Sannieshof betaal Eskom direk

Carin Visser van SIBUDie inwoners van Sannieshof het ‘n amptelike skrywe aan die administrateur van die Tswaing-munisipaliteit gerig waarin hy meegedeel word dat elekrisiteitsgelde voortaan direk aan Eskom oorbetaal gaan word.

Alhoewel dit nie die volle bedrag van die rekening is nie sal dit Eskom verhoed om die dorp se krag af te sit. Die reaksie van beide die administrateur en Eskom sal nou afgewag word.

Mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), het gesê: “Wat egter ook belangrik is, is die proses wat gevolg is om die besluit te neem om die elektrisiteit direk aan Eskom oor te betaal.

Die NBU het eerstens die stap aan die bestuur van SIBU voorgestel.

Die bestuur het op ‘n vergadering bespreek en besluit dat die die beste pad sal wees.

Daarna is ‘n inwonersverenigingvergadering gereël waar die voorstel aan die inwoners voorgelê is en waar die inwoners die finale besluit geneem het.”

Mnr. Kelder beskou die besluit ook as belangrik in ‘n politieke lig. “Dit is soos die Switserse kantonstelsel werk nl. die inwoners is die hoogste gesag en neem die finale besluit oor die dinge wat hulle direk raak. Dit is nou demokrasie op sy heel beste. Net interessantheidshalwe is die besluit eenparig geneem sonder enige teenstem.”

In haar brief aan die stadsraad skryf die munisipale aktivis Carin Visser dat Sannieshof tans R1,7 miljoen aan Eskom skuld van ‘n totale bedrag gelykstaande aan R9,1 miljoen vir die Tswaing-munisipaliteit.

Tydens drie verskillende vergaderings in Februarie 2010 het SIBU, die inwonersvereniging op Sannieshof, die versekering van die munisipale bestuurder ontvang dat Sannieshof se elektrisiteitsrekening met Eskom ten volle vereffen is. Die inwoners het reeds die gelde aan die ANC-munisipaliteit oorbetaal, maar dié het dit na eie goeddunke uitgegee en dus skuld die dorp steeds vir Eskom.

In haar brief sê Visser: “Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die uitstaande bedrag nie. Op 22 Junie het die inwoners van Sannieshof die komitee van ‘n mandaat verskaf om hul elekrisiteitsbydraes direk aan Eskom se rekening oor te betaal. Die mandaat is eenparig bekom.”

In ‘n soortgelyke geval op Parys in die Vrystaat het die ANC-munisipaliteit ook die inwoners se elektrisiteitsbydraes op salarisse, motors en partytjies uitgegee terwyl skuld van R13 miljoen aan Eskom nie vereffen is nie. In ‘n hofuitspraak is die dorp 14 dae gegee om die uitstaande bedrag te delg.

play crownДанильченко Юрий отзывы

Verval van Sannieshof ‘weens 10 jaar se wanbestuur’

Die polemiek rondom Sannieshof se munisipale dienste gaan voort. Hieronder lewer mev. Carin Visser van SIBU repliek op mnr. Hennie Breytenbach se brief van gister. Tersaaklike dele uit sy brief word ter wille van duidelikheid weer gepubliseer, met mev. Visser se kommentaar direk onder.

Lees ook die volgende artikels elders op die werf:

Hartseer verhaal van Tswaing se Boerbokke

Tswaing – net nog 'n 'modelmunisipaliteit' onder ANC-bestuur

Sannieshoffers wen teen ANC-munisipaliteit in hof

Sannieshof se inwoners geïntimideer

Die NSA verdrink in sy eie riool

Hennie Breytenbach: Ek is Hennie Breytenbach waaroor julle so negatief berig sonder om seker te maak van feite.

Ek is tans werksaam by Tswaing Munisipaliteit vanaf 5 Mei 2008 as direkteur tegniese dienste.

Die verval van die munisipaliteit se infrastruktuur, was a.g.v. swak bestuur deur die vorige tegniese direkteur wat nie tegnies die sake bymekaar kon hou nie.

Carin Visser: Dit is onwaar – die verval van Tswaing Munisipaliteit is direk die gevolge van geen finansiële bestuur of kontrole oor die laaste 10 jaar.  Absurde begrotings tekorte vir die tegniese departement van 2% van die totale budget is die oorsaak van alle strukturele skade en die totale verval wat sigbaar teenwoordig is.

HB: Sy vrou is tans die voorsitster van die Ottosdaltak van die SIBU. Die negatiewe stand van sake is direk toe te skryf aan haar man se vorige posisie as direkteur tegniese dienste, waaroor sy saam met die SIBU mildelik klippe gooi na my.

CV: Dit het niks met die saak te doen nie.  Dit gaan hier oor werk wat gedoen moet word, werkers wat nooit teenwoordig is nie, trekkers en suigwaens wat konstant stukkend staan in werkswinkels, waterpompe wat agv geen onderhoud oor baie jare se verwaarlosing en slytasie nie instand gehou word nie, vullis in strate wat nie verwyder word nie – die werkers nie teenwoordig nie, riool wat verwyder word net as omkoopgeld betaal word, die rapportering van stukkende water en elektrisiteitsmeters oor 'n periode van 8 jaar en geen diens ontvang nie, die standhoudende lek van water deur pype wat nie herstel word nie, Pelhindaba met 3 waterpunte sonder krane wat 24 uur van 'n dag uitloop, en so kan die lys aangaan…..

HB: Die feit van die saak is dat Mev. Carin Visser openlik "oorlog verklaar" tydens die betredingsaak en alles in die stryd werp deur die media om haar punt te bewys. As sy so bekommerd was oor die stand van sake, wat reeds vyf jaar gelede buite werking was, is dit duidelik dat ek nie die kans gegun word om hulle probleme op te los nie.

CV: Dit is duidelik uit Mnr Hennie Breytenbach se optrede dat hy die een is wat "oorlog verklaar" het.  SIBU het met hom probeer saamwerk vir 'n jaar, maar hy was van die begin af negatief oor ons betrokkenheid en aksie.  Hoewel hy himself kon vergewis het van die omstandighede waaronder ons moes geleef het voor sy aankoms hier, kan Sannieshof en sy inwoners nie verantwoordelik gehou word vir die totale ineenstorting van die Tswaing Munisipaliteit nie, ons moes die gevolge daarvan dra.  Wat die betredingsaak aangaan, was sy optrede ongevraagd en het hy homself in die oë van die Sannieshof Inwoners swak gedra.  Dit spreek uit die feit dat die hoof staatsaanklaer van Noordwes die saak uitgegooi het omdat daar geen betreding of enige saakbeskadiging plaasgevind het nie.  Inteendeel – hoekom is ons "werk" in en aan die dorp nou skielik 'n probleem?  Die uitstaande rekenings wat ons namens Tswaing betaal het, die water pompe wat ons reggemaak het, die vullis wat ons daagliks verwyder, trekkers, waens ens wat ons laat regmaak het …….. dit was oor 'n periode van 18 maande aanvaarbaar.   Die reenpakke wat ons vir die werkers wat meer as 4 jaar laas oorpakke ens gekry het, is met Mnr Legoete bespreek en hy het gevra of ons dit sal voorsien en hy sal sorg dat die betaling op die faktuur na my toe terug kom.  Dit het nie gebeur nie.  Net so het hy onderneem om die nuwe pomp vir die rioolwerke van R45 000 terug te betaal – dit het nooit gebeur nie.   

Betreding rioolwerke Sannieshof

HB: Mev. Carin Visser is verskeie kere versoek om nie reg in eie hande te neem nie, aangesien ek besig was om sake aan te spreek.

CV: Ons is met die rioolputte besig van Augustus 2008.  Hennie is na die vergadering genooi en in kennis gestel van die biologiese ensieme wat die ewig oorlopende rioolputte by elke huis – meer as 440 – mee behandel sou word om die biologiese prosesse daar reeds aan die gang te sit.  Dit sou gevolglik die stank verbeter, die kwaliteit met tot 70% verbeter t o v besoedeling.  Hy het geen objeksies gehad nie en nie weer daarna verwys nie.  Sy sake aanspreek is seker wel gedoen, maar sake gedoen het nie gerealiseer nie.  Inteendeel die konstante oorvol suigputte  is net deur die privaat kontrakteur wat op 2 geleenthede kom dreins suig het suksesvol hanteer.  Dit was die enigste kere dat inwoners volledige diens ontvang het.   Die eis van omkoopgeld en drank voorsien is nou nog nie aangespreek nie na klagtes wat al sedert 2006 hieroor ingedien is.  Die amper 60 halfjack leê bottles by die riool werke wat ons verwyder het is die bevestiging daarvan. HB: Sy was bewus van die sekondêre damwal wat oorvloei het sonder om dit behoorlik te rapporteer of reg te stel (soos sy haar eie reg aanwend).

CV: Die oorloop van rou riool is skriftelik aan Hennie rapporteer vanaf Oktober 08, dit is by 2 vergaderings aan hom gerapporteer waar hy gestry het en ons in kennis gestel het dat alle dorpe se riool loop uit en loop in 'n rivier in.  Sou hy die eerste dam se lekkasie gaan regmaak het, hoekom het hy nie 'n totale ondersoek na die lekkasies gedoen nie?  Die oorloop van die 2de dam was hoorbaar maar so toegegroei niemand kon daarby kom nie en die groen streep af na die rivier toe is nou nog duidelik sigbaar van die Ottosdal teerpad af.  Dit is eers nadat ons begin oopkap en skoonmaak het, dat ons die oorstromingsplek ontdek het.   Die munisipale bestuurder , Mnr Legoete , is in kennis gestel en het saam met ons die terrein besoek.  Die onverskoonbare getuienis van die absoluut dol leë verouderingsdamme (5) en die bepsroeiings damme (2) wat deur jare se leegstaan toegegroei was van kakiebos en gras – daarvan was die tegniese departement nooit bewus nie.  Die funksionele werking van hierdie damme was nie vir Tswaing Munisipaliteit 'n prioriteit nie, die uitvloei van afloop water wat nie voldoen aan die "general legal limits" vir afloopwater soos deur DWAF bepaal was nie vir hulle 'n prioriteit nie.  Hoewel Waterwese in Junie verlede jaar DIRECTIVES aan Tswaing gegee het nadat Natuurbewaring gaan kla het oor die besoedeling in die rivier om die riool afloop te staak, is daar geen aandag of optrede daaraan gegee nie.   

HB: Ek het persoonlik met twee werkers die dag na rapportering op die IDP & begrotingsvergadering die oorvloei gestop binne 10 minute deur net 'n paar grawe aanliggende grond in die oorvloeiarea te plaas. "Hoe bekommerd kon sy tog wees?" . Mev. C. Visser het eerder foto's geneem en onkruid laat verwyder op die werke, maar geen poging aangewend om die probleem op te los nie. Sy het wel 'n vorige oorvloeiing van die rioolwerke gerapporteer in die primêre dam, wat reggestel is.

CV: Die permanente skade van oorloop wat gerapporteer is ook aan Natuurbewaring en Waterwese, is deur hulle gevra om dit net so te laat totdat hulle ondersoek afgehandel was en hulle die nodige fotos van die terrein kon neem.  DIE FEIT IS:  is die tegniese hoof nie veronderstel om so in beheer van hierdie werke te wees dat dit nie nodig is vir inwoners van die dorp om hom in kennis te stel dat daar 'n probleem is nie????

HB: Sy betree wel munisipale eiendom onwettig en maak wysigings asof sy die eienaar en verantwoordelike persoon is en ook oor alle ingenieurskennis en inligting beskik om konstruksie en die suiweringsprosesse te bedryf.

CV: Die onwettigheid moet Mnr Breytenbach met die staatsaanklaer gaan uitklaar.  Hy verstaan dit nie.  Wanneer 'n dorp se infrastruktuur so ineenstort dat basiese noodsaaklikhede ons lewenskwaliteit bedreig, is dit net onintelligente mense wat nie sal toetree en beheer oor haglike omstandighede neem nie en "probeer red wat te redde is!!!!"  Geen onverantwoordelike of onkundige persoon het enige werke by die werke geinisieer nie – die oorspronklike ingenieurs, vier onafhanklike raadgewende ingenieurs, riool verwydering spesialiste, omgewingskundiges, waterkundiges, Waterwese en Omgewingsbewaring het almal hierin gehelp.  Tswaing is telkens uitgenooi maar het nooit opgedaag nie.  Dit is die jammerte.

HB: Daar word geensins ontken dat daar probleme is nie, maar daar word ernstig aandag gegee aan die saak. Die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit is die "waterowerheid" en Waterwese is die departement wat kontrole en beheer moet uitoefen.

CV: Die "ernstige aandag" word al volgens al die vergaderings met hulle in die IDP aangespreek en beplan maar dit is waar dit bly.  Ngaka Modiri Molema distriks munisiapliteit  het verskeie skrywes van ons ontvang en NIKS gedoen nie en ons in alle korrespondensie geignoreer.

HB: Die konstruksie van die werke is nie ontwerp met genoegsame vryboordhoogte om oorvloeiing te voorkom nie. Die bedryf, pompe, vryboordhoogtes en slikverwydering word tans deur die tegniese afdeling reggestel.

CV: EN …. Die werke is ook nooit ontwerp om in die rivier af te loop nie.  Nie die kabel of die pomp wat die water uit die besproeiingsdamme moes wegpomp is van 1999 af ooit voltooi nie.  HIERDIE WERKE is dus van 1999 nie volgens beplanning afgehandel en voltooi of in werking nie.  Dit is vreemd dat die tegniese afdeling nou met al die bohaai besluit het om by hierdie werke betrokke te raak, maar ons is dankbaar dat na 5 jaar daar beweging gekom het.  Die konstante uitloop van rou riool in die nou reeds riool deurweekte omgewing word egter nog steeds instand gehou deur Tswaing.  Die probleem is dus nog nie aangespreek en opgelos nie – die oplossing lê in die masterplan van die IDP opgesluit en stof opgaar.

HB: Vir die 2009/10 finansiële jaar is daar gelde voorsien om ondersoeke te finansier om die rioolwerke op te gradeer (NMMDM Begroting).

CV: DAAR is nie tyd vir ondersoeke eers in 2010 nie – goeiste ons benodig aksie.  Hoe gaan Tswaing en Ngaka Modiri Molema die boere se waterbronne wat nou met riool besoedel is, aanspreek?  Gaan hulle hierdie hofaksies kan bekostig?

Sannieshofrioolwerke

HB: Tswaing-munisipaliteit het wel van Waterwese 'n skrywe ontvang, wat deur mev. C. Visser geïnisieer is. Die skrywe is beantwoord en beskikbaar vanaf die departement.

Die rioolstorting is reeds gestop soos hierbo gerapporteer. Gesuiwerde storting sal wel plaasvind onder wetlike voorskrifte soos met enige rioolwerke.

CV: Hierdie stelsel sal volgens die skeikundiges nooit aan die "wetlike perke" van afloop voldoen nie, omdat riool te vinnig deur ons stelsel vloei en dit in die ontwerp van die stelsel beplan was dat die afloop water vir besproeiing moes aangewend word.

HB: Ongelukkig is dit so dat personeel met eie agendas oningeligte of kwaadwillige (ongetoetste) inligting uitgee of weerhou van bestuur wat die SIBU ondersteun, wat die uitvoering en regstelling asook goeie dienslewering saboteer.

CV: Ek is nie bewus van die bogenoemde stelling nie.  Alle inligting word aan Tswaing en mnr Breytenbach per epos , per faks en per hand by die Sannieshof kantoor van Tswaing ingedien.  

Ekonomiese ontwikkeling

HB: Met die onware, swak ingeligte en kwaadwillige publikasies, is dit die ekonomie wat die swaarste onder die berigte deurloop. Die werkloosheid in Tswaing is ongeveer 62% en dit is skandelik om voor te gee daar word omgegee, maar daar word meer afgebreek as gebou of reggestel deur die SIBU.

CV: Hierin hoef SIBU nie te verdedig nie – die feite is sigbaar vanselfsprekend.

HB: Tswaing se ekonomie word nie deur die Sannieshof-SIBU bepaal nie, maar sy negatiewe invloed rig wel groot skade aan.

CV: Die sg skade aan Tswaing is deur finansiêle wanbestuur veroorsaak waarvoor die Raad skuld moet aanvaar.  Die Ouditeur-Generaal se verslae in onbetwisbaar objektief en bewys die tegniese bankrotskap van Tswaing voordat daar nog 'n dispuut verklaar was.  Baie dankie …… Sibu het nog net gepoog in al sy aksies om juis die infrastuktuur van Sannieshof te verbeter om ekonomiese ontwikkeling in die dorp te kan verbeter.  Die omstandighede was so haglik dat besoekers nie eers wou stilhou om hier 'n koeldrank te koop nie.

Huishoudelike water

HB: Alle formele dorpe het 'n "tekort" aan water, a.g.v. die vorige direkteur wat nie die ontwikkeling van grootmaatdienste bygehou het met die ontwikkeling en informele vestiging van mense nie. (Om nou so slim te wees van die kantlyn, kan u self oor besluit.)

CV: En steeds reflekteer mnr Breytenbach sy departement se tekortkominge na die vorige direkteur waar die enigste fout was dat vir die tegniese departement nooit geld beskikbaar gestel is in 'n budget vir hierdie ontwikkelings nie of net vir basiese instandhouding.  Hou op om die tekortkominge te sien in aanspreeklikheid van ander mense as die Raad en die Bestuur met die totale onverantwoordelike finansiële wanbestuur van fondse en die ondeursigtige misbruik van fondse waaroor daar geen aanspreeklikheid gedoen kan word nie.  Mnr Breytenbach kan steeds in dit wat hy doen en onder die moeilike omstandighede waarin hy moet werk, probeer om deel te word van die oplossing as om deel te bly van die probleem.

HB: Ottosdal word die ergste geraak en daar is reeds 'n korttermyneksplorasieprogram in plek om die saak reg te stel. Waterwese en die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit is ook direk betrokke.

Mev. Visser sal vertel van een Saterdag in Junie 2009, uniek in die geskiedenis, waar hulle nie water in Sannieshof gehad het nie, maar dit was a.g.v. 'n hooflynpypbreuk wat herstel moes word (wat onvoorsien was).

CV: Weereens, nie net een Saterdag nie – die inwoners van AGISANANG-PELHINDABA en Sannieshof kan hieroor getuig.  Huidiglik loop die rivier omdat die water uit die pompe nie tot by die reservoir kom nie.  Die brandweer voorsien tans weer in Agisanang water.

HB: Alle tekorte in grootmaatwater van die formele dorpe is voor begroot en die regstelling sal gedurende 2009/10 gefinaliseer word.

Sannieshof het die minste tekorte.

CV: Ons weet dit – gesien in die lig van ons betrokkenheid weet ons hoekom Sannieshof die minste tekorte het.   

HB: Die tekort beteken nie dat die hele dorp/e nie van water voorsien word nie. Slegs hoogliggende areas word beïnvloed en raak slegs Ottosdal (Letsopa).

Rioolnetwerk (dorpe)

HB: Die formele dorp van Delareyville en uitbreiding 7 (X7) (plakkersgebied uitgesluit) beskik oor 'n gravitasierioolnetwerk.

Atamelang beskik oor 'n gravitasierioolnetwerk.

Agisanang (Sannieshof) beskik oor 'n gravitasierioolnetwerk. (Uitbreiding 3 se nuwe plakkers uitgesluit).

Sannieshof word deur 'n riooltenkstelsel bedryf wat met rioolsuigtenkwaens verwyder word. Die waens & trekkers was voorheen swak onderhou deur die tegniese departement.

CV: Die waens is nooit onderhou nie – ook nie nou nie.  Wat op aarde laat hom die heeltyd skuld voor ander mense se deure wil gaan lê?

HB: Tans word vervanging en aanvulling van die suigtenkers hanteer vir Sannieshof en Ottosdal.

CV: Beloftes… beloftes…. Beloftes.  SIBU soek diens!

HB: Die suigtenkdiens word benadeel deur inwoners wat werknemers omkoopgeld betaal vir dienslewering wat problematies is. Die SIBU en publiek was verskeie kere versoek om met feite te kom, maar met sonder resultaat tot dusver.

CV: Gereeld word dit gerapporteer, ou mense word geviktimiseer en inwoners wat gaste oor naweke het en 'n suigput het wat al vir 3 weke oorloop wend hulleself naderhand tot omkopery.  Dit is duisend keer – so voel dit – Mnr Hennie bespreek.  Dit is nie die inwoners se taak om te sorg dat sy mense hulle werk effektief doen nie.  Hy verkies om hierdie roetine dienslewering op 'n basis van krisisbestuur instand te hou, instead van om op 'n rooster te werk waar elke inwoner 'n volledige diens ontvang.  Nou jaag trekkers soos bye van die een krisis na die ander en die werkers maak misbruik van die bestuurstelsel.  Hoekom dan, kry 'n privaat maatskappy dit reg om in 4 dae die hele dorp te ledig????    

HB: Die suigtenkdienste word ook bemoeilik deur ou toerusting wat onklaar raak en eienaars wat wag totdat die tenk oorloop voordat daar gerapporteer word.  Roetinedienste word bemoeilik toerusting wat breek.  

CV: Goeiste!!  Mnr Breytenbach moet hierdie vraag van eienaars wat WAG DAT HULLE TENKS OORLOOP VOORDAT HULLE DIT RAPPORTEER nie in Sannieshof se strate vra nie.  Dit is op rekord dat daar oorloopsuigputte al vir 6 maande gerapporteer is sonder enige dienste ontvang.  Inwoners inspekteer daagliks hulle septiese tenks om die vlak te bepaal en wanneer die tenk halfvol is begin hulle al rapporteer om hopelik voordat die drein begin oorloop.  Dit werk ook nie!!!  MAAR – Hoekom moet inwoners daagliks septiese tenks inspekteer???  Is dit nie veronderstel om 'n roetine diens van 'n munisipaliteit te wees nie?

HB: Die diens sal op standaard bedryf word ná die nuwe tenkwaens gelewer is in die oorspronklike woongebiede van Sannieshof en Ottosdal.

Vr die gedeeltes van Sannieshof en Ottosdal wat nie oor gravitasierioolnetwerke beskik nie word daar in die 2009/10 finansiële jaar voorsien vir die beplanning en ontwerpe.

Die instandhouding van bestaande gravitasierioolnetwerke is ook agter en daar word gewerk om hoëdruk- gespesialiseerde toerusting in te bring om die agterstand uit te wis.

Rioolsuiweringsaanleg

HB: In Delareyville en Ottosdal word nuwe rioolsuiweringsaanlegte tans opgerig teen respektiewelik R26 en R40 miljoen rand.

Die vorige direkteur het reeds te kenne gegee dat 'n tegnoloog die aanleg sal moet bedryf. Daar sal opgeleide operateurs wees met die nodige opleiding om die aanleg te bedryf.

Die opgradering van Sannieshof se oksidasiedamstelsel na 'n geaktiveerde slykstelsel se beplanning en ontwerp is begroot vir 2009/10. Waterspec cc. sal monitering doen en bystand verleen waar nodig met die huidige stelsel.

Atamelang se oksidasiedamstelsel sal ook volgens tersaaklike wetgewing deur Waterspec cc gemonitor word.

Daar bestaan nog baie waaroor ek kan uitwei, maar dít vir later.

Binne 'n enkel jaar is ek trots en oortuig dat ek my bes doen met dít wat tot my beskikking is en voltydse aandag, sewe dae per week.

Ek is nie in die politiek nie, en wil ook nie meeding met mev. C. Visser se strewe na die politiek nie.

CV: En nog hoor Mnr Breytenbach my nie of verstaan hy my nie……… ek het dit in soveel skrywes aan hom gerig dat dit politiek is wat ons gefaal het.  Ek is nie 'n politikus nie en voordat politiek nie prakties 'n daadwerklik waarneembare verskil kan bewys nie, sal EK NIE GLO AAN 'N POLITIEKE OPLOSSING IN 'N BESTUURSTELSEL WAT MOET WERK NIE.

HB: Dit is net jammer dat publieke ongehoorsaamheid vir eie gewin bevorder word. As daar gekla word nadat jy gelde weerhou, is die vraag: waar moet die fondse vandaan kom om die klagtes mee te finansier en aan te spreek?

CV: En…….. na jare se gekla en jy kyk na die huidige begroting van R159 miljoen en jy sien dat net 'n kwart persent daarvan in Sannieshof in hierdie geval ter sprake is ….. sjoe, dan wonder mens waar op aarde verdwyn die miljoene heen en hoe kan die 'kleingeld' by ons 'n kontantvloei probleem veroorsaak???  Maak dit sin?

HB: Mev. C. Visser is baie oningelig en versprei kwaadwillig foutiewe inligting om haar en haar organisasie te sterk.

CV: Feite is feite …… bewys dan dat die inligting, die fotos, die bedrog en korrupsie van sake wat gemaak word en nooit vervolg word nie ens ens ens dan word dit 'kwaadwillige en foutiewe inligting genoem?'  Die optrede van Tswaing het die regverdiging van 'n Community Based Organization genoodsaak soos die wette dit voorskryf.

HB: Ons hou nie voor dat daar nie probleme is nie, maar gemeet aan die huidige omstandighede wat nie deur my geskep is nie, behoort daar meer positiewe houdings, repek, en verdraagsaamheid te wees vir wettige instansies, persone, personeel en strukture. Publieke ongehoorsaamheid, swak publikasies en "one man bands" sal nie verbetering daarstel nie.

CV: Doen iets en hou op tyd mors om die Sannieshoffers van ongehoorsaamheid te beskuldig.  Vir 2 jaar het Sannieshoffers positief tot die probleme probeer bydra sonder enige sukses of ondersteuning van Tswaing.  Ons het nog net ervaar dat al Tswaing se planne in papierwerk en beplannings opgesluit lê.

HB: Ek versoek praag.co.za ernstig, dog dringend om inligting te verifieer alvorens ons onwaarhede publiseer. Ek nooi u uit om ons te besoek vir 'n feitesending oor die breë spektrum. Om een poel riool wat gestort het, af te neem en dit as vir die algemene toestand oor 560 vierkante kilometer uit te maak, is absurd.

CV: Die NEMA Wet is spesifiek dat alle riool wat gestort word 'n vervolgbare oortreding is en dat geen riool in 'n rivier mag afloop en die omgewing besoedel nie.  Die feitesending sal verwelkom word ook wanneer die rioolwaens die riool direk in die vlei stort omdat werkers haastig is om klaar te maak.

online casino free bet no depositФильчаков прокурор отзывы

Tswaing – net nog ‘n ‘modelmunisipaliteit’ onder ANC-bestuur

Die Tswaing-munisipaliteit is besig om al hoe meer nuuswaardig te raak, volgens inwoners. 'n Dispuut tussen die inwoners van al drie dorpe in sy distrik (Delareyville, Ottosdal, Sannieshof, 4 woongebiede en 26 statte) en die munisipaliteit is reeds aanhangig gemaak as gevolg van swak dienslewering en die totale agteruitgang van die gebied oor die afgelope 5 jaar.

Tswaing-munisipaliteit is tans besig met verskeie hofsake en verskeie eise van sakeondernemings wat nie vir gelewerde dienste betaal is nie.

Die tegniese hoof van die munisipaliteit, mnr Hennie Breytenbach, het op 23 Mei ook 'n saak van betreding en opsetlike saakbeskadiging teen die voorsitster van SIBU (Sannieshof-belastingbetalersunie), mev Carin Visser, gemaak. Die saak is uitgegooi deur die direkteur van staatsaanklaers van Noordwes op grond daarvan dat geen betreding en geen kwaadwillige beskadiging plaasgevind het nie aangesien mev Visser met 'n rehabilitasieproses van die rioolwerke besig was. Die rioolwerke van Sannieshof het vanaf 1999 nog nooit volgens die ingenieursplanne gewerk nie, omdat die kabel en pomp wat die rioolwater moes wegpomp nog nooit geïnstalleer is nie.

Volgens mev Visser is "die pot nou besig om oor te kook".

Werknemers van Tswaing het die afgelope week sensitiewe inligting omtrent bedrog en korrupsie openbaar gemaak. Tswaing gebruik 'n bankrekening by Standardbank in die naam van 'n privaatpersoon waarin hulle geld onregmatig inbetaal. Hierdie geld word verkry van rekenings wat ingestuur word van sogenaamde diensverskaffers wat namens Tswaing sekere roetinewerk verrig. Die rekenings word dan in die rekeningafdeling ge-"fix" en verdubbel of verdriedubbel. Die sogenaamde diensverskaffer word dan net 'n gedeelte van sy rekening betaal en die res gaan na die Standardbankrekening.

Al die lede van die uitvoerende komitee maak van die fondse in hierdie rekening gebruik. Hierdie rekening word ook gebruik as "slice" of omkoopgeld waarmee hulle sensitiewe sake beheer.

Personeel lede uit Tswaing se hoofkantoor, wie se identiteit ter wille van hul persoonlike veiligheid nie bekend gemaak mag word nie, bevestig dat burgemeester Manketsi Tlhape en die munisipale bestuurder amper nooit op kantoor is nie en selde vir afsprake beskikbaar is. Die werknemer sê dat hy/sy nie meer weet wat om te sê wanneer afsprake gemaak word en die persone vir die afsprake opdaag en die burgemeester en munisipale bestuurder nie in die kantoor of in die dorp is nie.

Daar is geen deursigtigheid by projekte of tenders nie. Die landbougronde van Tswaing word onderlangs geskik en verhuur sonder dat daar ooit enige tenderprosedure gevolg word. Projekte wat onlangs geloods is, is die aankoop van beeste vir 'n lanbou-opheffingsplan. Daar is feitlik geen beeste meer oor nie en niemand weet wat van die beeste geword het nie.

Op 'n ander plaas is "opkomende boere" van boerbokke voorsien. Die DBV is onlangs in kennis gestel dat die bokke oor naweke in 'n stoor sonder enige kos of water toegemaak word en eers weer Maandae oopgemaak word. Van die ooie het nou begin aborteer.

Daar bestaan verder 'n projek met die naam "Zambië". Dit word deur die burgemeestersfonds gefinansier. Net buitekant Delareyville is groentetonnels opgesit wat nooit enige produksie opgelewer het nie en met die tyd deur die wind en weer verwoes is. Daar was altyd 'n trekker en grondbewerkingstoerusting te sien. Dié toerusting het intussen verdwyn. Maar – uit hierdie fonds ontvang 'n sekere mnr Banda maandeliks 'n baie groot salaris. Mnr Banda werk nie vir die munisipaliteit nie, maar besit verskeie busse en taxi's. Hierdie projek het dit ook moontlik gemaak dat die burgemeester verlede jaar 'n plaas kon aankoop.

Kontrakte rondom die onteiende gronde in die gebied spesifiseer dat die munisipale bestuurder as opsigter daaroor aangestel word. Hoewel dieselfde kontrakte bepaal dat geen munisipale amptenaar finansiële voordeel uit die grond mag verkry nie, is die munisipale bestuurder, mnr Legoete, die burgemeester, die streeksburgemeester en 'n paar raadslede die eienaars van 'n gedeelte van die plaas Dwaalkraal en het die "opkomende boere" wat die gronde moes ontvang om ekonomies te kom boer veel kleiner gronde ontvang. Die oorspronklike woonhuis op Dwaalkraal is deur die burgemeester opgeraap om as haar ampswoning te dien of 'n gastehuis van te maak volgens die inligting wat van een van die bronne in die munisipaliteit verkry is.

Tswaing besit verder die Henk Joubert-wildsplaas by Delareyville. Tans word daar sonder permitte en die toelaatbare advertensieprosedure gejag en word daar geen vervoerpermitte vir karkasse voorsien nie. 'n Jagter van 'n bekende jagtersvereniging het 'n verslag ingedien waarin sy grootste kommer was dat gelde ontvang word sonder die uitreiking van enige wettige kwitansie deur Tswaing-munisipaliteit. Mnr Hennie Breytenbach en mnr Boek Pelser is die verantwoordelike persone wat hierna omsien.

Die stadsaal se koelkamer en kombuis word gebruik om van die karkasse heen te neem. Met die neem van die foto's was die totaal onhigiëniese toestande in die plek duidelik waarneembaar. Karkasse word nie opgehang nie, maar op mekaar gestapel. Waterbokke, wat kliere in hulle bene het, moet opgehang word anders skei die kliere 'n stof af wat die vleis onbruikbaar maak.

Die rioolpompstasie by die Delareyville-hospitaal is buite werking. Mnr Breytenbach is ten volle bewus hiervan. Die riool word nou met vragmotors geneem en gestort in die soutpanne by die wildsplaas en by die stormwateraflope na die soutpan waar duisende flaminke broei.

Die departement Waterwese het in Junie 2008 al vir mnre Legoete en Breytenbach opdrag gegee dat die rioolstorting in die Hartsrivier gestaak moet word en dat die rioolplase funksioneel bestuur moet word. Daarvan het niks gekom nie.

casinoАлександр Фильчаков