praag.co.za

Switserland bevries ongewilde leiers se bates

Switzerland het die ekwivalent van R6,3 miljard se fondse wat aan ongewilde Noord-Afrikaanse leiers behoort, bevries.

Micheline Calmy-Rey, die Switserse minister van buitelandse sake, het die syfer bekend gemaak tydens ‘n konferensie in Tunisië. Sy is op ‘n drie dae lange besoek aan dié land, het Lars Knuchel, ‘n woordvoerder vir die departement, gesê.

Die meeste van die geld behoort aan Hosni Mubarak, die voormalige president van Egipte, en sy vennote, het Knuchel gesê.

Verder behoort $360 miljoen aan Muammar Gaddafi, die Libiese leier, en $60 miljoen behoort aan Zine El Abidine Ben Ali, die voormalige president van Tunisië.

Switserland het Ben Ali en Mubarak se fondse bevries kort ná hulle regerings in Januarie en in Februarie onderskeidelik omvergewerp is.

потолочные светильники ценаданильченко юрій Харків

Comments

Leave a Reply