praag.co.za

DA-, OD-lede loop oor na VF Plus

Written by

in

‘n Aantal sleutelrolspelers van die Demokratiese Alliansie en die Onafhanklike Demokrate in Gauteng is vandag amptelik deur die VF Plus in hul nuwe politieke tuiste verwelkom.

Mnr. Christo Smith het kort voor die OVK se afsnytyd vir die nominasie van kandidate as sittende raadslid van die DA in Midvaal bedank en hom by die VF Plus aangesluit.

Volgens die leier van die VF Plus in Gauteng, mnr. Jaco Mulder, vorm die Midvaal en Kaapstad munisipaliteite ‘n steunpilaar vir die DA-verkiesingsveldtog terwyl ‘n donker wolk oor Midvaal hang vanweë ondersoeke na korrupsie.

Ander prominente lede wat hulself by die VF Plus aangesluit het is mnr. Craig Bennetts wat as sittende raadslid van die DA in die  Ekurhuleni-metroraad aan die Oos-Rand bedank het en ‘n DA-genomineerde kandidaat van Suidheuwels, Johannesburg, me. Tess.

‘n Voormalige leier van die OD in Gauteng, mnr. Brian Power, staan ook as kandidaat vir die VF Plus in Johannesburg.

Mense keer die liberale raas en blaas politiek van die DA en OD die rug toe en keer terug na hul wortels. Die VF Plus word toenemend gesien as die natuurlike politieke tuiste van mense wat met ‘n Christelike waardestelsel wil bydra tot werklike oplossings.

Die Vryheidsfront Plus se navorsing onder die meer as 130 000 persone wat sy tolhekpetisie geteken het, dui daarop dat die party gaan groei in die komende plaaslike owerheidsverkiesing. Daar is vasgestel dat tussen meer as 70% van die ondertekenaars bereid sal wees om die VF Plus in die verkiesing te steun. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Kommunikasie, is die steun ‘n mengsel van ou en nuwe ondersteuners. “Heelwat van die petisielede het aangedui dat hulle vir die eerste maal die VF Plus gaan steun weens sukses wat die party behaal met die beskerming van die belastingbetaler teen uitbuiting.

Die VF Plus is tans die derde grootste opposisieparty in Gauteng naas die DA en Cope. Met die binnegevegte in Cope asook groei in steun vir die VF Plus kan die party dalk na die verkiesing van 18 Mei 2011 groei tot die tweede grootste opposisieparty in Gauteng.

Die VF Plus sal na die verkiesing bereid wees om saam met ander opposisiepartye koalisies te vorm soos die party in 2006 in Kaapstad en George gedoen het.

Die VF Plus gee op hierdie wyse aan Afrikaners, minderhede en kiesers wat sy waardestelsel deel, inspraak in plaaslike regering.

купить велосипед украинаданильченко юрій броніславович

Comments

Leave a Reply