Die hofsaak teen dr. Wouter Basson is Sondag deur Rapport met dié van ‘n Nazikonsentrasiekamp-dokter vergelyk.
Prof. Steven Miles, ‘n Amerikaanse etiekkenner wat teen Basson getuig het, sê Basson het oneties opgetree deur dwelms vir oorgrens-ontvoerings aan ANC-, PAC- en Swapo-lede toe te dien en dat dit strydig met ‘n dokterseed is.
Miles het gesê die verhoor is ‘n “enorm belangrike saak regoor die wêreld” want dit is sedert die vervolging van die berugte Nazi-dokters ‘n verhoor waarin presedente geskep kan word.
Die hof het egter destyds uitspraak gegee dat Mandela sy politieke bedrywighede in ‘n persoonlike hoedanigheid uitgevoer het en nie as ‘n prokureur nie.
Miles het in antwoord daarop gesê hy is “eenvoudig dronkgeslaan” dat Cilliers Basson met Mandela wil vergelyk.
Basson staan tereg op aanklagte van onprofessionele en onetiese gedrag deur die Gesondheidsberoeperaad (GBR) nadat hy self getuig het in sy strafverhoor en die feite daarin nie in geskil kan wees nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.