IMF-hoof het glo skryfster ook seksueel aangerand

Volgens ‘n Franse skryfster het Dominique Strauss-Kahn, besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), haar ook nege jaar gelede seksueel aangerand.

David Koubbi, ‘n regsverteenwoordiger, sê die skryfster Tristane Banon wil ‘n wettige klag teen die IMF-hoof lê.

Koubbi sê Banon het nie Strauss-Kahn aanvanklik aangekla nie as gevolg van die “spanning” wat sy agv die beweerde aanranding in 2002 ervaar het.

Banon se ma het haar ook glo aangemoedig om nie die klag teen Strauss-Kahn te lê nie.

Strauss-Kahn is Sondagaand in hegtenis geneem weens die beweerde seksuele aanranding van ‘n skoonmaker by ‘n New Yorkse hotel.

Die IMF-hoof is vasgevat nadat hy die hotel in New York waar die beweerde aanranding plaasgevind het, gebel het om te hoor of sy verlore selfoon daar agtergebly het. Hy was toe reeds op die Air France-vlug, oppad terug na Frankryk.

Die hotelamptenaar het voorgegee dat hy die selfoon het en na die lughawe sal bring. Strauss-Kahn is daarna uit die vliegtuig gelok om die foon in ontvangs te neem. Toe hy uitstap het Amerikaanse geregsdienaars hom met boeie ingewag.

вихревой насос дляданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae