ET se verhoor moontlik weer uitgestel

Die Eugene Terre’Blanche-moordverhoor wat na verwagting Dinsdagoggend sou begin, kan weer uitgestel word.

Terre’Blanche is verlede jaar na bewering deur twee werkers op sy plaas aan die buitewyke van Ventersdorp in die Noordwes doodgeslaan.

Die verhoor sou oor twee weke plaasvind, maar regsverteenwoordigers sê die verhoor kan dalk nie Dinsdag soos verwag is, begin nie, omdat Puna Moroko , regsverteenwoordiger van Chris Mahlangu, hom aan die saak onttrek het.

Mahlangu gaan nou deur regshulp verteenwoordig word. Die nuwe span het die dossier eers verlede Donderdag vir die eerste keer onder oë gehad.

Die verhoor word in camera aangehoor, maar die media sal toegelaat word om die verrigtinge op kringtelevisie te volg.

кухню купить украинаДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae