Wie gaan die ketting trek?

Iemand moet verantwoordelikheid aanvaar vir die oop toilette in Viljoenskroon in die Vrystaat, het die ANC-Jeugligaleier, Julius Malema, Dinsdag gesê.

“Koppe moet rol,” het hy gesê terwyl hy ‘n oop toilet in Fallrock ondersoek het.

Malema het gesê geen munisipaliteite moet oop toilette voorsien nie. Hulle moet nie eens daaraan dink nie, het hy gesê.

Volgens hom moet ‘n munisipaliteit nie eens begin bou aan toilette as daar nie genoeg geld gaan wees om omhulsels te bou nie.

Hy het gesê die ANC se leierskap het selfs dié kwessie in ‘n ANC-beheerde munisipaliteit veroordeel.

Met verwysing na ‘n eienaar van een van die toilette het Malema gesê: “Hierdie ou vrou moet sê dat die ANC hier was en dat daar na haar probleme omgesien sal word.

“Die toilette sal toegemaak word.”

Fikile Mbalula, minister van sport, het die gebied ‘n groot, swart Mercedez-Benz besoek. Hy het gesê munisipale beamptes het verduidelik dat die toilette in fases toegemaak sal word.

“Ons veroordeel oop toilette. Dis onmenslik…” het Mbalula gesê.

Hy het gesê geen mens kan op dié manier leef nie. “Daar’s geen privaatheid nie, geen menswaardigheid nie…”

Mbalula en Malema is deur die ANC-swaargewig Tony Yengeni vergesel. Hy het gesê die ANC se nasionale werkskomitee het Maandag ‘n verslag oor die Viljoenskroon-situasie gesien.

“Daar is geen verskoning hiervoor nie. Mense in die munisipaliteit moet volle verantwoordelikheid aanvaar.”

Yengeni het gesê die ANC kan nie ander veroordeel en dan hul eie party se mense toelaat om daarmee weg te kom nie.

светильники настенно потолочные круглыетопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae