamsveranderings vóór die komende munisipale verkiesings in die Moederstad is amptelik Woensdag op die maandelikse stadsraadsvergadering aangekondig deur Dan Plato. 

Die DA gaan die naamsveranderingsproses in Kaapstad steun, ten spyte van groot teenkanting uit Afrikanergeledere.

Peter Gabriel, ANC-hoofsweep in die stadsraad, het aan Plato, burgemeester, gevra wanneer straatname gaan verander.

Plato wil die veranderings glo finaliseer voor die plaaslike verkiesings. “Ons weet presies in watter rigting ons gaan,” het hy aan die Burger gesê.

Alhoewel Plato meen die kwessie moet nie “as ‘n speelbal van verkiesingspolitiek gebruik word nie”, het hy ‘n spesiale taakspan onder leiding van Owen Kinahan aangestel om die koste van die naamsveranderinge sowel as die rol wat die publiek gaan speel, te ondersoek.

Van die voorstelle sluit in dat Andries Pretoriusstraat verander word na Orangestraat, Coen Steytlerlaan na Walter Sisululaan, De Waal-rylaan na Phillip Kgosana-rylaan, D.F. Malanstraat na David Poole-straat, Frans Conradie-rylaan na Acrestraat, Hans Strijdomlaan na Albert Luthuli-laan, Hendrik Verwoerd-rylaan na Beyers Naudé-rylaan, Hertzog Boulevard na Nelson Mandela Boulevard, Jan Smutsstraat in Athlone na Dullah Omar-rylaan en Jan Smutsrylaan in Simonstad na Fred Carneson-rylaan, Oswald Pirowstraat na Christiaan Barnard-rylaan en Nico Malanstraat na David Rabkinstraat.

игрушкиЛобановский Харьков

Wiese met tas note betrap

Christo Wiese, voorsitter van Shoprite, is in die pekel nadat hy met sowat R7 miljoen se note op die Heathrow-lughawe in Londen betrap is. 

Hy beskou die optrede van die doeanebeamptes as ‘n “bietjie van ‘n grap”.

Hoewel die voorval toe die beamptes hom met die £600?000 (sowat R7 miljoen) in banknote voorgekeer het al ‘n jaar gelede gebeur het, het dit nou eers aan die lig gekom.

Wiese se reaksie volg op ‘n berig in die internetkoerant MoneyWebdat Britse beamptes dié bedrag in April 2009 by Wiese gekonfiskeer het.

Britse regulasies bepaal ‘n mens moet kontant van meer as €10 000 aan doeanebeamptes verklaar indien jy daar aankom van ‘n land buite die Europese Unie (EU), of as jy Brittanje verlaat en direk na ‘n land buite die EU reis.

Wiese het egter aan Sapa gesê hy was besig om die geld van sy veiligheidsdepositokas in Londen na een in Luxemburg te neem en dat albei EU-lidlande is.

“As ek die geld in ‘n bank gehad het, kon dit oorgedra word.”

Hy het gesê die saak is in die hande van sy Britse prokureurs en dat ‘n verhoor oor die terugbetaling van die geld in November gehou sal word.

“Ek het die geld Luxemburg toe geneem, aangesien ek weer wou begin handel dryf ná die bankkrisis,” het Wiese gesê.

Hy het gesê die saak was ‘n burokratiese brouspul en dat doeanebeamptes hom geen rede gegee het vir hul beslaglegging van die geld nie.

“Maar my prokureurs wil nie hê ek moet ‘n verhoor in die media laat afspeel nie.”

Gevra of dit verstandig is om sulke groot bedrae geld rond te dra, het Wiese gesê hy is gewoond daaraan, aangesien hy 30 jaar gelede in die diamantbedryf was.

“Ek is positief ek sal die geld terugkry. Ek is nooit in hegtenis geneem nie. Hulle het gesê ek kan maar gaan, solank ek die geld daar los.”– Sapa

пальто детское для девочекФільчаков Олександр Васильович

Hanteer Witwatersrand-suurwater as noodtoestand, vra VF+

Mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en hoofwoordvoerder vir Water en Omgewingsake het geëis dat die regering die suurwaterkrisis van Johannesburg en die Witwatersrand as ‘n noodtoestand hanteer.

Dit volg nadat dit aan die lig gekom het tydens ‘n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir watersake dat  die vlak van miljoene liter suur mynwater onder die oppervlak in Johannesburg op ‘n daaglikse basis bly styg en sonder ingryping binne 18 maande kan oorspoel. Die suurwaterkrisis wat die gevolg is van 120 jaar se mynaktiwiteite op die Witwatersrand hou ‘n direkte ernstige bedreiging vir die middestad van Johannesburg in en kan ‘n negatiewe uitwerking hê op die hele Witwatersrand .

“Die VF Plus verwelkom die feit dat die departement van Water- en Omgewingsake met regsaksie teen mynmaatskappye begin het en met aksieplanne besig is. Ons is egter bekommerd dat die ware omvang van die krisis veel groter kan wees as die hoeveelheid aandag wat dit geniet.  Interdepartementele skakeling asook samewerking tussen plaaslike, provinsiale en nasionale regering moet dringend opgeskerp word om ‘n nasionale waterramp te voorkom,” het Mulder gesê.  Meer as R220 miljoen word benodig om die daarstel van pompstasies en pyplyne te verseker vir Johannesburg alleen.

Elke mens, plant en dier word nadelig hierdeur geraak deurdat strome, riviere en damme reeds ernstig besoedel is.

большая детская пирамидкалобановский александр

US reik uit na bruines

Projek Hoop, die Universiteit van Stellenbosch se nuwe plan om meer betrokke te raak by die gemeenskap, gaan die instelling sowat R1,75 miljard uit die sak jaag.

Die projek beoog om die instelling te transformeer tot ‘n meer reënboognasietoepaslike en praktiese instelling.

Die universiteit sal sodoende meer betrokke raak by gemeenskappe in die Wes-Kaap, deur uitreikprogramme waardeur hoër onderwys na landelike en arm bruin gemeenskappe geneem word.

детские игры для детейФильчаков прокурор

Polisie kook plaasmoordsyfers

Die polisie se statistiek vir plaasaanvalle en -moorde vir 2008 en 2009 is foutief, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag erken.

 Die syfers, 794 plaasaanvalle en 86 moorde, is “per ongeluk” gedupliseer uit die polisie se verslag vir 2006 en 2007.

“Die polisie en die minister betreur die fout,” het Mthethwa gesê.

Mthethwa weet nie wat die aantal plaasmoorde en -aanvalle tans is nie, aangesien die polisie sedert 2007 nie meer afsonderlik boekhou nie.

Die algemene geloofwaardigheid van misdaadstatistiek wat in die 2008-’09-verslag verskyn, is in die parlement deur opposisiepartye in twyfel getrek.

 

металлическая брекет системаДанильченко Юрий Харьков

Webblad vir plaasmoorde

Die Rustenburgse boer wat die ANC-jeugleier, Julius Malema, by die internasionale strafhof in Den Haag van volksmoord en misdade teen die mensdom gaan verkla het, het ‘n webblad geskep om plaasmoorde in Suid-Afrika te monitor. 

Die man, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het gevra dat enigiemand met inligting aangaande plaasaanvalle, dié besonderhede vir hom stuur sodat hy weekliks hierdie inligting na ‘n aanklaer van die internasionale strafhof kan aanstuur.

“Die idee vir die weeklikse aanstuur van statistieke aangaande plaasaanvalle aan die aanklaer het sy oorsprong in onvoldoende en onbetroubare statistiek wat deur ons regering verskaf word,” het Fanie van der Walt, die man se regsverteenwoordiger, in ‘n verklaring gesê.

Dié webblad, www.stopafrikanergenocide.co.za, sal ook gebruik word om mense in te lig van verwikkelinge tydens die hofsaak.

водяного насосаФильчаков Александр Васильевич

Afrikaners geniet sokkerkyk

SuperSport het ‘n opname onderneem oor kykertalle tydens die eerste drie weke van die Wêreldbekersokkertoernooi.

Clinton van der Berg, SuperSport se kommunikasiehoof, het Woensdag aan Nuus24 gesê die Wêreldbekergeleentheid het ‘n “onverwagte en dramatiese toename” ‘in die getal Afrikaanse sokkerkykers tot gevolg gehad.

‘n Rekordgetal van 341 000 Afrikaanssprekendes het na die openingswedstryd tussen Suid-Afrika en Mexiko gekyk. Slegs 20 000 Afrikaners volg gemiddeld ‘n wedstryd in die Engelse Premierliga.

Van den Berg het nie aangedui of Afrikaners sal aanhou kyk nadat Bafana se swart span uitgeval het nie.

“Afrikaanse kykers het boonop gesorg vir 21% van kykertalle in alle wedstryde van die toernooi, terwyl 33% van die kykers met Bafana se drie wedstryde Afrikaans was,” het hy gesê.

Dit was saam met Engelssprekende televisiekykers, ook 33%, die meerderheid.

Desnieteenstaande verkies Afrikaners die ovaalbal bo die ronde een, en trek rugby steeds meer kykers.

сканерпрокурор Фильчаков

SA se bedenklike wapenverkope

“Die ou politiek-wetenskaplike gesegde stel dit dat lande in die internasionale politiek nie vriende het nie, net belange. Met die ANC se bewindsaanvaarding is grootliks van hierdie konsep afgestap, en is vriendskapsbande dikwels weens historiese bande gehandhaaf – dikwels met van die wêreld se bekendste muishondlande soos Libië en Kuba. Dit het selfs tydens SA se roterende voorsitterskap van die VN se Veiligheidsraad verleentheid veroorsaak deur vir die bewind in Mynamar en Soedan in die bresse te tree.” So sê die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en wnde voorsitter van die Christen Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha.

“Of die onthullings oor lande aan wie SA die afgelope tien jaar wapens verkoop het, aan misplaaste solidariteit of gewoon onnodige landmyn-aftrappery op die internasionale toneel te wyte is, is moeilik om te sê.

“Suid-Afrika moet kennis neem dat daar ‘n toenemende wêreldwye besef is dat moraliteit nie maar klakkeloos deur belange onder die mat ingevee kan word nie. Volgens die Ceasefire Campaign het Suid-Afrika tussen 2000 en 2009 wapens aan 58 bedenklike lande verkoop.

“Die verkoop van wapens aan korrupte diktature is nie maar net nog ‘n sinnelose diplomatieke flater soos om pres. Robert Mugabe na die amptelike opening van die Wêreldbekersokkertoernooi te nooi nie. Wanneer wapens eers in die hande van tiranne, dwelmkartelle en terroristegroepe kom is dit moeilik om te sien hoe die land se belange in enige opsig gedien word.”

камни для баниданильченко юрій броніславович

Sannieshof betaal Eskom direk

Carin Visser van SIBUDie inwoners van Sannieshof het ‘n amptelike skrywe aan die administrateur van die Tswaing-munisipaliteit gerig waarin hy meegedeel word dat elekrisiteitsgelde voortaan direk aan Eskom oorbetaal gaan word.

Alhoewel dit nie die volle bedrag van die rekening is nie sal dit Eskom verhoed om die dorp se krag af te sit. Die reaksie van beide die administrateur en Eskom sal nou afgewag word.

Mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), het gesê: “Wat egter ook belangrik is, is die proses wat gevolg is om die besluit te neem om die elektrisiteit direk aan Eskom oor te betaal.

Die NBU het eerstens die stap aan die bestuur van SIBU voorgestel.

Die bestuur het op ‘n vergadering bespreek en besluit dat die die beste pad sal wees.

Daarna is ‘n inwonersverenigingvergadering gereël waar die voorstel aan die inwoners voorgelê is en waar die inwoners die finale besluit geneem het.”

Mnr. Kelder beskou die besluit ook as belangrik in ‘n politieke lig. “Dit is soos die Switserse kantonstelsel werk nl. die inwoners is die hoogste gesag en neem die finale besluit oor die dinge wat hulle direk raak. Dit is nou demokrasie op sy heel beste. Net interessantheidshalwe is die besluit eenparig geneem sonder enige teenstem.”

In haar brief aan die stadsraad skryf die munisipale aktivis Carin Visser dat Sannieshof tans R1,7 miljoen aan Eskom skuld van ‘n totale bedrag gelykstaande aan R9,1 miljoen vir die Tswaing-munisipaliteit.

Tydens drie verskillende vergaderings in Februarie 2010 het SIBU, die inwonersvereniging op Sannieshof, die versekering van die munisipale bestuurder ontvang dat Sannieshof se elektrisiteitsrekening met Eskom ten volle vereffen is. Die inwoners het reeds die gelde aan die ANC-munisipaliteit oorbetaal, maar dié het dit na eie goeddunke uitgegee en dus skuld die dorp steeds vir Eskom.

In haar brief sê Visser: “Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die uitstaande bedrag nie. Op 22 Junie het die inwoners van Sannieshof die komitee van ‘n mandaat verskaf om hul elekrisiteitsbydraes direk aan Eskom se rekening oor te betaal. Die mandaat is eenparig bekom.”

In ‘n soortgelyke geval op Parys in die Vrystaat het die ANC-munisipaliteit ook die inwoners se elektrisiteitsbydraes op salarisse, motors en partytjies uitgegee terwyl skuld van R13 miljoen aan Eskom nie vereffen is nie. In ‘n hofuitspraak is die dorp 14 dae gegee om die uitstaande bedrag te delg.

play crownДанильченко Юрий отзывы

VAS

Vrydenkende Afrikaners is besig om ‘n vereniging te stig wat beoog om aan enige verkiesings of samestelling van ‘n Afrikanerowerheid deel te neem. Die inslag van die vereniging is om alle Afrikaners wat nie fundamentalistiese Christene is nie of nie die bekrompe sieninge oor sake soos evolusie, aborsie, homeseksualisme of wat ook al deel nie, op die wyse geleentheid te gee om ook aan enige Afrikanerowerheid deel te neem.

In ‘n verklaring sê mnr Thys Human, van Pretoria en sameroeper van die nuwe organisasie, dat die vereniging, bekend as die Vrydenkende Afrikaner Sekretariaat (VAS) verwerp ten sterkste enige siening dat slegs Christen-gelowiges Afrikaners kan wees. ‘n Volk is nie ‘n kerk of ‘n geloofsorganisasie nie. Dit is ‘n gemeenskap van mense met geskiedkundige, kulturele, taal en ook bree politieke en staatsregtelike gronde ‘n eenheid vorm waarbinne ‘n groot verskeidenheid sieninge kan bestaan oor sake wat nie fundamenteel tot ‘n volk is nie. Hollanders, Duitsers, Franse en talle ander is volke, maar behels ‘n veelheid van godsdiensgtige en selfs politieke oortuigings.

Daar is talle Afrikaners wat ander gelowe aanhang of selfs ander politieke sieninge soos sosialisme het en net soveel reg het om as Afrikaner geag te word – indien hulle wil. In ‘n uitnodiging aan mense om by VAS aan te sluit en vorentoe te registreer as kiesers vir ‘n Afrikanerowerheid, word duidelik gestel dat onder Afrikanervolk verstaan word ‘n etniese groepering wat nie mense van ander groepe of volke of gemeenskappe insluit nie, selfs al word die Afrikaanse taal as moeder- of omgangstaal gedeel. Mense wat hulself as “afrikaanses” beskou sal hulle nie tuis voel in VAS nie.

In sy verklaring stel mnr Human dit duidelik dat die doel nie is om lede weg te neem van redelike en gemagtigde organisasies soos Praag of Afriforum nie. Daar is heelwat mense binne hierdie organisasies wat VAS se sieninge deel, maar daar is ook heelwat mense wat hulself as Afrikaners beskou en deel wil wees van enige nasionale beweging maar wat om verskillende redes dalk nie lede van Praag en andere lid wil wees nie. Dit is hulle wat ‘n tuiste in VAS kan vind.

“Ons is veral diep besorgd dat ‘n Afrikanerowerheid totaal oorheers kan word deur fundamentalistiese godsdienssieninge. Daar is reeds van hierdie mense wat openlik verklaar dat enige Afrikanerowerheid en selfs ‘n volkstaat as dit bereik kan word, ‘n “teokratiese” inslag moet hê. Dit is ons mening dat ‘n moderne en byderwetse volk nie sulke bekrompe en onverdraagsame benaderings kan bekostig nie. Dit moet ‘n demokratiese, oop, vrye, toekomsgerigte gemeenskap wees. Nie ‘n vasklouing aan uitgediende fundamentalistiese gebruike en idees nie. VAS is nie anti-godsdienstig nie. Daar word vermoed dat heelwat Christengelowiges wat nie sulke fundamentalistiese sieninge huldig nie, ook ‘n tuiste in VAS kan vind.”

Voornemende lede kan elektronies aansluit of navraag doen deur ‘n e-pos te stuur aan vrydenkafrikaner@gmail.com. Daar word ook beoog om so gou doenlik ‘n webblad daar te stel waar onderling kontak gemaak kan word.

переходник для пневмоинструментаалександр лобановский супермаркет класс

Nederlandse koerant beskryf prof. Jonathan Jansen as SA se nuwe vryheidsikoon

Maar die professor word nie in sy eie stad geëer…

‘n Dag voor die aanvang van die wêreldsokkertoernooi in Suid-Afrika verskyn ‘n ellelange artikel oor die rektor van die Vrystaatse Universiteit, Jonathan Jansen, in Trouw, Protestantse koerant in Nederland. Die opskrif lui: “Nieuw icoon van de verzoeningsleer.”

Die artikel verwys onder meer na die rol wat prof. Jansen gespeel het om die “Reitz vier” weer toe te laat om aan Kovsies te studeer. Dit haal emeritus aartsbiskop Desmond Tutu aan wat hom as ‘n waardige vaandeldraer van die Waarheids- en Versoeningskommissie beskryf.

‘n Lang deel word aan Jansen se boek, ‘Knowlegde in the blood’ afgestaan.

Die artikel word ingelui deur die plofbare situasie in die land na die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche, AWB-leier, en die TV-beelde van “boze blanken” wat roep om wraak. Dit was aan die vooraand van die sokkertoernooi, en die wêreld het die hart vasgehou.

Dié beeld word voorgehou as verduideliking dat rasseverhoudinge in die land, sestien jaar na Nelson Mandela se vrylating (hy is in werklikheid heelwat langer gelede vrygelaat), nog nie genormaliseer is nie.

Byna vreemd vir Trouw is die artikel nie oral heeltemal suiwer met feite nie, maar darem ligjare verwyder van die absolute twak wat soms in die buitelandse pers opgedis word.

Jansen wat deur so ‘n groot koerant so geloof word, is darem seker nuus. By die Volksblad is egter geen reaksie nadat die foto aan hulle gestuur word nie.

Goed, maar die Kovsies se Skakelburo sal seker belangstel. Die waarnemende direkteur van Strategiese Kommunikasie antwoord nie eens met ‘n dankie of iets nie.

Jansen reageer met ‘n beskeie dankie, en ‘n opmerking dat hy nie daarvan bewus was nie, nadat die artikel aan hom ook gestuur word.

Selfs diegene wat geen aanhangers van prof. Jansen is nie, beskou die feit dat so ‘n artikel in ‘n vername en gerespekteerde koerant verskyn het as nuuswaardig, maar die plaaslike media nie? Of vind die verslaggewers dit nou moeilik om Nederlands te lees? Of…behoede ons, weet hulle nie meer waar en wat Nederland is nie?

полиграф детектор лжи проверкаДанильченко Юрий Харьков

Kenmekaarkonferensie vir PRAAG

Uitnodiging na Kenmekaarkonferensie oor vorme van selfbeskikking en strukture

Die Afrikaner maak homself bekend in ‘n groot aantal sosiaal-maatskaplike strukture en organisasies. Die strukture verskil van mekaar betreffende die religieuse rigtingvraag, asook ‘n spesifieke etos wat onderliggend is aan elke struktuur.

Daar is vier oorhoofse groeperinge wat weinig indien enige kontak met mekaar het. Dit is:

* Die Afrikanerfront (Andries Breytenbach), waarby ingesluit word die Tussentydse Afrikanerberaad (Jaap Kelder)
* Die Afrikaanse Belangegroep, waarby ingesluit is die Afrikanerbond (Jan Bosman), die FAK (Danie Goosen) en waarmee assosieer ook Solidariteit (Flip Buys) en Afriforum (Kallie Kriel).
* Die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (Lets Pretorius), waarby ingesluit is die Boere Vryheidsinisiatief.
* Organisasies met ‘n religieuse verootmoedigingsmotief soos die Afrikaner Alliansie (Anton Knoetzé), die Geloftevolkkomitee (Flip Swanepoel) asook die Teokratiese Komitee (Jann Schlebusch).

Dit is met ‘n voorbehoud goed so! Die voorbehoud is dat as daar aansluitende samewerking is en kruisbestuiwende kommunikasie tussen die organisasies plaasvind, dan is dit in orde. ‘n Moderne beskaafde gemeenskap onderskei homself juis van primitiewe gemeenskappe deur die diversiteit midde die eenheid. Die keersy van die voorbehou is dat as daar geen kontak tussen die organisasies is nie, en die organisasies mekaar bestry, dit selfvernietigend kan wees. Om aansluitende samewerking te bewerkstellig het ‘n aantal persone ‘n tyd gelede besluit om bg. organisasies te nooi vir ‘n kenmekaarkonferensie. Die sameroepers was: Steyn van Ronge (AWB), Johann Wingard (Veteraan), Dan Roodt (Praag), Christo Landman (Afrikaner Alliansie) en Kas Bakkes (Veteraan). ‘n Geslaagde konferensie is op 7 Junie 2010 in Pretoria gehou, waar verteenwoordigers van sowat twintig organisasies hulle instellinge aan mekaar bekend gestel het. Uit die Afrikaanse Belangegroepering het net die Afrikanerbond (Jan Bosman) meegedoen en het organisasies soos Solidariteit nie eers op die uitnodiging reageer nie.

By genoemde konferensie is eenparig besluit om die kenmekaargesprek na ander uit te brei. Christo Landman (082 854 75 16) is met die organisatoriese reelings belas. Daar is op twee opvolgkonferensies besluit: op 7 Augustus 2010 in Pretoria en op 10 Oktober 2010 te Bothaville. Die Geloftevolk en Teokratiese Komitees sal as gashere tydens die Oktober-byeenkoms optree.

Wat die 7 Augustus-konferensie betref, wat in die Ryndalgebou (adres: The Hillside 318, Lynnwood) gaan plaasvind, word die volgende temas aan die orde gestel:

* ‘n Analise van selfbeskikking m.b.t. grondwetlike artikels 185 en 235 asook die bevindinge van die Volkstaatsraad (referent dr. Johann Wingard, voormalige voorsitter van die Volkstaatsraad)
* Die Funksies van ‘n burgerlike owerheid vir etniese Boere-Afrikaners (dr. Anton Knoetze, Kommissaris van die grondwetlike Kommissie vir Gemeenskapsregte)
* Die vraagstuk in die samestelling van ‘n burgerlike organisasie vir etniese Afrikaners. Die demokratiese verkiesingsmetode (mnr. Paul Kruger van die VVK). Die Konsosiatiewe model van Arend Lijphart toegepas (dr. Christo Landman.)Die metodiek van die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (dr. Lets Pretorius)
* ‘n Alternatiewe politieke model tot liberalisme en kollektivisme. Die Teokrasie as Christelike staatsmodel (dr. Jann Schlebusch). Die Christen-demokratiese regstaat (mnr. Francois van Zyl).
* Alternatiewe modelle vir aansluitende samewerking (mnr. Richard Botha, Stadsraadlid van die CDP)

Praaglesers wat belangstel om hierdie konferensie mee te maak, word vriendelik uitgenooi om die Sekretaris by clandman@netactive.co.za van u voorneme in te lig en om R100 per persoon op die volgende Afrikaner Alliansie se Absarekeningnommer nommer 909 134 80 30 oor te betaal. Dit sluit in Saalhuur en etes.

типы парусных судовДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Roodt genomineer as VVK-kandidaat

Vir dié wat nog nie weet nie, dr Dan Roodt is genomineer as kandidaat vir aanstaande jaar se volksverkiesing.

Soos almal reeds weet, word daar in Mei 2011 so ‘n volksverkiesing gehou. Die verkiesing word geadministreer deur die VVK (Volksraadverkiesingskommissie by www.vvk.co.za). Binnelands en buitelands is daar ‘n groot aantal registrasiebeamptes besig om kiesers te registreer.

Daar is ook begin met die nominasie van kandidate vir die sewe volksraadslede. Volgens die VVK-inligtingsdokumente kan ‘n kandidaat slegs deur ‘n geregistreerde kieser genomineer word. Elke nominasie moet een honderd sekondante hê en elke sekondant moet ‘n geregistreerde kieser wees. ‘n Sekondant mag slegs een kandidaat sekondeer en mag daarna nie weer ‘n ander kandidaat sekondeer nie. Belangstellendes kan ‘n kandidaat sekondeer deur die vorm persoonlik in te vul, of elektronies sekondeer deur die invul van ‘n spesiale vorm.

As mens jou denke fokus op wat in die VOLK se beste belang is, is daar sekerlik nie ‘n meer geskikte kandidaat as dr Roodt nie. Dit is krities noodsaaklik dat bekwame persone as volksraadslede verkies word. Hierdie verkiesing is dalk ons enigste kans om onsself weer op die voete te kry – mens sidder by die gedagte dat ook hierdie poging mag misluk.

Verskillende persone het verskillende menings oor presies wat “bekwaamheid” behels. Kyk mens na die mandaat van die volksraad wat verkies gaan word, moet die eis om selfbeskikking eerstens aan die Suid-Afrikaanse regering gerig word. Indien dit misluk, moet dit aan die internasionale gemeenskap gerig word. Sou dit ook misluk, moet die situasie aan die volk voorgelê word. Dit beteken hierdie volksraad sal met hooggeplaastes in plaaslike en oorsese regerings asook leiers van groot sakeondernemings in gesprek moet tree. Hulle sal ons saak moet kan stel en vrae moet kan beantwoord. Hulle sal goed ingelig moet wees oor regsargumente, ekonomiese kwessies en geopolitieke gebeure. Hierdie persone sal ook oor die nodige interpersoonlike vaardighede moet beskik. Internasionale kontakte met goedgesinde meningsvormers en vryheidsinstitute kan ook help.

Ek het al verskeie voorstelle gehoor van persone wat as bekwaam beskou word. Die meeste van hierdie persone is nog nie as kandidate genomineer nie. Dit laat my wonder waarom nie. Hulle kan tog nie hulleself nomineer nie. My gevolgtrekking is dat hulle nog nie genader is nie. Hoe moeilik kan dit wees om so ‘n persoon te bel, te faks, te kontak op Facebook? Miskien ken mense nie so ‘n bekwame individu persoonlik nie en huiwer om hom of haar te kontak. Maar iemand moet tog die ys breek. Ek verstaan daar is ‘n afsluitingsdatum vir nominasies en die verkryging van sekondante.

Daar is werk om te doen. Ek en jy moet die werk doen; ons kan nie wag tot iemand anders dit doen nie. Kandidate moet genomineer word, sekondante moet gevind word, kiesers moet geregistreer word. Ek weet van geen ander plan of poging, behalwe hierdie volksverkiesing, wat vir ons selfbeskikking gaan bring nie.

Ek is oortuig dr Roodt sal tot die volksraad verkies word. Hy is een van die min persone wat oor ‘n duidelike visie vir ‘n volkstaat beskik. Ook verstaan hy hoe so ‘n volkstaat in die praktyk moet funksioneer. Ek is oortuig dat Praag-lesers gaan toustaan om hom te sekondeer.

Veels geluk, dr Roodt!

Ns. Enigeen wat belangstel om as een van die honderd sekondante op te tree, word genooi om my te kontak by wlabuschagne[aapstert]take5.co.za.

how to promoteАлександр Фильчаков

Naspers verstewig mediamonopolie

Drie van RSG se omroepers, Freek Robinson, LiMari Louw en JP Keyter, gaan in Julie by e.tv se nuwe Afrikaanse nuusdiens aansluit, berig die Burger.

Dié nuus sal op kykNET uitgesaai word. Dit sal Naspers se mediamonopolie verder verstewig om ‘n TV-nuusbulletin in Afrikaans an te bied.

Die Afrikaanse kykersmark is die mees winsgewende mark.

Robinson, bied reeds Robinson Regstreeks op kykNET aan.

трековых светильниковпрокурор Фильчаков