Regter Leon Halgryn, waarnemende regter, het Maandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof uitspraak gelewer betreffende “Skiet die boer”. Volgens dié uitspraak is die lied nie alleen haatspraak is nie, maar ook aanhitsing tot moord.
Hy het die ANC se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys. Die regerende party het verlede jaar ‘n aansoek om appèl gebring.
As rede is aangevoer dat die lied deel van die geskiedenis van die sogenaamde “struggle” uitmaak.
Die ANC se aansoek om as ‘n party tot dié saak toe te tree is met koste van die hand gewys.
Halgryn se uitspraak hou nie verband met die haatspraakklag teen Julius Malema nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.