Op 20 Mei 1983 om ongeveer twintig oor vier die middag het die Kerkstraatbom in die Pretoriase middestad ontplof.
Die ANC het hiervoor verantwoordelikheid aanvaar.
Ten tye dien Eugene de Kock ‘n 212-jaarvonnis uit omrede hy die organiseerders en medewerkers van sulke dade uitgesnuffel het en onskadelik gemaak het. Hy het dit gedoen vir ons veiligheid en per
instruksie van sy meerderes.
Ek versoek elke organisasie en induwidue om te oorweeg om op die aand van die 20ste Mei in klein groepies te vergader op verskillende plekke en volksliedere te sing.
Die sing van volksliedere het verskeie gevolge
- Dit intimideer die vyande van ons volk;
- dit inspireer nie-deelnemende volksgenote om betrokke te raak by volksaksies;
- dit is lekker om volksliedere in groepe te sing.
Dit is heeltemal wettig om groepe onder 14 persone byeen te hê. Sou u ‘n groep groter as 14 persone beoog, sal u dit met die plaaslike owerheid en polisie bespreek en die nodige toestemmings kry.
Ek versoek dat niemand deelneem hieraan as ‘n spesifieke groep nie, maar as ‘n burger wat nie te vinde is vir terrorisbendes wat tans aan bewind van die land is nie. Deur dit te doen sal u te kenne gee
dat daar ‘n gevoel onder die volk is wat weerstand wil bied teen die huidige situasie, hetsy dit bloot miskenning is van ons volk se bestaan, diskriminerende wetgewing, polisiegeweld of enige van
die tientalle redes hoekom dit nodig is om weerstand te toon.
Op hierdie wyse kan elke wetsgehoorsame man ook deelneem aan die stryd tot ‘n volk se ontwaking. Deur nie namens spesifieke organisasies deel te neem nie versterk die gevoel dat ons tog kan saamwerk.
Teikentyd: 20:00 op 20 Mei 2011
Teikengebied: u eie omgewing
Maak publisiteit hiervoor per e-pos, sosiale netwerke en onder vriende, sodat hierdie aksie wye ondersteuning geniet. Daar is geen sentrale reelings komitee of enige georganiseerde struktuur nie; ek rig hierdie versoek in my eie hoedanigheid as Boer en as Afrikaner.
Ek hoop u geniet die organisering hiervan, oud en jonk kan deelneem en daarvan ‘n lekker geleentheid maak, neem foto’s en stuur dit aan plaaslike koerante, met u eie persoonlike storie van hoekom die volk
besig is om te ontwaak!
