Die Vryheidsfront Plus het vandag ‘n diens saam met Mobilitate (www.mobilitate.co.za) geloods waar inwoners munisipale probleme direk by munisipaliteite kan inhandig. Hierdie diens sal beskikbaar wees op die webwerf www.mymunisipaliteit.org.za en is bykomend tot die bestaande diens waar swak dienslewering by die Verbruikerskommissie aangemeld kan word. Hierdie diens is tekenend van die mag wat tegnologie vir die gewone belastingbetaler en burger kan gee. Belastingbetalers is nou bemagtig om in die gemak van hulle huise direk ‘n klagte by hulle munisipaliteit aan te meld. Geen meer tyd sal gemors word deur in rye te staan en oproepe na munisipale dienssentrums te maak waar oproepe nie beantwoord word nie. Mobilitate se span sal klagtes monitor en druk plaas op munisipale owerhede om spoedige oplossings te verseker. Indien die munisipaliteit nie reageer nie word die inligting gepubliseer en kan die klagte deur die inwoner by die Verbruikerskommissie aangemeld word. Die kommissie kan die munisipaliteit dan dwing om diensgelde wat betaal is gedeeltelik of in geheel terug te betaal. Hierdie magte stem ook ooreen met die VF Plus se filosofie van “Geen dienste – Geen belasting”.
Hierdie vennootskap tussen ‘n politieke party en ‘n inligtingstegnologie-
Die dienste beskikbaar op www.mymunisipaliteit.org.za sluit die volgende in:
1. Klagtes regstreeks aan ‘n munisipaliteit. Die webwerf beskik ook oor ‘n kaart wat presies aandui waar die probleem voorkom en die GPS-koördinate word ook na die munisipaliteit saam met die klagte gestuur sodat reaksie vinnig kan plaasvind;
2. Klagtes na die Verbruikerskommissie. Die Verbruikerskommissie is in terme van die Wet op Verbruikersbeskerming daargestel om swak dienslewering in die algemeen aan te spreek, ook by munisipaliteite en gee verreikende magte aan die Kommissie om tariewe terug te eis van diensverskaffers en munisipaliteite;
3. Voorstelle aan munisipaliteite. Die webwerf maak voorsiening dat voorstelle ook aan die betrokke munisipaliteit gegee kan word, soos die oprig van ‘n spoedteken by ‘n skool of die opstel van ‘n nuwe verkeerslig.
