Die dokument het notas bevat oor die ondervraging van ‘n Libiër, Abu al-Libi, wat by die Guantanamobaai-sentrum in Kuba aangehou is, waarin hy gesê het dat hy in 2003 as ‘n boodskapper van Bin Laden aangestel is, en dat hy vanuit Abbottabad sou werk.
“Die aangehoudene het in Julie 2003 ‘n brief van (Osama bin Laden’s) se koerier, Maulawi Abd al-Khaliq Jan, ontvang, waarin hy versoek word om verantwoordelikheid te neem vir die insameling van donasies, die tref van reisreëlings en die verspreiding van fondse vir families in Pakistan.
“(Osama bin Laden) het gesê die aangehoudene sal die amptelike boodskapper tussen (Osama bin Laden) en andere in Pakistan wees. In die helfte van 2003, het die aangehoudene met sy familie na Abbottabad (Pakistan) getrek en tussen Abbottabad en Peshawar gewerk.”
Wikileaks het die verwysing op Twitter uitgestuur. Wikileaks het onderneem om sowat 250 000 Amerikaanse diplomatiese boodskappe met verdrag te lek.
