“As ‘n demokratiese regering, ons kan nie versuim om hul uitdagings aan te spreek nie,” het hy gesê in ‘n voorbereide toespraak aan die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers in Pretoria.
Hy het gesê uit die tyd van kolonisering, met die besetting van Europese regerings, het hulle probeer om die samelewing te oorheers. Een van die resultate, wat nie in geskiedenisboeke gedokumenteer is nie, was die uitwissing van die Khoisan.
“Gedurende die loop van kolonisering is hulle ondermyn en hul karakter en waardigheid byna vernietig.”
Zuma het gesê ‘n omvattende nasionale Tradisionele Sake Wet is opgestel om alle aspekte van tradisionele leierskap, insluitende die sake van die Khoisan te dek.
“Ek… hoop dat die wetsontwerp fundamenteel sal aandag gee aan die lang historiese uitdaging vir die Khoisan.”
Zuma het gesê die wetsontwerp is ‘n duidelike aanduiding van hoe die regering tradisionele leierskap ernstig bejeën. Sodra belanghebbende partye hulle insette gegee het en die wetsontwerp deur die Parlement aangeneem is, sal die wet deur die President onderteken word.
“Ons het ‘n entjie aanbeweeg en is vasbeslote om baie verder te gaan in die herstel van die status van tradisionele leiers wat deur werklik baie van ons mense eerbiedig word,” het Zuma gesê.
