DA gebruik swart liedjie wat hulle eers ‘idioties’ genoem het

Musikant Sello Twala, wat eers deur die DA as ‘n “idioot” beskryf is vir sy liedjie “Vulindlela”, se einste liedjie word deesdae vir die DA ingespan.

Die DA het sy lied “Vulindlela” tydens vanjaar se aanloop tot die plaaslike verkiesings gespeel by hulle saamtrekke. Twala is egter hoogs ontstoke aangesien dit sonder sy medewete geskied.

DA-leier Helen Zille se berugte dansery op die bekende wysie waar sy probeer om swart mense se danspassies te oortref, is reeds die onderwerp van ‘n nasionale draakstekery.

Twala het aan die Sunday Times gesê sy regsverteenwoordigers ondersoek tans beeldmateriaal van die DA se openbare vergaderings waar die lied aanhoudend gespeel word. Hy oorweeg nou regstappe teen die DA.

Twala sê: “Ek wil hê die DA moet ophou om my te lied sing om stemme te werf. Ek assosieer nie my werk met die DA nie. Ek is nie ‘n vriend van die DA nie.”

Twala se lied is opgedra aan die oorlede popster Brenda Fassie.

Twala het in 1994 ‘n ANC-lied gekomponeer waarin Jesus mense aanmoedig om vir die ANC te stem.

промышленный светильникДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae