Getuie wys skuldiges uit in ET-moord

‘n Plaaswerker het Dinsdag getuig dat Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde erken het dat hulle die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche gesteek het.

“Op 3 April 2010 het ek in my woonplek gesit en hulle het ingekom en gesê hulle het Terre’Blanche gesteek,” het Richard Silane in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig.

“Hulle het ‘n telefoon gesoek en die jonger een het toe die polisie gebel.”

Silane, wat op ‘n buurplaas werk, het die minderjarige in die hof uitgewys as die persoon wat die telefoonoproep gemaak het.

“Toe hulle klaar is, het hulle gesê hulle gaan loop en dat die polisie hulle langs die pad sou kry. Hulle het toe in die rigting van Terre’Blanche se plaas gestap… Ek het hulle nooit weer gesien nie.”

Mahlangu en die minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche op sy plaas in die Noordwes vermoor het. Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

прокурор Фильчаков

AWB wag, moordenaar lag

Die moordverhoor van die twee mans wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre’Blanche in Ventersdorp is deur ‘n groep AWB-ondersteuners in kakieklere bygewoon wat buite die hof gewag het.

Omtrent ses polisievoertuie was reeds vroegoggend buite die hof geparkeer, terwyl die klein groepie AWB-ondersteuners hulleself oorkant die straat onder ‘n gazebo tuisgemaak het.

Hulle het die dag in gebed begin, voordat een ondersteuner ‘n klankstelsel van ‘n motor met ‘n AWB vlag bedek, aangeskakel het om die lied De La Rey te speel.

Die woorde “Die boer is hier om te bly” is op plakkate met die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon.

“Ons wil geregtigheid hê,” het ‘n ander gelees met Eugene Terre’Blanche se gesig daarop afgedruk. Hulle was huiwerig om met die media te praat en het net skouerophalend op vrae gereageer.

Plaaswerker Chris Mahlangu, wat daarvan beskuldig word dat hy die AWB-leier op 3 April verlede jaar in sy Noordwes-plaashuis oor ‘n oënskynlike loongeskil doodgeslaan het, het ontspanne gelyk in die hofsaal. Hy verskyn saam met ‘n tiener wie se naam nie genoem mag word nie.

Dié besluit is geneem in weerwil daarvan dat die Skielik-skieter, Johan Nel, ook minderjarig was tydens die aanval in 2008 waarin 4 swartmense gedood is. Nel se aansoek om appèl is intussen ook afgekeur.

Terre’Blanche se moordenaars het in Mei verlede jaar in die hof verskyn. Mahlangu se eerste prokureur, Puna Moroko, het vroeër onttrek weens die gebrek aan befondsing van Regshulp SA.

Na aanleiding van Moroko se onttrekking, het Regshulp SA Advokaat Khomotso Tlouana aangestel om Mahlangu te verteenwoordig.

Die saak is toe vertraag omdat Tlouana tyd nodig gehad het om homself vertroud te maak met die gebeure.

Terre’Blanche se broer Andries was nie beïndruk met die vertragings nie.

Hy het ook gekla oor Mahlangu se houding.

“Jy kan sien hy lag. Hy is ‘n held.

“Aan die einde van die dag sal hy die straf wat hy verdien kry,” het ‘n emosionele Andries gesê, wat ‘n gordel met ‘n AWB-kenteken op die gespe gedra het.

Die saak duur voort.

Олександр Фільчаков прокурор

Seks en uitbuiting ET-moordenaar se verweer

‘n Minderjarige het die aand van die moord op Eugene Terre’Blanche erken dat hy die leier van die AWB vermoor het, het die hof Maandag gehoor.

“Ek het omstreeks 17:55 op 3 April 2010 ‘n oproep ontvang. Die spesifieke oproep was anders omdat die persoon gesê het ‘ek en my vriend het Terre’Blanche vermoor,” het Klaas Nkathule, datavaslegger by die plaaslike polisiekantoor, gesê.

“Ek het gevra waarvandaan hy bel… hy (die minderjarige) het gesê hulle kruip weg in ‘n kamp op ‘n nabye plaas. Hy het gesê ‘ons wil na die polisiekantoor kom, maar ons is bang vir witmense van ander plase, omdat hulle ons kan kry en doodmaak’.”

Die tiener het aan Nkathule gesê Terre’Blanche het hulle nie vir die dag se werk betaal nie.

“Ek kon hoor dat die persoon aan die ander kant van die lyn nie ‘n volwassene was nie.”

Die hof het vroeër gehoor dat die minderjarige enige aandeel in die moord ontken.

“Op die gegewe dag het die beskuldigde die huis deur ‘n oop venster binnegegaan. Hy het gesê die oorledene was toe reeds vermoor en dít verduidelik hoekom bloed op sy klere gevind is,” het adv. Norman Arendse gesê.

“Hy sal enige deelname in die moord van die oorledene ontken, hy sal ontken dat hy die oorledene beroof of enige van die oorledene se items verkoop het. Hy sal ontken dat hy die oorledene se motor wou steel.”

Arendse het gesê niemand verdien om te sterf soos Terre’Blanche nie, maar sê hy was nie die enigste slagoffer in die saak nie.

Hy het gesê die minderjarige was veronderstel om die die skool te wees.

“Ons het ‘n situasie van kinderarbeid… uitbuiting van die kind… en indien die hof ‘n ondersoek sal doen, sal hy die haglike omstandighede sien waarin die beskuldigde op die plaas gewoon het,” het Arendse gesê.

“Die toestande is nie geskik vir menslike verblyf nie. Die beskuldigdes, veral beskuldigde nommer twee (die minderjarige), is erg verneder in die hele situasie.”

Arendse het gesê die kind is omgekoop met alkohol en daar is bewerings van fisieke -, seksuele – en verbale mishandeling. Arendse het gesê die tiener was bang vir Terre’Blanche en dat hy dikwels in kru taal uitgeskel is.

Hy het aangevoer dat die minderjarige gedeeltelike betaling vir sy werk ontvang het en “sover as wat dit hom (die minderjarige) aangegaan het hy geen rede gehad om op die oorledene te skel nie.

депутат лобановский

Ruda Landman gaan teen wit rassiste opstaan

‘n Verontwaardigde Ruda Landman het die afgelope week aan Rapport gesê sy is keelvol daarvoor dat rassiste aanneem sy is ook een net omdat sy ook wit is.

Landman, wat blykbaar bekommerd is dat sy nie meer deur die publiek as ‘n bekende gesig opgemerk word nie, het aan Rapport gesê sy gaan nooit weer rassistiese opmerkings duld nie.

Die byna-vergete TV-joernalis, wil nou opstaan “teen die stilswye oor rassisme” nadat ‘n lid van die publiek by Aardklop-kunstefees ‘n opmerking oor die gedwonge insluiting van swart mense op Kyknet gemaak het.

‘n Lid van die publiek het Landman gevra hoekom daar soveel Engelse en swart mense op M-Net te sien is. “Jy kan deesdae op elke kanaal ‘pick-a-boy’ speel,” het die vrou vriendelik teenoor Landman opgemerk.

Dié opmerking was waarskynlik gemaak omdat die vrou gedink het Landman het haar werk verloor agv regstellende aksie op Kyknet.

Landman het nie dadelik geantwoord nie en maar later by ‘n openbare lesing uit die gehoor opgestaan om haar “spyt” oor die voorval met ander feesgangers te deel.

Landman het in 2007 met groot geskal aangekondig dat die gestorwe tydskrif Insig sal voortgaan as Boeke-insig onder haar leiding. Dié publikasie is intussen tot niet en Landman het uit die openbare oog verdwyn.

Haar nuwe ywer om wit “rassiste” kort te vat, het haar egter nou weer in die nuus gekry.

“Ons moet ophou om uit ordentlikheid stil te bly as mense sulke dinge kwytraak,” het sy aan Rapport gesê. “Ek is skaam oor wat gebeur het. Daardie vrou het daar weggeloop onder die indruk dat ek met haar saamgestem het omdat ek niks gesê het nie.”

лобановский александр фото

Boer deur verkeerspolisie aangerand

Die “intervensie-eenheid” van Mpumalanga se verkeersdepartement se eerste dag in die veld, het gelei tot die ernstige aanranding van ‘n 42-jarige wit boer van Grootvlei omdat sy remlig glo stukkend was.

‘n Woordvoerder van die departement van veiligheid en sekuriteit, het die voorval bevestig. Lt.kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die saak word ondersoek.

Rikus Ras is glo deur tien verkeersmanne voor sy twee kleuters gewelddadig aangerand. Sy twee swart werkers moes die kinders uit die bakkie red en met hulle op vlug slaan.

Hy is daarna oorrompel met traangas, geboei en na die polisiekantoor geneem. Ras is by die polisiekantoor op Grootvlei vir aanranding, crimen injuria en verontagsaming van ‘n verkeersman se opdragte aangekla.

Die nuwe eenheid is deur die LUR vir veiligheid en sekuriteit van die provinsie Vusi Shongwe op die been gebring.

Die voorval het omstreeks 14:00 by ‘n T-aansluiting buite Villiers op die grens met Mpumalanga plaasgevind.

Nadat Ras deur die intervensie-eenheid rondgepluk en gedreig is, het hy in sy voertuig geklim en gesê dat hy ‘n klag teen hulle gaan bring.

Die verkeerspolisie het hom agternagesit, van die pad gedwing, sy ruite gebreek en probeer verwurg.

Klagte van aanranding is ook deur Ras teen die groep verkeersmanne aanhangig gemaak.

 

Лобановский

Hervormdes sê apartheid was verkeerd

Dr. Johan Otto, voorsitter van die komitee van beswaardes in die Hervormde Kerk, sê hy is uiters ontsteld oor die besluite van die buitengewone algemene kerkvergadering wat bevestig het dat apartheid nie ­teologies geregverdig kan word nie.

Die twee hoofbesware van lidmate is Woensdag met ‘n groot meerderheid van 67% en 78% onderskeidelik verwerp. Daarvolgens is verlede jaar se besluit nie onregmatig geneem nie en stel dit geen nuwe belydenisskrif daar nie.

Die vergadering het ook sy standpunt oor apartheid nuut verwoord om kritiek daarteen te ondervang.

Otto sê dat hy steeds binne die Hervormde Kerk wil bly en nie ‘n skeuring wil veroorsaak nie. 

Die nuwe besluit, wat die buitengewone vergadering aanvaar het, lui: “Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika verklaar dat die politieke beleid van apartheid wat toegepas is in die Republiek van Suid-Afrika, nie teologies geregverdig kan word nie en herroep hiermee alle goedkeurings in die verlede van die beleid in uitsprake deur en namens die kerk. Dit was in stryd met die evangelie van Jesus Christus.”

Dr. Kobus Gerber, lid van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke se uitvoerende komitee, sê die Hervormde Kerk sal nou as lid toegelaat kan word tot dié liggaam.

Фільчаков прокурор

Onteiening: Nuwe wet kom

‘n Nuwe onteieningswetsontwerp gaan teen Maart volgende jaar voor die parlement dien. Dit sal die ANC in staat sal stel om eiendom in openbare belang te konfiskeer.

‘n Vorige onteieningswetsontwerp is in Augustus 2008 onttrek ná kwaai teenstand. Kommersiële banke, wat in só ‘n geval aan hoë risiko blootgestel sal word, het dié stap toe as ongrondwetlik beskryf.

Die bestaande Wet op Onteiening van 1975, sê die ANC, vertraag grondhervorming.

Mandla Mabuza, waarnemende direkteur-generaal, sê in die departement van openbare werke se verslag dat wye konsultasies intussen weer met ‘n verskeidenheid belangegroepe gehou is.

Volgens Beeld, weet die landbou-organisasie Agri SA niks hiervan nie en is hulle nie weer geraadpleeg nie.

Me. Annelize Crosby, Agri SA se beleidsadviseur, sê egter hulle is in beginsel nie teen onteiening gekant indien die markwaarde van eiendomme die vertrekpunt bly nie.

Данильченко Юрий Харьков

Malema reik uit na arm Afrikaners

Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het Dinsdagaand by OR Tambo-gedenklesing by die Universiteit van Limpopo in Mankweng gepraat en wittes uitgenooi om deel te word van die stryd teen armoede.

Hy het Afrikaners uitgesonder toe hy na wit armoede in plekke soos Pretoria verwys het. “Armoede ken geen kleur nie, armoede diskrimineer nie.”

“Hierdie is ook witmense se land, hulle hoef nie te bekommer nie. Maar hulle moet gekwel wees oor armoede.”

Studente het Dubula Ibhunu, oftewel “skiet die boer” gedreunsing terwyl hulle vir Malema gewag het. Malema het nie saamgesing nie.

“Ons stryd is nie ‘n stryd teen witmense nie. Witmense is ons mede-Suid-Afrikaners en hulle is ook deel van die stryd. Ons moet hulle altyd verseker dat hulle deel van ons stryd is.”

Hy het gesê hy doen ‘n beroep op “ons wit patriotte om met ons te deel. Wit mense besit 90% van die grond in die land.

“As julle Christene is, sal julle nie ‘n probleem hê om met ons te deel nie.

“Ons stryd was nooit, ooit wit volksmoord nie. Ons wou nooit witmense doodgemaak het in die struggle nie.

“Mense sê ek haat witmense, ek haat nie nie witmense nie. Ek sal op die slagveld sterf om witmense te verdedig, net soos wat ek swart mense verdedig.”

“Ek sal nooit ‘n wapen dra en ‘n witmens skiet nie. En niemand sal ‘n witmens voor my skiet nie. Ek sal daai witmens verdedig.”

Malema het egter gesê totdat almal nie kan deel in die welvaart van die land nie, sal die stryd voortgaan.

Malema het griep en het met ‘n hees stem gepraat. 

 

 

лобановский александр

Rapport dink Wouter Basson is ‘n Nazi

Die hofsaak teen dr. Wouter Basson is Sondag deur Rapport met dié van ‘n Nazikonsentrasiekamp-dokter vergelyk.

Prof. Steven Miles, ‘n Amerikaanse etiekkenner wat teen Basson getuig het, sê Basson het oneties opgetree deur dwelms vir oorgrens-ontvoerings aan ANC-, PAC- en Swapo-lede toe te dien en dat dit strydig met ‘n dokterseed is.

Miles het gesê die verhoor is ‘n “enorm belangrike saak regoor die wêreld” want dit is sedert die vervolging van die berugte Nazi-dokters ‘n verhoor waarin presedente geskep kan word.

Adv. Jaap Cilliers SC, wat vir Basson optree, het gesê die prokureursorde wou Mandela van die rol skrap omdat hy wette verontagsaam het vir politieke doeleindes.

Die hof het egter destyds uitspraak gegee dat Mandela sy politieke bedrywighede in ‘n persoonlike hoedanigheid uitgevoer het en nie as ‘n prokureur nie.

Miles het in antwoord daarop gesê hy is “eenvoudig dronkgeslaan” dat Cilliers Basson met Mandela wil vergelyk.

Basson staan tereg op aanklagte van onprofessionele en onetiese gedrag deur die Gesondheids­beroeperaad (GBR) nadat hy self getuig het in sy strafverhoor en die feite daarin nie in geskil kan wees nie.

 

Лобановский

Klag teen Transnet oor wit pensioene

Die VF Plus het Woensdag ‘n kriminele klag in Pretoria teen Transnet en sy hoof uitvoerende beampte, mnr. Brian Molefe, gelê. Die klagte is gelê in terme van artikels 7(a) en 27(1) van die Wet op Magte, Privilegie en Immuniteite van die Parlement en Provinsiale Wetgewers 4 van 2004.

Die VF Plus en die Transnet-pensioenarisse veg reeds etlike jare vir ‘n billike pensioenbedeling. ‘n Pensioenbedeling wat, anders as nou, hulle jaarliks nie meer en meer sal verarm nie. Die Parlement het na openbare verhore opdrag gegee dat die twee fondse, naamlik die Transnet Tweede Vastevoordeel Fonds, (TTVVF) en die Transnet Pensioenfonds (TPF), met die bedrag van R1,9 miljard aangevul moet word ten einde te verseker dat verhogings en bonusse aan die verarmde Transnet-pensioenarisse betaal sal kan word.

Mnr. Brian Molefe, die hoof uitvoerende beampte van Transnet wat nou aangekla word, was deel van die besluit in die Parlement en het dit so aanvaar. Die besluit is later deur mnr. Molefe en Transnet geïgnoreer deur nie die opdrag, soos deur die Parlement bepaal, uit te voer nie. Volgens die VF Plus stel dit ‘n misdryf daar in terme van die Wet op Magte, Privilegie en Immuniteite van die Parlement en Provinsiale Wetgewers 4 van 2004.

Ingevolge artikel 7(a) van hierdie Wet mag geen persoon onbehoorlik inmeng of inbreuk maak in die uitvoering van die Parlement of sy komitees se gesag en funksies nie. Artikel 27(1) stel dit dat sodanige optrede ‘n misdryf daarstel.

Volgens dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het Transnet, by monde van sy uitvoerende hoof die parlementêre opdrag aanvaar en onderneem om dit na te kom. Ten spyte hiervan het die uitvoerende hoof later geweier dat die nodige fondse aan die TTVVF en TPF uitbetaal word. Die uitvoering van die besluit word verder vertraag deurdat mnr. Molefe nou ‘n komitee vra om ondersoek te doen oor hoe die befondsing kan plaasvind. Hierdie komitee gaan moontlik eers einde November sy verslag afhandel. Dit is ‘n jaar na die Parlement se ondersoek en ses maande na die parlementere opdrag om befondsing. Intussen is daar geen versekering dat enige iets vir die verarmende pensionarisse gaan verbeter nie.

“Mnr. Molefe het blykbaar ook aangedui dat hy nie die uitgawe van R1,9 miljard op Transnet se balansstate wil reflekteer nie en dat die fondse se surplusse eerder gebruik moet word om die verhogings uit te betaal. Hy het selfs aangevoer dat die fondse meer aggressief belê moet word. Dit is beslis nie ‘n werkswyse (modus operandi) wat vir pensioenfondse gebruik durf word nie. Hierdie optrede is tekenend van Transnet se ignorering van die parlement en moet as minagting vir die Parlement gesien word,” volgens Mulder.

Die VF Plus ondersoek ook die moontlikheid van ‘n siviele aksie teen Transnet. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake, moet daar ‘n harde en duidelike boodskap aan Transnet en die regering gestuur word.

“Die situasie rakende die pensioenarisse is nou kritiek. Daarom is dit belangrik dat die regering hulle befondsingsprioriteite drasties moet verander om die pensioenarisse te red. Dit wil amper voorkom asof die regering en Transnet hierdie saak uitrek sodat meer pensioenarisse weens ouderdom en stres afsterf om so toe te laat dat die probleem hom as’t ware oor tyd self oplos. Dit is skokkend onaanvaarbaar en kan vergelyk word met president Mbeki se destydse weiering om te erken dat MIV wel VIGS veroorsaak. Deur mnr. Mbeki se berekende ignorering van die probleem het die epidemie toegeneem, ” het Alberts gesê.

Die kombinasie van kriminele en siviele aksies behoort Transnet aan te spoor om sy prioriteite reg te kry en sy beloftes na te kom.

Die grondslag van die kriminele klagte word soos volg uiteengesit (sien volledige besonderhede in die aangehegte klagstaat):

· Ingevolge die parlementêre verslag van die komitee van openbare ondernemings, aanvaar op 2 November 2010, het die tesourie en Transnet deelgeneem aan die proses en besluit om die tersaaklike twee pensioenfondse met R1,9 miljard aan te vul en verhoogde betalings plus ‘n bonus aan die pensioenarisse te betaal (verslag op versoek beskikbaar). Die verslag en opdrag is uiteindelik deur die Speaker van die Parlement uitgereik;

· Beide partye het in die verslag aangevoer dat die befondsing-oplossing bekostigbaar is;

· In Mei 2011 het Transnet by monde van mnr. Brian Molefe die volle verantwoordelikheid oorgeneem om die R1,9 miljard in die fondse in te betaal en het die versekering en belofte gegee dat die parlementêre komitee se opdrag uitgevoer sal word;

· Op 10 Junie 2011 het Transnet se direksie vergader en besluit die fonds se surplus van meer as R3,2 miljard moet eerder gebruik word om die verhogings te betaal. Daar is egter later ‘n komitee gestig om opnuut na die befondsing te kyk, ‘n taak wat alreeds deur die parlementêre portefeuljekomitee op openbare ondernemings gedoen is en die bevindings wat Transnet aanvaar het;

· In September 2011 het die uitvoerende hoof van Transnet weereens aangedui dat die fondse nie deur Transnet aangevul sal word nie en dat die surplusse gebruik moet word. Hy het ook aanbeveel dat die fondse veel eerder ‘n aggressiewe beleggingsmetode gebruik ten einde enige tekorte aan te vul, ‘n modus operandi wat beslis nie gevolg word deur pensioenfondse in die algemeen nie;

· Die gevolgtrekking uit bogenoemde gedrag is dat Transnet teruggaan op sy ooreenkoms teenoor die Parlement en daardeur inbreuk maak op die Parlement en die komitee se grondwetlike funksies en gesag.

topcargo отзыв

Swart aanvallers vry agv swak polisiewerk

Weens die onkundigheid en onbekwaamheid van swart polisielede is tien swart aanvallers wat daarvan aangekla word dat hulle in 2009 ‘n verlamde vrou en haar bejaarde ma wreed in ‘n rooftog op ‘n plaas by Rosendal aangerand het, vrygespreek.

‘n Elfde een wat ook by die aanval betrokke was, is intussen dood.

Streeklanddros Ollie Koekemoer het teen polisielede wat in die ondersoek betrokke was, se uiters swak polisiewerk uitgevaar, berig Beeld.

“Die slagoffers het alle reg om vandag te voel asof die strafregstelsel hulle in die steek gelaat het. Daar het net hierdie week weer ‘n plaasaanval in die omgewing gebeur. Talle boere en hul werkers leef in afsondering en staar hierdie gevare in die gesig en dan is dit die wyse waarop ‘n ondersoek gedoen word.”

Die swartes het die verlamde Petronella (Nellie) van Rensburg (53) en haar ma, Martha van den Berg (76), op 8 Junie 2009 in hul huis op die plaas Rooihoogte oorval en wreed aangerand.

Mnr. Van Rensburg was nie tuis nie. Die huishulp het hulp ontbied en die elf vermeende aanvallers is gou vasgetrek met die gebuite goedere in hul besit.

‘n Haelgeweer, .22-geweer, .22-pistool, windbuks, drie selfone, ‘n Pen en R900 is gesteel.

Hoewel die baie spesifieke pen en ‘n .22-pistool in die besit van twee van die vermeende aanvallers gekry is, was daar nie genoeg bewyse dat dit wel aan die Van Rensburgs behoort het nie.

Daar was ook geen getuienis voor die hof dat die vuurwapens vir vingerafdrukke getoets is nie.

 

 

‘n Elfde verdagte, Andriano Masinga, is intussen oorlede.

лобановский александр досье

Afriforum is ‘n ‘rassistiese lobbygroep’

Adriaan Basson, assistentredakteur van City Press, het ‘n aanval geloods op Afriforum omdat die organisasie volgens hom geld invorder deur ” slagofferskap” te veins. Hy stel vrae aan Kallie Kriel oor hoekom Afriforum Afrikaners “mislei” in ‘n ope brief aan Kriel. Citipress is deel van Media24.

Basson meen Afrikaners se regte word nie bedreig nie. Hy het nie uitgebrei oor die regte van witmense nie, en slegs na Afrikaners verwys.

Basson se kritiek volg op die hakke van die aankondiging dat die DA se wit leiers sal moet terugstaan vir swart gesigte asook Bathabile Dlamini se uitsprake. Dlamini, minister van maatskaplike welsyn en lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, het eweneens ‘n striemende aanval op Afriforum gedoen.

Die organisasie beywer hom nie vir burgerregte nie, meen Basson, maar is ‘n “rassitiese lobbygroep” wat verhoudinge in Suid-Afrika wil polariseer en slegs Afrikaners se belange wil bevorder.

Samewerking met swart burgerregtegroepe, soos Abahlali baseMjondolo, ‘n drukgroep vir plakkers wat nie huise kan kry nie, en die Landless People’s Movement, sou heelwat kon vermag om die misverstand dat Afriforum ‘n pro-wit drukgroep is, uit die weg te ruim, glo hy.

Afriforum se “Burgerregtemanifes” volgens Basson, het die organisasie daartoe verbind om die bevordering van die regte van “al die inwoners van Suid-Afrika” na te streef en nie net die regte van Afrikaners nie. Die organisasie is ook in hul manifes daartoe daartoe om “skikkings vir die botsende belange van gemeenskappe op voortdurende grondslag te soek”, iets wat Afriforum nie doen nie.

Basson glo Afrikaners is tans gelukkiger as in 1994.

Kriel het in antwoord op Basson gesê: “Adriaan maak ‘n wanvoorstelling wanneer hy sê Afriforum mislei Afrikaners. Afrikaners eet lankal nie meer alles vir soetkoek op nie.”

Kriel het gesê die sukses van AfriForum se hofgedinge wys dat dié groep se vrese in werklikheid gegrond is.

“Afriforum wen byna elke saak in die hof. Die feit dat ons die sake wen waarmee ons hof toe gaan beteken dat ons binne die reg optree. Ek dink hoegenaamd nie ons mislei die publiek nie.” Kriel het gesê dis onregverdig om AfriForum te kritiseer vir sy sukses.

“As ons wil sê dis reg dat mense dat mense die hof gebruik om haatspraak aan te vat moet ons nie dubbele standaarde handhaaf en nou Afriforum uitsonder vir onbillike kritiek nie.”

 

александр лобановский класс

Woon in ‘n balie… soos Diogenes

Skakel gerus in op praagTV eerskomende Vrydagaand 30 September om 20.00 vir ‘n interaktiewe praatjie deur dr. Dan Roodt oor die volgende onderwerp: “Diogenes, askese en Afrikanerdekadensie” by die volgende skakel:

http://www.livestream.com/praag

Askese, onthouding en die stryd van die mens teen sy drifte, asook materialisme, is onderliggend aan die Westerse beskawing en die Christelike etos. Die mees ekstreme voorbeeld van askese is sekerlik te vinde by die ou-Griekse filosoof, Diogenes van Sinope, wat in ‘n balie gewoon, geen besittings behalwe ‘n paar boeke gehad het nie en by mense om geld en kos gebedel het. Slegs fragmente van sy filosofie vanaf die vierde eeu voor Christus is aan ons oorgedra, maar daaruit kan ons sy totale lewensbeskouing aflei.

Ná ‘n uiteensetting van Diogenes se denke, word die vraag gevra: Is ware askese moontlik en watter nut het Diogenes se leer van onthouding vandag vir ons?

Tans beleef die Afrikaner die mees dekadente periode in sy geskiedenis en het hy willoos geraak voor die aanslag van propaganda, materialisme, plesier, vermaak, sport, dwelms en alkohol. Om die wil herbou, is askese en onthouding wel nodig.

Benewens Diogenes se siniese askese, word enkele ander vorme van ‘n eenvoudige, nederige lewenstyl bespreek, sowel Westers as Oosters. Watter asketiese ideaal behoort elkeen van ons na te streef?

Moenie die verrassende antwoord misloop nie! Besoek praagTV by http://www.livestream.com/praag eerskomende Vrydagaand 30 September om 20.00 en klets saam tydens hierdie direkte video-uitsending op die internet.

Фильчаков Александр Васильевич

Appèl aan ANC toegestaan teen ‘skiet die Boer’-uitspraak

Die ANC se aansoek om verlof tot appèl teen die ‘Skiet die Boer’-uitspraak is Donderdag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof toegestaan teen die beslissing dat Malema skuldig aan haatspraak is.

Regter Colin Lamont het in die gelykheidshof bevind dat die woorde “dubula iBhunu” (“skiet die Boer”) op haat­spraak neerkom.

Die saak teen Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, is gebring nadat hy die woorde by verskeie openbare geleenthede gesing het. Die klagte is deur AfriForum en TLU-SA ingedien.

Die Johannesburgse Hooggeregshof se Regter Lamont het egter Donderdag gesê: “Daar is ‘n redelike vooruitsig dat ‘n ander hof tot ‘n ander gevolgtrekking as wat ek het, sal kom.”

AfriForum se prokureur, Willie Spies het gesê dat hy die uitspraak verwag het, omdat die saak ‘n hoë-profiel aangeleentheid is. “Ons het gehoop hulle sou die geleentheid gebruik as ‘n beginpunt vir die herstel van die verhoudings in die land,” het Spies gesê.

Malema en die ANC se regsverteenwoordiger Muzi Sikhakhane, het in die hof aangevoer die partye doen aansoek om ‘n voorwaardelike appèl. Dit was op die basis dat indien die Grondwethof appèl weier, hulle steeds die Appèlhof kan nader.

AfriForum en TLU-SA is een maand gegun om ‘n kruis-appèl aan te teken.

Die koste van die appèl sal beslis word deur die Hooggeregshof, het Lamont gesê.

In die tussentyd, word Malema nog verbied om die liedjie te sing, het Spies gesê.

“As hy dit sing … dit sal minagting [van die hof] wees.”

Spies se opmerking is deur Sikhakhane betwis, wat gesê het: “Nou dat die appèl daar is, is die bevel opgeskort.”

Afriforum is steeds vol moed dat die howe die roete is om Malema se mond te snoer, ten spyte van die ANC se openlike minagting van die uitspraak. “AfriForum het reeds twee hofsake met kostes teen Malema gewen en is gereed om dit ‘n derde en vierde keer in onderskeidelik die appèlhof en grondwethof te doen,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

топкарго отзывы