Hervormdes sê apartheid was verkeerd

Dr. Johan Otto, voorsitter van die komitee van beswaardes in die Hervormde Kerk, sê hy is uiters ontsteld oor die besluite van die buitengewone algemene kerkvergadering wat bevestig het dat apartheid nie ­teologies geregverdig kan word nie.

Die twee hoofbesware van lidmate is Woensdag met ‘n groot meerderheid van 67% en 78% onderskeidelik verwerp. Daarvolgens is verlede jaar se besluit nie onregmatig geneem nie en stel dit geen nuwe belydenisskrif daar nie.

Die vergadering het ook sy standpunt oor apartheid nuut verwoord om kritiek daarteen te ondervang.

Otto sê dat hy steeds binne die Hervormde Kerk wil bly en nie ‘n skeuring wil veroorsaak nie. 

Die nuwe besluit, wat die buitengewone vergadering aanvaar het, lui: “Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika verklaar dat die politieke beleid van apartheid wat toegepas is in die Republiek van Suid-Afrika, nie teologies geregverdig kan word nie en herroep hiermee alle goedkeurings in die verlede van die beleid in uitsprake deur en namens die kerk. Dit was in stryd met die evangelie van Jesus Christus.”

Dr. Kobus Gerber, lid van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke se uitvoerende komitee, sê die Hervormde Kerk sal nou as lid toegelaat kan word tot dié liggaam.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae