Die Afrikaner maak homself bekend in ‘n groot aantal sosiaal-maatskaplike strukture en organisasies. Die strukture verskil van mekaar betreffende die religieuse rigtingvraag, asook ‘n spesifieke etos wat onderliggend is aan elke struktuur.
Daar is vier oorhoofse groeperinge wat weinig indien enige kontak met mekaar het. Dit is:
* Die Afrikanerfront (Andries Breytenbach), waarby ingesluit word die Tussentydse Afrikanerberaad (Jaap Kelder)
* Die Afrikaanse Belangegroep, waarby ingesluit is die Afrikanerbond (Jan Bosman), die FAK (Danie Goosen) en waarmee assosieer ook Solidariteit (Flip Buys) en Afriforum (Kallie Kriel).
* Die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (Lets Pretorius), waarby ingesluit is die Boere Vryheidsinisiatief.
* Organisasies met ‘n religieuse verootmoedigingsmotief soos die Afrikaner Alliansie (Anton Knoetzé), die Geloftevolkkomitee (Flip Swanepoel) asook die Teokratiese Komitee (Jann Schlebusch).
Dit is met ‘n voorbehoud goed so! Die voorbehoud is dat as daar aansluitende samewerking is en kruisbestuiwende kommunikasie tussen die organisasies plaasvind, dan is dit in orde. ‘n Moderne beskaafde gemeenskap onderskei homself juis van primitiewe gemeenskappe deur die diversiteit midde die eenheid. Die keersy van die voorbehou is dat as daar geen kontak tussen die organisasies is nie, en die organisasies mekaar bestry, dit selfvernietigend kan wees. Om aansluitende samewerking te bewerkstellig het ‘n aantal persone ‘n tyd gelede besluit om bg. organisasies te nooi vir ‘n kenmekaarkonferensie. Die sameroepers was: Steyn van Ronge (AWB), Johann Wingard (Veteraan), Dan Roodt (Praag), Christo Landman (Afrikaner Alliansie) en Kas Bakkes (Veteraan). ‘n Geslaagde konferensie is op 7 Junie 2010 in Pretoria gehou, waar verteenwoordigers van sowat twintig organisasies hulle instellinge aan mekaar bekend gestel het. Uit die Afrikaanse Belangegroepering het net die Afrikanerbond (Jan Bosman) meegedoen en het organisasies soos Solidariteit nie eers op die uitnodiging reageer nie.
By genoemde konferensie is eenparig besluit om die kenmekaargesprek na ander uit te brei. Christo Landman (082 854 75 16) is met die organisatoriese reelings belas. Daar is op twee opvolgkonferensies besluit: op 7 Augustus 2010 in Pretoria en op 10 Oktober 2010 te Bothaville. Die Geloftevolk en Teokratiese Komitees sal as gashere tydens die Oktober-byeenkoms optree.
Wat die 7 Augustus-konferensie betref, wat in die Ryndalgebou (adres: The Hillside 318, Lynnwood) gaan plaasvind, word die volgende temas aan die orde gestel:
* ‘n Analise van selfbeskikking m.b.t. grondwetlike artikels 185 en 235 asook die bevindinge van die Volkstaatsraad (referent dr. Johann Wingard, voormalige voorsitter van die Volkstaatsraad)
* Die Funksies van ‘n burgerlike owerheid vir etniese Boere-Afrikaners (dr. Anton Knoetze, Kommissaris van die grondwetlike Kommissie vir Gemeenskapsregte)
* Die vraagstuk in die samestelling van ‘n burgerlike organisasie vir etniese Afrikaners. Die demokratiese verkiesingsmetode (mnr. Paul Kruger van die VVK). Die Konsosiatiewe model van Arend Lijphart toegepas (dr. Christo Landman.)Die metodiek van die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (dr. Lets Pretorius)
* ‘n Alternatiewe politieke model tot liberalisme en kollektivisme. Die Teokrasie as Christelike staatsmodel (dr. Jann Schlebusch). Die Christen-demokratiese regstaat (mnr. Francois van Zyl).
* Alternatiewe modelle vir aansluitende samewerking (mnr. Richard Botha, Stadsraadlid van die CDP)
Praaglesers wat belangstel om hierdie konferensie mee te maak, word vriendelik uitgenooi om die Sekretaris by clandman@netactive.co.za van u voorneme in te lig en om R100 per persoon op die volgende Afrikaner Alliansie se Absarekeningnommer nommer 909 134 80 30 oor te betaal. Dit sluit in Saalhuur en etes.
