DA, Afriforum en Solidariteit sink VF+

Die VF+ het gekrimp tot kleiner as die ACDP (17 setels), UDM (25 setels) en die PAC (17 setels). Met onafhanklike kandidate wat 37 setels ingepalm het, het die party ‘n uitklophou by die stembus gekry.

Die VF+ kon slegs 15 setels verseker, nadat die enigste wit Afrikaanse party in 2006 79 setels verower het. Dit beteken in wese nou minder as 1% steun landwyd.

Dr. Pieter Mulder, ook adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, se deelname aan die ANC-regering het waarskynlik vir die ineenstorting by die stembus gesorg. Die adjunkminister kon nie daarin slaag om naderende grondhervorming werklik aan te spreek nie.

Mulder het ook verkies om nie die platform te gebruik om etniese politiek te voer nie en was met sy uitsprake al geruime tyd in die skadu van die DA, net soos Solidariteit en Afriforum.

Laasgenoemde twee organisasies het hulle werknemers en ampsdraers in aanloop tot die pas afgelope munisipale verkiesing lidmaatskap van die VF+ verbied, wat waarskynlik dié party die finale nekslag toegedien het. Beide Solidariteit en Afriforum ondersteun die DA.

Die VF+ se doelwit van Afrikaneronafhanklikheid is ook lankal reeds deur die leierskap versaak ter wille van korttermyn poltieke gewin. Onafhanklikheid is ‘n ongewilde boodskap by kiesers wat deur die Afrikaanse hoofstroommedia gestigmatiseer is om Suid-Afrikanerskap en ‘n eenheidstaat te bevorder.

Mulder het aan Media24 gesê Vryheidsfronters het “strategies gestem” en dat hy “geen antwoord gehad het” teen die DA se verkiesingsboodskap nie. “Die DA het baie van ons steun afgeneem.”

Hy het beklemtoon dat kleiner partye steeds bestaansreg het omdat hulle na minderhede se spesifieke belange omsien. Dié boodskap wat veral op munisipale vlak moes inslag vind, is egter grootliks deur Afrikaanse kiesers geïgnoreer.

By partyondersteuners heers daar skok en ongeloof oor die beroerde vertoning, alhoewel dit reeds klaarblyklik vir die bestuur duidelik was dat hulle geen kans teen die DA, wat die ondersteuning van Afriforum, Solidariteit asook die FW de Klerk-Stigting geniet, staan nie.

сколько носят брекетыФильчаков Александр Васильевич

‘Skiet die boer’ is haatspraak én aanhitsing tot moord

Regter Leon Halgryn, waarnemende regter, het Maandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof uitspraak gelewer betreffende “Skiet die boer”. Volgens dié uitspraak is die lied nie alleen haatspraak is nie, maar ook aanhitsing tot moord.

Hy het die ANC se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys. Die regerende party het verlede jaar ‘n aansoek om appèl gebring.

As rede is aangevoer dat die lied deel van die geskiedenis van die sogenaamde “struggle” uitmaak.

Die ANC se aansoek om as ‘n party tot dié saak toe te tree is met koste van die hand gewys.

Halgryn se uitspraak hou nie verband met die haatspraakklag teen Julius Malema nie.

play online slotsФильчаков прокурор харькова

ANC oortree verkiesingskode

Die Vryheidsfront Plus gaan vandag ‘n klag by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) teen president Zuma lê vir sy uitsprake wat hy in die Vrischgewacht-township naby Delareyville aan kiesers gemaak het.

Zuma het volgens Beeld (13/05/2011) gesê dat diegene wat hulle rug teen die ANC draai, teëspoed sal moet trotseer en aan die ANC-voorvaders verantwoording sal moet doen wanneer hulle sterf. Volgens dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, is hierdie optrede van Zuma ‘n duidelike verbreking van die OVK se verkiesingskode. “Zuma se gedrag is eerstens intimiderend van aard deurdat hy vrees by kiesers inboesem oor die gevolge van ‘n stem anders as vir die ANC en tweedens misbruik hy sy posisie van tradisionele gesag om kiesers te beïnvloed om ‘n stem vir die ANC uit te bring,” het dr. Mulder verder gesê.

Die verkiesingskode is ingevolge artikel 9(1)(a)(ii) baie duidelik dat intimiderende gedrag ontoelaatbaar is en ingevolge artikel (9)(2)(e) is enige gedrag waar gesag misbruik word om kiesers te beïnvloed om op ‘n sekere wyse te stem, verbied.

Hierdie klagte teen Zuma word gebring teen die agtergrond van verskeie uitsprake deur Zuma en ander senior ANC-lede wat kiesers gereeld bombardeer met godsdienstige boodskappe en vergelykings met die Christelike Godheid. Hierdie gedrag is vir meeste Christene, insluitende die VF Plus, ‘n steen des aanstoots en kan beskou word as godslasterend. Dit is ‘n aanduiding van die ANC se desperaatheid om stemme te werf en te behou vir die komende verkiesing.

“Die ANC se optrede is ‘n gevolg van een-party wat regeer en te sterk geword het. Dieselfde sal gebeur indien enige ander party alleen in bewind kom en al die verskillende groepe en oortuigings moet verteenwoordig. Koalisiepolitiek, waar meer as een party saam regeer, hou die voordeel van meer wigte en teenwigte teen magsmisbruik in,” het dr. Pieter Mulder bygevoeg.

best social mediaФильчаков прокурор харьков

VF Plus lê klag teen Zuma

Die Vryheidsfront Plus gaan vandag ‘n klag by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) teen president Zuma lê vir sy uitsprake wat hy in die Vrischgewacht-township naby Delareyville aan kiesers gemaak het.

Zuma het volgens Beeld (13/05/2011) gesê dat diegene wat hulle rug teen die ANC draai, teëspoed sal moet trotseer en aan die ANC-voorvaders verantwoording sal moet doen wanneer hulle sterf. Volgens dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, is hierdie optrede van Zuma ‘n duidelike verbreking van die OVK se verkiesingskode. “Zuma se gedrag is eerstens intimiderend van aard deurdat hy vrees by kiesers inboesem oor die gevolge van ‘n stem anders as vir die ANC en tweedens misbruik hy sy posisie van tradisionele gesag om kiesers te beïnvloed om ‘n stem vir die ANC uit te bring,” het dr. Mulder verder gesê.

Die verkiesingskode is ingevolge artikel 9(1)(a)(ii) baie duidelik dat intimiderende gedrag ontoelaatbaar is en ingevolge artikel (9)(2)(e) is enige gedrag waar gesag misbruik word om kiesers te beïnvloed om op ‘n sekere wyse te stem, verbied.

Hierdie klagte teen Zuma word gebring teen die agtergrond van verskeie uitsprake deur Zuma en ander senior ANC-lede wat kiesers gereeld bombardeer met godsdienstige boodskappe en vergelykings met die Christelike Godheid. Hierdie gedrag is vir meeste Christene, insluitende die VF Plus, ‘n steen des aanstoots en kan beskou word as godslasterend. Dit is ‘n aanduiding van die ANC se desperaatheid om stemme te werf en te behou vir die komende verkiesing.

“Die ANC se optrede is ‘n gevolg van een-party wat regeer en te sterk geword het.  Dieselfde sal gebeur indien enige ander party alleen in bewind kom en al die verskillende groepe en oortuigings moet verteenwoordig. Koalisiepolitiek, waar meer as een party saam regeer, hou die voordeel van meer wigte en teenwigte teen magsmisbruik in,” het dr. Pieter Mulder bygevoeg.

play online casinoФильчаков прокурор харьков

DA-, OD-lede loop oor na VF Plus

‘n Aantal sleutelrolspelers van die Demokratiese Alliansie en die Onafhanklike Demokrate in Gauteng is vandag amptelik deur die VF Plus in hul nuwe politieke tuiste verwelkom.

Mnr. Christo Smith het kort voor die OVK se afsnytyd vir die nominasie van kandidate as sittende raadslid van die DA in Midvaal bedank en hom by die VF Plus aangesluit.

Volgens die leier van die VF Plus in Gauteng, mnr. Jaco Mulder, vorm die Midvaal en Kaapstad munisipaliteite ‘n steunpilaar vir die DA-verkiesingsveldtog terwyl ‘n donker wolk oor Midvaal hang vanweë ondersoeke na korrupsie.

Ander prominente lede wat hulself by die VF Plus aangesluit het is mnr. Craig Bennetts wat as sittende raadslid van die DA in die  Ekurhuleni-metroraad aan die Oos-Rand bedank het en ‘n DA-genomineerde kandidaat van Suidheuwels, Johannesburg, me. Tess.

‘n Voormalige leier van die OD in Gauteng, mnr. Brian Power, staan ook as kandidaat vir die VF Plus in Johannesburg.

Mense keer die liberale raas en blaas politiek van die DA en OD die rug toe en keer terug na hul wortels. Die VF Plus word toenemend gesien as die natuurlike politieke tuiste van mense wat met ‘n Christelike waardestelsel wil bydra tot werklike oplossings.

Die Vryheidsfront Plus se navorsing onder die meer as 130 000 persone wat sy tolhekpetisie geteken het, dui daarop dat die party gaan groei in die komende plaaslike owerheidsverkiesing. Daar is vasgestel dat tussen meer as 70% van die ondertekenaars bereid sal wees om die VF Plus in die verkiesing te steun. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Kommunikasie, is die steun ‘n mengsel van ou en nuwe ondersteuners. “Heelwat van die petisielede het aangedui dat hulle vir die eerste maal die VF Plus gaan steun weens sukses wat die party behaal met die beskerming van die belastingbetaler teen uitbuiting.

Die VF Plus is tans die derde grootste opposisieparty in Gauteng naas die DA en Cope. Met die binnegevegte in Cope asook groei in steun vir die VF Plus kan die party dalk na die verkiesing van 18 Mei 2011 groei tot die tweede grootste opposisieparty in Gauteng.

Die VF Plus sal na die verkiesing bereid wees om saam met ander opposisiepartye koalisies te vorm soos die party in 2006 in Kaapstad en George gedoen het.

Die VF Plus gee op hierdie wyse aan Afrikaners, minderhede en kiesers wat sy waardestelsel deel, inspraak in plaaslike regering.

купить велосипед украинаданильченко юрій броніславович

Verkiesingsprojeksies

As alle opposisiekiesers gaan stem en groot getalle ANC-kiesers wegbly van die stembus, kan sekere metrorade en enkele plaaslike rade deur koalisies van opposisiepartye regeer word.

Onrealistiese voorspellings deur politieke partye mag kort termyn voordeel inhou, maar maak dat opposisiekiesers wat na die uitslae teleurgestel is, anti-politiek en apaties in die toekoms word.

Van die 283 rade het die DA in 2006 sewe rade gewen, die IVP 33 en die ANC meer as 200. Enkele rade is met koalisies regeer.

Hierdie verkiesing gaan daar meer koalisieregerings wees en kiesers gaan begin om die voor- en nadele van die proporsionele kiesstelsel beter te verstaan. Koalisies maak dit moontlik dat kleiner partye groot bedinging kry waar hulle na die verkiesing die deurslaggewende rol in sekere metro’s en rade gaan speel. Die VF Plus gaan in al hierdie koalisies saam met ander opposisiepartye ‘n belangrike rol speel.

Waarom koalisies? Omdat die syfers en projeksies wys dat, behalwe dalk vir Kaapstad, geen opposisieparty alleen die ANC in die metro’s gaan wen nie.

Voorbeeld: Met die vorige plaaslike verkiesing in 2006 kon geen party meer as 50% in Kaapstad kry nie. Die DA het 41% gekry. Danksy ‘n koalisie tussen die DA, VF Plus, ACDP en enkele ander partye is geslaag om die ANC in opposisie te kry. Kaapstad het 210 raadslede en die Speaker het ‘n beslissende stem as daar gelykop gestem word. Met die eerste stemming is ‘n VF Plus-raadslid met 105 teen 104 stemme as Speaker gekies. Hierna het hy ‘n beslissende stem gehad waarmee die ANC in opposisie gehou is. As deel van die ooreenkoms is mev. Zille daarna as burgemeester verkies.

Hoe broos hierdie koalisie na vyf jaar steeds is, blyk uit die feit dat die DA in Kaapstad vandag (11 Mei 2011) ‘n noodkoukus gehou het en probeer om die vergadering te kanselleer waarop die begroting goedgekeur moes word. Hulle wil die vergadering kanselleer omdat sommige OD-raadslede nie die begroting ondersteun nie, en die DA bang is hulle verloor ‘n stemming so kort voor die verkiesing waar Kaapstad as die model van DA-regering voorgehou word.

Waar kan hierdie patroon herhaal word?

Naas Kaapstad het opposisiepartye die beste kans om in die Nelson Mandela (Port Elizabeth) metroraad dit te herhaal. In 2009 het die ANC 50% van die stemme in hierdie metro gekry. Die DA het 28% gekry. Omdat dit nie moontlik is om in minder as twee jaar van 28% na 50% te groei nie, gaan samewerking met die VF Plus, Cope en ander partye nodig wees om die ANC in opposisie in te forseer.

Dit gaan moeiliker wees in Johannesburg en Pretoria waar die ANC in 2009 63% en 61% gekry het teenoor die DA se 20,8% en 24,9% onderskeidelik. Verantwoordelike samewerking tussen opposisiepartye mag dalk ook hier tot sukses lei.

Ons navorsing en werwing wys dat realisme nodig is wanneer voorspellings oor die verkiesingsuitslae gemaak word. Die huidige onrealistiese voorspellings maak dat opposisiekiesers wat na die uitslae teleurgestel is, anti-politiek en apaties word.

Voorbeeld: Met die 2009 verkiesing het die DA ‘n veldtog geloods met die boodskap dat hulle Zuma kan stop. Toe die uitslag kom het die ANC 65% en die DA 16% gekry. Dit is veral ook waarneembaar in provinsies waar die verwagting by die vorige verkiesing gewek is dat die ANC uitgestem kan word. Kiesers was geskok toe Cope, en nie die DA die amptelike opposisie in vyf van die nege provinsies is. Die gevolge is dat daar tans kiesers is wat weier om te stem. Hulle voel hulle is die vorige verkiesing mislei deur hierdie veldtog en dat hulle stemme nou geen verskil gaan maak nie.

Uit die verlede blyk dit dat daar nie ingrypende verandering in stempatrone intree tussen die nasionale verkiesing en die plaaslike verkiesing twee jaar later nie. Opposisiepartye vaar gewoonlik ‘n paar persentasiepunt beter in die plaaslike verkiesing.

‘n TNS navorsingsopname wat in Februarie in metropolitaanse gebiede gemaak is, het bevind dat 73% van die kiesers beplan om weer vanjaar vir dieselfde party te stem. Die opname het ook bevind dat persone wat ongelukkig is met hulle party, oorwegend gaan wegbly eerder as om vir ‘n ander party te stem.

Die navorsing het aangetoon dat die hoogste stempersentasies in Durban, Port Elizabeth, Bloemfontein en die Oos-Rand verwag word. Lae stempersentasie word vir Soweto, die Vaaldriehoek, die Suid-Rand en Oos-Londen voorspel.

Dit kan aandui dat opposisiekiesers wel meer gaan stem terwyl ANC-kiesers makliker gaan wegbly.

Die DA het in 2009 Wes-Kaap provinsiaal gewen. Die tendens behoort voort te duur. In die ander provinsies was die DA-uitslae in 2009: Gauteng 21,8%; KZN 9,1%; Noordwes 8,2%; Limpopo 3,4%; Mpumalanga 7,4%; Oos-Kaap 9,9%; Noordkaap 12,5% en Vrystaat 11,6%. Dit is hierdie werklikhede wat maak dat navorsing wys dat een enkele party nie alleen die ANC sal wen nie, maar dat koalisies dit wel kan doen.

хамам что этоФильчаков

Meld klagtes direk by munisipaliteit aan

Die Vryheidsfront Plus het vandag ‘n diens saam met Mobilitate (www.mobilitate.co.za) geloods waar inwoners munisipale probleme direk by munisipaliteite kan inhandig. Hierdie diens sal beskikbaar wees op die webwerf www.mymunisipaliteit.org.za en is bykomend tot die bestaande diens waar swak dienslewering by die Verbruikerskommissie aangemeld kan word. Hierdie diens is tekenend van die mag wat tegnologie vir die gewone belastingbetaler en burger kan gee. Belastingbetalers is nou bemagtig om in die gemak van hulle huise direk ‘n klagte by hulle munisipaliteit aan te meld. Geen meer tyd sal gemors word deur in rye te staan en oproepe na munisipale dienssentrums te maak waar oproepe nie beantwoord word nie. Mobilitate se span sal klagtes monitor en druk plaas op munisipale owerhede om spoedige oplossings te verseker. Indien die munisipaliteit nie reageer nie word die inligting gepubliseer en kan die klagte deur die inwoner by die Verbruikerskommissie aangemeld word. Die kommissie kan die munisipaliteit dan dwing om diensgelde wat betaal is gedeeltelik of in geheel terug te betaal. Hierdie magte stem ook ooreen met die VF Plus se filosofie van “Geen dienste – Geen belasting”.

Hierdie vennootskap tussen ‘n politieke party en ‘n inligtingstegnologie-maatskappy vind vir die eerste keer plaas. Die belastingbetaler word bemagtig deur hierdie diens omdat munisipaliteite onder druk geplaas word om die dienste te lewer waarop inwoners geregtig is.

Die dienste beskikbaar op www.mymunisipaliteit.org.za sluit die volgende in:

1. Klagtes gelê direk by ‘n munisipaliteit. Die webwerf beskik ook oor ‘n kaart wat presies aandui waar die probleem voorkom en die GPS-koördinate word ook na die munisipaliteit saam met die klagte gestuur sodat reaksie vinnig kan plaasvind;

2. Klagtes na die Verbruikerskommissie. Die Verbruikerskommissie is in terme van die Wet op Verbruikersbeskerming daargestel om swak dienslewering in die algemeen aan te spreek, ook by munisipaliteite en gee verreikende magte aan die Kommissie om tariewe terug te eis van diensverskaffers en munisipaliteite;

3. Voorstelle aan munisipaliteite. Die webwerf maak voorsiening dat voorstelle ook aan die betrokke munisipaliteit gegee kan word, soos die oprig van ‘n spoedteken by ‘n skool of die opstel van ‘n nuwe verkeerslig.

баки дляФильчаков прокуратура харьков

VF+, Mobilitate loods webwerf vir munisipale klagtes

Die Vryheidsfront Plus het vandag ‘n diens saam met Mobilitate (www.mobilitate.co.za) geloods waar inwoners munisipale probleme direk by munisipaliteite kan inhandig. Hierdie diens sal beskikbaar wees op die webwerf www.mymunisipaliteit.org.za en is bykomend tot die bestaande diens waar swak dienslewering by die Verbruikerskommissie aangemeld kan word. Hierdie diens is tekenend van die mag wat tegnologie vir die gewone belastingbetaler en burger kan gee. Belastingbetalers is nou bemagtig om in die gemak van hulle huise direk ‘n klagte by hulle munisipaliteit aan te meld. Geen meer tyd sal gemors word deur in rye te staan en oproepe na munisipale dienssentrums te maak waar oproepe nie beantwoord word nie. Mobilitate se span sal klagtes monitor en druk plaas op munisipale owerhede om spoedige oplossings te verseker. Indien die munisipaliteit nie reageer nie word die inligting gepubliseer en kan die klagte deur die inwoner by die Verbruikerskommissie aangemeld word. Die kommissie kan die munisipaliteit dan dwing om diensgelde wat betaal is gedeeltelik of in geheel terug te betaal. Hierdie magte stem ook ooreen met die VF Plus se filosofie van “Geen dienste – Geen belasting”.

Hierdie vennootskap tussen ‘n politieke party en ‘n inligtingstegnologie-maatskappy vind vir die eerste keer plaas. Die belastingbetaler word bemagtig deur hierdie diens omdat munisipaliteite onder druk geplaas word om die dienste te lewer waarop inwoners geregtig is.

Die dienste beskikbaar op www.mymunisipaliteit.org.za sluit die volgende in:

1. Klagtes regstreeks aan ‘n munisipaliteit. Die webwerf beskik ook oor ‘n kaart wat presies aandui waar die probleem voorkom en die GPS-koördinate word ook na die munisipaliteit saam met die klagte gestuur sodat reaksie vinnig kan plaasvind;

2. Klagtes na die Verbruikerskommissie. Die Verbruikerskommissie is in terme van die Wet op Verbruikersbeskerming daargestel om swak dienslewering in die algemeen aan te spreek, ook by munisipaliteite en gee verreikende magte aan die Kommissie om tariewe terug te eis van diensverskaffers en munisipaliteite;

3. Voorstelle aan munisipaliteite. Die webwerf maak voorsiening dat voorstelle ook aan die betrokke munisipaliteit gegee kan word, soos die oprig van ‘n spoedteken by ‘n skool of die opstel van ‘n nuwe verkeerslig.

игри для детей 6 летtopcargo развод

DA verwyder Verwoerd-standbeeld

“Die DA kan nie die geskiedenis van Suid-Afrika verander deur standbeelde te verwyder nie,” was die reaksie van dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, na die verwydering van dr. Verwoerd se standbeeld in Midvaal.

“Die argument behoort nie te wees of jy met ‘n individu uit ons geskiedenis saamstem of nie, maar of dit deel van ons geskiedenis is. Koningin Victoria het ‘n aandeel gehad in die dood van my familielede in Britse konsentrasiekampe. Omdat sy ongelukkig deel van ons geskiedenis is, het ek nie geëis dat haar standbeelde by die Parlement en ander plekke in Suid-Afrika verwyder word nie. Waarom verwyder die DA nie nou ook die standbeeld van Jan van Riebeeck in Kaapstad’ as die oorspronklike koloniale veroweraar ‘ asook die van Koning Victoria in Kaapstad nie?” het dr. Mulder gevra.

Waar daar ‘n gevoel is dat die geskiedenis nie volledig is nie, het die VF Plus al in die verlede voorgestel dat nuwe standbeelde opgerig word van byvoorbeeld vorige ANC-leiers soos Oliver Tambo en Nelson Mandela. In die geval van Midvaal was dr. Verwoerd vir baie jare die Parlementslid vir die Midvaalgebied en daarom is die standbeeld daar opgerig en tot op datum deur die ANC daar gelaat.

In baie Afrikastate is een van die bydraende redes vir die permanente onstabiliteit die feit dat alle geskiedenis, standbeelde en straatname van ‘n vorige president telkens deur die nuwe president vervang is.

Na die val van die Berlynse muur en die hereniging van Duitsland, is besluit om die kommunistiese standbeelde en name in Oos-Duitsland te behou omdat dit deel van hulle geskiedenis is. Dit is ‘n meer verstandige benadering tot ‘n land se geskiedenis. ‘n Ander benadering sal beteken dat die PAC byvoorbeeld alle ANC-straatname en -standbeelde verander as hulle aan bewind sou kom in Suid-Afrika.

Stadsrade soos Midvaal en andere moet eerder belastinggeld aan dienslewering spandeer as om dit te mors op die verandering van straatname en die verwydering van monumente.

“Die DA is geen vriend van die Afrikaner nie,” het mnr. Jaco Mulder, LPW en leier van die Vryheidsfront Plus in Gauteng, gesê.

Dr. Verwoerd het ‘n historiese verbintenis met Meyerton gehad en hierdie stap van die DA  kom neer op die minagting van ‘n stuk kultuurerfenis van die dorp.

Jaco Mulder het bygevoeg dat enige politieke party wat die geskiedenis van ‘n kultuurgroep minag, geen plek in ‘n diverse politieke landskap soos Suid-Afrika verdien nie.

Die voorsitter en burgemeesterskandidaat van die VF Plus in Midvaal, mnr. Corrie Pyper, het op die toneel tydens die verwydering gesê dat daar geen plek vir die Afrikaner en sy kultuur in die DA is nie en dat die DA die aksie berekend in die nag twee weke voor die plaaslike owerheidsverkiesing uitgevoer het om politieke guns by swart kiesers van Midvaal te wen.

Die DA sal die stap aan die hoofsaaklik Afrikanergemeenskap van Midvaal, met wie se mandaat hy die raad regeer, moet verduidelik. Dit is die resultaat van ‘n liberale en identiteitlose samelewing van individue wat die DA nastreef.

дома для куколлобановский класс

PRAAG uiters bekommerd oor SA persvryheid

Ter geleentheid van Wêreldpersvryheiddag wat vandag gevier word, het PRAAG sy “uiterste kommer oor Suid-Afrikaanse persvryheid” uitgespreek. Die leier van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, dr. Dan Roodt, het in Johannesburg verklaar: “Ope debat en om dissidente menings uit te spreek, word toenemend in Suid-Afrika aan bande gelê. Die regerende party beheer die SAUK terwyl die toenemende monopolie van Naspers oor veral die Afrikaanse media tot ‘n afname in gehalte en ‘n toename in onverdraagsaamheid gelei het.”

Kunstenaars, skrywers en rubriekskrywers word óf stilgemaak óf belaster, dikwels deur smerige stories oor hul privaat lewens of ongegronde beskuldigings dat hulle “rassiste” is. “Dit wissel van die rubriekskrywer David Bullard tot die sanger Steve Hofmeyr wat deur groot dele van die media verguis is omdat hulle nie deel uitmaak van die kabaal wat ‘die groot saamstem’ in ons land fabriseer nie,” het Roodt gesê. “Die totalitêre gees is springlewendig in Suid-Afrika en word bestendig deur sowel die onbeskaamde kommuniste in die heersende ANC/SAKP as die voormalige sikofante van apartheid, soos Naspers. Paradoksaal genoeg, is dit vandag veel moeiliker om gepubliseer of gehoor te word as wat dit onder die voormalige Nasionale Party-regering was. Indien dit nie vir die internet was nie. sou ons beswaarlik enige media-diversiteit in Suid-Afrika gehad het.”

Roodt het ‘n beroep op “skrywers, sangers, joernaliste en meningsvormers gedoen om sterk standpunt ten gunste van spraakvryheid in te neem. Ons behoort die Suid-Afrikaanse grondwet en alle wettige middele te gebruik om die kruipende eenpartystaat te beveg, asook die monopolistiese, uitsluitende taktiek van die privaatsektor. Regslui behoort ook ‘n bydrae te lewer om persvryheid in die Grondwethof te verdedig en om klagtes teen die mediamonopolie by die Mededingingsraad aanhangig te maak.”

Die leier van PRAAG het hulde gebring aan die digter en filosoof N.P. van Wyk Louw wat in vele opsigte die vader van die “oop gesprek” in Suid-Afrika was. “Reeds tydens die veertigerjare het Van Wyk Louw begryp hoe broos spraakvryheid in dié land is, gegewe ons etniese en rasse-diversiteit. Sy opvatting van die ‘oop gesprek’ het die grondslag vir verdraagsaamheid en intellektuele ondersoek in Suid-Afrika gelê. Dis ‘n verskriklike skande dat die jaarlikse Van Wyk Louw-gedenklesing ook deur regeringsideoloë aan die universiteit van Johannesburg gekaap is. Dit verteenwoordig ‘n bespotting van sy erfenis.”

укладка ламината расценки на работуОлександр Фільчаков прокурор

ET se verhoor moontlik weer uitgestel

Die Eugene Terre’Blanche-moordverhoor wat na verwagting Dinsdagoggend sou begin, kan weer uitgestel word.

Terre’Blanche is verlede jaar na bewering deur twee werkers op sy plaas aan die buitewyke van Ventersdorp in die Noordwes doodgeslaan.

Die verhoor sou oor twee weke plaasvind, maar regsverteenwoordigers sê die verhoor kan dalk nie Dinsdag soos verwag is, begin nie, omdat Puna Moroko , regsverteenwoordiger van Chris Mahlangu, hom aan die saak onttrek het.

Mahlangu gaan nou deur regshulp verteenwoordig word. Die nuwe span het die dossier eers verlede Donderdag vir die eerste keer onder oë gehad.

Die verhoor word in camera aangehoor, maar die media sal toegelaat word om die verrigtinge op kringtelevisie te volg.

кухню купить украинаДанильченко Юрий прокурор

Nederlandse koerant publiseer Afrikanerdebat

DIe invloedrykste Nederlandse koerant NRC Handelsblad, met ‘n sirkulasie van 200 000, het oor die afgelope week meningsartikels geplaas waarin die agteruitgang van Afrikaans asook diskriminasie teen Afrikaners verwoord word.

Aanvanklik het ‘n rubriek deur die skrywerpolitikus Martin Bosma verlede week op 20 April 2011 verskyn: “Nogtans sal jij aan mij gebonden bly”. Bosma is namens die Partij voor de Vrijheid lid van die Nederlandse parlement, dieselfde party waaraan Geert Wilders behoort en wat sedert 2006 geweldig gegroei het om 24 uit die 150 setels te verower. Gister op 27 April is reaksies op Bosma deur dr. Dan Roodt, Breyten Breytenbach, die Nederlandse kunstenares Melanie Silvia Kutzke en taalkundige Saskia Visser gepubliseer.

Roodt beskryf Afrikaners in die nuwe Suid-Afrika as “slagoffers van ‘n nuwe vorm van apartheid… volgens die Verenigde Nasies se definisie”. Hy verwys na die historiese bande tussen Nederlanders en Afrikaners, maar bekla die plaasmoorde en vele vorme van diskriminasie wat daar teen Afrikaners toegepas word. FW de Klerk het die die staat, die weermag, polisie, ekonomie en sentrale bank aan die ANC oorhandig, maar Afrikaners ontvang “geen woord van dank nie. As honger krokodille wil die ANC steeds méér: meer mag, meer geld, meer regte – ad absurdum.”

Tydens die onlangse Malema-hofsaak, dring die ANC volgens Roodt aan op die reg om “kulturele” oproepe tot volksmoord teen Afrikaners te maak.

Breyten Breytenbach verwerp die gedagte dat Afrikaans en Nederlands aan mekaar verbind is. “Afrikaans is geen Nederlands nie,” skryf hy. “Dis ‘n kreools wat in die mond van slawe, bediendes, plaaswerkers en boere onstaan het, as ‘n mengsel van sewentiende-eeuse Nederlandse dialekte en ander, nie-Europese tale; ‘n omangstaal soos Maleis-Portugees, wat by seelui in gebruik was. Afrikaans is dus ‘n bruin taal wat aan die stam van Nederlandse dialekte ontspruit het in die tyd toe Algemeen Beskaafde Nederlands nog nie bestaan het nie. Dit is ‘n inheemse baster.”

Die taalkundige Saskia Visser meen dat Afrikaans ‘n “allochtone taal” in Nederland is. Omdat Martin Bosma oor die voortbestaan van Afrikaans begaan is, behoort hy dus as “op die seepkis te klim… as voorvegter vir Turks, berber, Arabies, Moluks en Papiaments in Nederland”.

Dr. Dan Roodt van PRAAG het hom vandag so oor die debat uitgelaat: “Die diktatuur van politieke korrektheid veroorsaak dat daar geen rubriekskrywers soos Bosma meer in Suid-Afrika se gedrukte pers oor is wat dit waag om Afrikaans en die Afrikanertradisie te verdedig nie. Is dit nie ironies dat ‘n liberale Nederlandse koerant bereid is om sulke menings te publiseer terwyl Breyten Breytenbach se karikatuur van Afrikaans as derdewêreldkreools al mening is wat plaaslik deur die kruiperige Afrikaanse media geduld word nie? Polities korrek beteken egter nog nie taalkundige korrek nie.”

Volgens Roodt “het die Afrikaner se etniese en kulturele verdrukking in Suid-Afrika reeds ‘n internasionale kwessie geword met ‘n volksmoordondersoekspan van die Verenigde Nasies wat die land binnekort gaan besoek. Die debat in die NRC Handelsblad is deel van die internasionalisering van die Afrikaner se oorlewingstryd.”

Hier volg die artikels wat gister en eergister in die NRC Handelsblad verskyn het, in reaksie op Martin Bosma s’n.

Afrikaners: slachtoffers van nieuwe apartheid

Martin Bosma heeft gelijk. Het ‘nieuwe Zuid-Afrika’ betekent positieve discriminatie, moord op boeren en sloppenwijken, schrijft Dan Roodt.

Schrijver-politicus Martin Bosma schreef in zijn column (Opinie, 20 april) over het Nederlands en zijn wat ruigere zustertaal, het Afrikaans: „Onze talen zijn diep verbonden.” Hij leunt daarbij op citaten van enkele Afrikaanse dichters, onder wie Eugène Marais, Elisabeth Eybers en N.P. van Wyk Louw.

Het gaat om veel meer dan taal- en letterkunde. De jonge, dappere koningin Wilhelmina stuurde in 1900 het schip Hr.Ms. Gelderland naar de Delagoabaai – nu Maputobaai – om de oude, romantische president Paul Kruger te behoeden voor Britse gevangenneming en vernedering. Dezer dagen verandert de zwarte, nationalistische regering de bekende Koningin Wilhelminastraat in Pretoria van naam. Welke naam wil het ANC ervoor in de plaats? Die van Aboobaker Ismail, de pleger van de Kerkstraatbomaanslag van 20 mei 1983 in datzelfde Pretoria. Niet ver van het wakende bronzen oog van het standbeeld van Oom Paul vonden negentien mensen de dood door de Kerkstraatbom, de enige ‘militaire triomf’ van het ANC. Ruim tweehonderd anderen raakten zwaar gewond of verminkt. Merkwaardigerwijs is die blije dag niet een van de vele nationale feestdagen geworden van het postrevolutionaire Zuid-Afrika.

Op school vierde ik elk jaar op 6 april Van Riebeeckdag. Jan van Riebeeck, een Hollands ambtenaar, was de grondlegger van ons ‘Dietse volk’ in Afrika. Die vrije dag is inmiddels geschrapt en vervangen door andere – Sharpevilledag, Sowetodag, Vrouwendag, Vrijheidsdag… er is zelfs sprake van een Mandeladag, waarop we de geboorte zullen gedenken van de wereldberoemde Xhosa-politicus.

Het gaat niet goed met de Afrikaners. President Frederik Willem de Klerk overhandigde het hele land, met leger, politie, economie en centrale bank erbij, op een presenteerblaadje aan een bende onervaren oud-terroristen en expats uit Londen en Oost-Europa. Van het ANC en zijn volgelingen kwam geen woord van dank. Als hongerige krokodillen willen ze steeds méér: meer macht, meer geld, meer rechten – ad absurdum.

Vorige week nog voerde regeringspartij ANC tijdens een rechtszaak ter verdediging van hun Jeugdligaleider Julius Malema aan dat het liedje Schiet de boer deel uitmaakt van hun cultuur. Bij de zogenoemde plaasmoorde worden wij boeren daadwerkelijk vermoord door zwarten. Het ANC en Malema kennen zich het recht toe om ‘cultureel’ op te roepen tot volkerenmoord. Gemeten naar
het aantal moorden en verkrachtingen per jaar is Zuid-Afrika inmiddels het gevaarlijkste land ter wereld.

Het beleid van regstellende aksie, het Afrikaanse eufemisme voor positieve discriminatie, wordt in Zuid-Afrika draconischer toegepast dan in welk land dan ook – om een meerderheid, die de macht heeft in de politiek en in toenemende mate ook in het bedrijfsleven, te bevoordelen tegenover een machteloze minderheid. Dat honderdduizenden hoogopgeleide Afrikaners momenteel werkloos creperen in krottenwijken – plakkerskampe – is dus geen wonder.

In het Paasweekend sprak ik met mijn neefje en nichtje. Zij zijn eerstejaars aan de Universiteit van Pretoria. Deze universiteit wordt door de overheid structureel ‘verengelst’, net als al vijf andere Afrikaanstalige universiteiten. In sommige vakken worden Afrikaners en blanken –mensen van Europese afkomst – actief gediscrimineerd. Een zwarte student met een middelmatige eindexamenscore, van 50 procent, kan zich inschrijven voor geneeskunde. Een briljante Afrikaner student, met een score van gemiddeld 90 procent, wordt voor al zijn vakken afgewezen. Onze kinderen mogen niet meer studeren aan de universiteiten die we zelf hebben opgericht, gebouwd en gefinancierd.

Het ‘nieuwe Zuid-Afrika’ betekent voor Afrikaners regstellende aksie (dus discriminatie), plaasmoorde en sloppenwijken. Afrikaners zijn tweederangsburgers. We worden gediscrimineerd op grond van onze huidskleur. Hoe noem je dat? Volgens de definitie van de Verenigde Naties: apartheid.

N.P. van Wyk Louw was onze grootste dichter, maar ook een populaire filosoof, of nog beter een philosophe, in de geest van de Verlichting. Politiek omschreef hij zichzelf als „liberaal nationalist”, maar ergens in de jaren vijftig schreef hij: „De eisen van vrijheid, gelijke rechten, gelijke kansen voor allemaal is, abstract gesteld, bijna vanzelfsprekend redelijk – als we tenminste de gewone menselijkheid als uitgangspunt aanvaarden – maar toegepast op Zuid-Afrika zou dit betekenen dat het kleine, relatief hoog ontwikkelde Afrikaanse volk en het Engelse volksdeel zouden afglijden tot machteloze minderheden in een massa zwarten.”

Hoe profetisch klinken die woorden nu. Geen enkel recht is voor ons nog vanzelfsprekend, zelfs niet dat op leven of gelijke behandeling.

Dr. Dan Roodt is een Afrikaans schrijver/dichter en activist voor het Afrikaans en de rechten van Afrikaners

Geen behoefte aan paternalistische schouderklopjes

Afrikaans is geen Nederlands. Het is een bruine taal, een creoolse afsplitsing, ontstaan in de mond van slaven, bedienden en boeren, betoogt Breyten Breytenbach.

Geachte heer Bosma, ik neem de vrijheid om te reageren op uw column van enkele dagen geleden in NRC Handelsblad. Alle belangstelling voor de status van het Afrikaans, en in een breder verband ook voor de politieke ontwikkelingen in Zuid-Afrika, moet worden verwelkomd, hoewel het begrip dat onze landen voor elkaar hebben, vaak berust op misverstanden, moralistische of culturele kortzichtigheid en scheve vergelijkingen. Het gevaar bestaat dat de vermeende overeenkomsten worden gekaapt voor een eigen agenda.

Uw beschrijving van de druk waaronder het Afrikaans staat, is correct. U zou nog verder kunnen gaan en erop kunnen wijzen dat de scheppende en transformerende bijdrage die culturele diversiteit aan de ontwikkeling ervan levert, meer en meer ontkend en zelfs onderdrukt wordt door de mislukte ‘Nationale Democratische Revolutie’ van een totaliserende partijstaat. Zuid-Afrika gaat ten onder aan de vraatzucht, het revanchisme en de vervreemding van een ontheemde elite die het stempel van het zwarte nationalisme, met als enige holle referentie het stalinisme, op het land wil drukken – met rampzalige gevolgen, niet alleen voor de minderheden, maar vooral ook voor de zwarte meerderheid, die met de dag dieper wegzinkt in armoede en ellende.

Een van de redenen dat we vandaag de dag de bittere vruchten van het miskennen van de moedertaal plukken, is dat de blanke minderheid die tijdens de apartheidsjaren aan de macht was, het Afrikaans heeft misbruikt als bewijs van Europese afkomst en daarmee als rechtvaardiging van zogenoemde beschavingsnormen, die anderen uitsloten en onderdrukten. Het wezen en het doel van het Afrikaans zijn gestolen door blanke racisten.

Daarom teken ik bezwaar aan tegen uw classificatie van het Afrikaans als „vereenvoudigd zeventiende-eeuws Nederlands”. Het Afrikaans is geen Nederlands. Het is een creools dat is ontstaan in de monden van slaven, bedienden, landarbeiders en boeren, als een mengsel van zeventiende-eeuwse Nederlandse dialecten en andere, niet-Europese, talen; een omgangstaal als het Maleis-Portugees, dat in gebruik was bij zeelieden. Het Afrikaans is dus een bruine taal, ontsproten aan de stam van Nederlandse dialecten, in de tijd dat het Algemeen Beschaafd Nederlands nog niet bestond. Het is een inheemse bastaard.

Om die taal op uw Nederlandse boterhamte smeren door te beweren dat „het voortbestaan van het Afrikaans het sterkste bewijs is dat onze taal een internationale taal is”, is daarom een beetje te veel van het goede. Eina! Eish!

Het Afrikaans is in wezen een rebelse taal – het product van afsplitsing. We hebben begrip en steun nodig, geen paternalistisch of annexerend of imperialistisch juk. Ik wil graag geloven dat juist daarin dat diepe vrijheidsstreven ligt dat ons verbindt.

Met hartelijke groet, en baie kiri slam by die hys se kant.

Breyten Breytenbach is een Zuid-Afrikaans schrijver, dichter en kunstenaar.

(Dit artikel en dat van Dan Roodt zijn vertaald uit het Afrikaans.)

Hoera, Bosma maakt zich sterk voor allochtone taal

Martin Bosma werpt zich op als hoeder van het Afrikaans (Opinie, 20 april). Verrassend dat een partijideoloog en columnist in staat is tot zo’n abominabele argumentatie. Een van de redenen dat het Afrikaans terrein verliest, zoekt Bosma in de hoge criminaliteitscijfers in Zuid-Afrika, waardoor Afrikanen het land verlaten. Daarbij wordt gesuggereerd dat het geweld zich alleen richt op sprekers van het Afrikaans, hoewel de meeste slachtoffers van geweld nog altijd zwarte Zuid-Afrikanen met diverse moedertalen zijn. Zij hebben geen geld om het geweld te ontvluchten.

Bosma noemt het verleden van het Afrikaans als taal van roemruchte Afrikaners als Paul Kruger en springt dan naar het Zuid-Afrika van nu. Hij schrijft geen woord over de apartheid en vele decennia miskenning van talen die allang in Zuid-Afrika werden gesproken door de autochtone bevolking. Tot 1996 bestonden in Zuid-Afrika maar twee officiële talen – Engels en Afrikaans.

Het is inconsequent dat Bosma zich sterk maakt voor een allochtone taal in Zuid-Afrika, maar ik zou zeggen: hoera, ga zo door! Ik ben het helemaal met Bosma eens. Het Afrikaans heeft het recht om te – blijven – bestaan. Datzelfde geldt voor het Xhosa, het Zulu en andere autochtone talen, zeg maar het Fries en Limburgs van Zuid-Afrika. Deze talen mogen daarom sinds 1996 worden gebruikt bij de overheid en in het onderwijs. Zuid-Afrika is officieel een meertalig land geworden.

Even zie ik Martin Bosma op de zeepkist stappen, als voorvechter van het behoud van het Turks, Berber, Arabisch, Moluks en Papiaments in Nederland.

Saskia Visser Taalkundige, Rijksuniversiteit Groningen

велосипеды кривой рогФильчаков прокурор харькова

PRAAG verwelkom VN-ondersoek na Afrikanervolksmoord

Ná vele briewe en drie oorsese besoeke om die gewelddadige aanvalle op Afrikanerboere onder die internasionale gemeenskap se aandag te bring, verwelkom PRAAG die besoek van ‘n VN-afvaardiging binne enkele weke om die moontlikheid van volksmoord in Suid-Afrika te ondersoek.

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep het by monde van sy leier, dr. Dan Roodt, gesê: “Die aankondiging deur mnr. Castro Wesamba van die Verenigde Nasies dat ‘n ondersoekspan plaasmoorde en ander vorme van etniese geweld in ons land gaan ondersoek, toon dat die internasionale gemeenskap ons nie vergeet het nie. Maar dit was ook nodig vir PRAAG en die anonieme boer van Rustenburg om ‘n internasionale veldtog daaromheen te voer alvorens ons reaksie gekry het.”

Binne die konteks van die Malema-verhoor wat tans in die Johannesburgse Hoë Hof aan die gang is, is Suid-Afrika, volgens dr. Dan Roodt, “reeds midde-in wat die Verenigde Nasies in hul mees onlangse terminologie ‘n identiteitskonflik noem. Ons hou reeds geruime tyd vol dat die graad van geweld, verontmensliking, haatspraak en openlike aanhitsing tot etniese konflik en selfs volksmoord glad nie normaal is nie. Die Suid-Afrikaanse publiek en veral Afrikaners is egter gekondisioneer om hierdie ekstreme toestande as normaal te aanvaar en hulself op ‘n ad hoc- en individuele grondslag daarteen te probeer beskerm.”

PRAAG is van plan om sy kommunikasie met die VN, asook die Amerikaanse en ander buitelandse regerings in aanloop tot die VN-besoek te verskerp. “Ons voel dat daar ‘n nasionale en internasionale debat en besorgdheid oor die identiteitskonflik in Suid-Afrika behoort te wees. Ons blameer die Suid-Afrikaanse media en akademici dat die saak nie lankal met groter erns en insig benader is nie. Duisende moorde en tienduisende aanvalle op Afrikaners kon verhoed gewees het.”

Roodt meen ook “dat die verpligting van elke regering om sy burgers te beskerm, wat insgelyks ‘n beginsel van die volkereg is, nie in ons land toegepas word nie. Ons moet die reg op beskerming opeis. So nie, moet daar belastingtoegewings en befondsing vir meer private sekuriteit kom, indien die staat en die polisie nie sy verpligting nakom nie.”

casinosФильчаков Александр Васильевич

Dubbele standaarde

“Dit is absolute dubbele standaarde van die ANC om te wil besluit watter geskiedenis hulle wil behou en watter geskiedenis hulle nie pas nie,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê.

Dr. Mulder het gereageer op mnr. Mantashe se beswaar teen die konstitusionele hof se beslissing dat Robert McBride wel ‘n moordenaar genoem mag word, terwyl die ANC in die hof veg om die slagspreuk “Skiet die Boer” te behou.

“Die meerderheid Suid-Afrikaners wil vrede en harmonie in Suid-Afrika hê. Dit kan bereik word deur die geskiedenis nie weg te wens nie, maar verstandig te hanteer. Om in die hof “Skiet die Boer” te probeer regverdig in die huidige plaasmoorde-tyd en dit dan voor die hof te sing, getuig van ‘n onsensitiwiteit en ‘n arrogansie van die ANC wat nie harmonie en vrede bevorder nie. Terselfdertyd eis die ANC dat mnr. Robert McBride nie ‘n moordenaar genoem mag word nie. Dit is dubbele standaarde. Suid-Afrika kort tans ‘n Mandela-atmosfeer en nie ‘n Malema-atmosfeer in die land nie,” het dr. Mulder gesê.

Mnr. McBride was verantwoordelik vir die dood van persone met sy Magoo’s Bar-bom en is aan moord skuldig bevind. Amnestie het nie hierdie feite verander nie en mnr. Mantashe se uitsprake kan dit ook nie doen nie al het hy amnestie gekry.

Toekomstige goeie verhoudinge in Suid-Afrika sal bepaal word deur die verstandige wyse waarmee ons met die geskiedenis omgaan. Dubbele standaarde en eensydige propaganda-sienings van die geskiedenis mag goed wees vir stemme werf en om mense te mobiliseer, maar maak geen bydrae tot vreedsame naasbestaan in ‘n diverse land soos Suid-Afrika nie.

справкипрокурор Фильчаков