praag.co.za

Terrorisme: die ANC se suksesresep

Written by

in

Die nuus dat Osama Bin Laden tien jaar ná die aanvalle op 9 September 2001 gedood is, is allerweë met blydskap in die VSA ontvang. As ‘n Suid-Afrikaner met bittere en voortgesette ervarings van terreur, vind ek dit egter moeilik om in die VSA se vreugde te deel. Bin Laden het weliswaar ‘n paar duisend Amerikaners gedood, maar blanke Suid-Afrikaners word deur ‘n terroristebeweging geregeer, uitgemoor, besteel en onderdruk. 

Die probleem is dat terrorisme dikwels uiters winsgewend asook suksesvol is, soos vir die ANC. Enkele van die redes is:

  • Dis goedkoop om terreur te pleeg. Die sogenaamde moeder van die nasie, die veroordeelde ontvoerder en bedriegster, Winnie Mandela, het dit goed geïllustreer deur te sê dat sy en haar mede-gespuis die land sou bevry met bloot ‘n dosie vuurhoutjies en ‘n brandende buiteband of twee. Maatreëls om terreur te beveg, daarenteen, is dikwels geweldig duur.
  • Terreur hoef nie ‘n militêre oorwinning te bereik of selfs militêre teikens aan te val nie. Die lafhartige bomplanter, Robert McBride, was byvoorbeeld te onnosel om eens sy bom in die regte kroeg te plant, maar dis opmerklik dat hy ‘n kroeg en nie byvoorbeeld die militêre basisse in Durban geteiken het nie.
  • Terrorisme is asimmetries. Diegene wat terreur probeer bekamp, moet die heel tyd suksesvol wees. Terroriste hoef slegs een keer gelukkig te wees.

En dan natuurlik die sukses wat terreur dikwels kan bereik. Mens hoef nie verder na ‘n voorbeeld hiervan te soek as Suid-Afrika se eie Al-Kaïda, die ANC, nie. Die ANC was en is steeds niks anders as ‘n terreurbeweging nie. Margaret Thatcher het hulle destyds akkuraat as terroriste beskryf en niks het sedertdien verander nie. Die Xhosa-afgodjie, Mandela, is tronk toe gestuur agv sameswering om terreurdade te pleeg. Hy het jare later, vanuit sy tronksel, die Kerkstraatbom goedgekeur, waarin 19 mense, waaronder 8 swartes, op lafhartige wyse vermoor is. Mandela is eers relatief onlangs deur dieselfde CIA wat tien jaar geneem het om Bin Laden op te spoor van die CIA se eie lys van terreurverdagtes verwyder.

Vir sy geweldige heldedaad is die beplanner, Aboobaker Ismael, met ‘n senior pos in die Reserwebank beloon. Mandela self, wat tot vandag toe nog nie geweld afgesweer het nie, het selfs ‘n Nobelprys vir sy eie terrorisme ontvang. Só suksesvol was die ANC se terrorisme dat hulle tydens die skandelike kapitulasie by Kodesa die rykste land in Afrika gegee is om na hartelus te plunder. Al wat dit hulle gekos het, was ‘n paar buitebande, kleefmyne en ‘n paar MK-pionne wat hulle in die proses moes afstaan.

Enige iemand wat steeds twyfel aan presies hoe suksesvol terrorisme as strategie vir die ANC was en steeds is, hoef slegs na Julius Malema se onlangse terreurdreigement wat teen plaasboere gerig is, te luister. Volgens Malema sal plaasmoorde ophou as die boere 80% van hul grond aan swartes oorhandig. Daarmee erken Malema dus in soveel woorde dat daar ‘n doelbewuste terreurveldtog teen plaasboere gevoer word, met die jongste skokvoorval waartydens ‘n boer geskiet en toe agter ‘n bakkie gesleep is. Mens kan ook nie anders as om die gevolgtrekking te maak dat die 3 000 en meer plaasmoorde tot op hede deur die ANC gekoördineer word nie. Dit is niks anders as ‘n voortsetting van ‘n die ANC se terrorisme wat al vir meer as vyftig jaar woed nie. Waarom sou die ANC ophou? Ons mede-Westerlinge sal nie ‘n vinger verroer nie, omdat dit skynbaar aanvaarbaar is as swart terroriste ‘n skrikbewind teen blankes voer. 

Is dit dus nie geweldig ironies dat die VSA tans jubel oor die dood van Bin Laden nie, terwyl die einste VSA vriendelike diplomatieke betrekkinge handhaaf met ‘n sielsgenoot van Bin Laden, die ANC, nie?

ф.086-уДанильченко Юрий прокурор

Comments

Leave a Reply