praag.co.za

Getuie wys skuldiges uit in ET-moord

Written by

in

‘n Plaaswerker het Dinsdag getuig dat Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde erken het dat hulle die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche gesteek het.

“Op 3 April 2010 het ek in my woonplek gesit en hulle het ingekom en gesê hulle het Terre’Blanche gesteek,” het Richard Silane in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig.

“Hulle het ‘n telefoon gesoek en die jonger een het toe die polisie gebel.”

Silane, wat op ‘n buurplaas werk, het die minderjarige in die hof uitgewys as die persoon wat die telefoonoproep gemaak het.

“Toe hulle klaar is, het hulle gesê hulle gaan loop en dat die polisie hulle langs die pad sou kry. Hulle het toe in die rigting van Terre’Blanche se plaas gestap… Ek het hulle nooit weer gesien nie.”

Mahlangu en die minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche op sy plaas in die Noordwes vermoor het. Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

прокурор Фильчаков

Comments

Leave a Reply