praag.co.za

Tag: Tswaing

  • Sannieshof betaal Eskom direk

    Sannieshof betaal Eskom direk

    Carin Visser van SIBUDie inwoners van Sannieshof het ‘n amptelike skrywe aan die administrateur van die Tswaing-munisipaliteit gerig waarin hy meegedeel word dat elekrisiteitsgelde voortaan direk aan Eskom oorbetaal gaan word.

    Alhoewel dit nie die volle bedrag van die rekening is nie sal dit Eskom verhoed om die dorp se krag af te sit. Die reaksie van beide die administrateur en Eskom sal nou afgewag word.

    Mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), het gesê: “Wat egter ook belangrik is, is die proses wat gevolg is om die besluit te neem om die elektrisiteit direk aan Eskom oor te betaal.

    Die NBU het eerstens die stap aan die bestuur van SIBU voorgestel.

    Die bestuur het op ‘n vergadering bespreek en besluit dat die die beste pad sal wees.

    Daarna is ‘n inwonersverenigingvergadering gereël waar die voorstel aan die inwoners voorgelê is en waar die inwoners die finale besluit geneem het.”

    Mnr. Kelder beskou die besluit ook as belangrik in ‘n politieke lig. “Dit is soos die Switserse kantonstelsel werk nl. die inwoners is die hoogste gesag en neem die finale besluit oor die dinge wat hulle direk raak. Dit is nou demokrasie op sy heel beste. Net interessantheidshalwe is die besluit eenparig geneem sonder enige teenstem.”

    In haar brief aan die stadsraad skryf die munisipale aktivis Carin Visser dat Sannieshof tans R1,7 miljoen aan Eskom skuld van ‘n totale bedrag gelykstaande aan R9,1 miljoen vir die Tswaing-munisipaliteit.

    Tydens drie verskillende vergaderings in Februarie 2010 het SIBU, die inwonersvereniging op Sannieshof, die versekering van die munisipale bestuurder ontvang dat Sannieshof se elektrisiteitsrekening met Eskom ten volle vereffen is. Die inwoners het reeds die gelde aan die ANC-munisipaliteit oorbetaal, maar dié het dit na eie goeddunke uitgegee en dus skuld die dorp steeds vir Eskom.

    In haar brief sê Visser: “Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die uitstaande bedrag nie. Op 22 Junie het die inwoners van Sannieshof die komitee van ‘n mandaat verskaf om hul elekrisiteitsbydraes direk aan Eskom se rekening oor te betaal. Die mandaat is eenparig bekom.”

    In ‘n soortgelyke geval op Parys in die Vrystaat het die ANC-munisipaliteit ook die inwoners se elektrisiteitsbydraes op salarisse, motors en partytjies uitgegee terwyl skuld van R13 miljoen aan Eskom nie vereffen is nie. In ‘n hofuitspraak is die dorp 14 dae gegee om die uitstaande bedrag te delg.

    play crownДанильченко Юрий отзывы